UITSONDERLIKE HOOGTEPUNTE IN MAART
Ons is baie bly om te berig dat daar vier uitsonderlike hoogtepunte in Maart 1986 was. Die hoogtepunt van 39 198 verkondigers is ’n vermeerdering van 11% vergeleke met verlede jaar se gemiddelde. Die hoogtepunt van 2 675 gewone pioniers is ’n vermeerdering van 54% teenoor Maart verlede jaar. Die hoogtepunt van 261 564 herbesoeke is ’n vermeerdering van 30% vergeleke met Maart verlede jaar. Laastelik. ’n uitsonderlike hoogtepunt van 39 663 Bybelstudies is bereik, en dit is ’n vermeerdering van 35% in vergelyking met verlede jaar se syfer. Vir die eerste keer word daar meer as een Bybelstudie per verkondiger gehou. Watter wonderlike bewys tog dat ‘Jehovah die vermeerdering gee’!—Ps. 115:14, NW.