Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/86 bl. 3-4
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Slotbespreking met doopkandidate
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Hoe die Christengemeente georganiseer word
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Aanhangsel
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Doop en jou verhouding met God
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 9/86 bl. 3-4

Vraebus

• Wanneer is iemand geregtig op sy eie eksemplaar van Georganiseer om ons bediening te vervul, en hoe en wanneer moet die ouere manne reëlings tref om die vrae te hersien met die wat graag gedoop wil word?

Informasie oor hierdie onderwerp word verstrek op bladsye 173-175 van Ons bediening-boek onder “Gemeentelike ouere manne, let wel”. Daar word dit verduidelik dat wanneer iemand sy lewenswyse na Jehovah se regverdige standaarde geskik het, gereeld gemeentelike vergaderinge bywoon en ’n sinvolle aandeel in die velddiens het, hy een van die ouere manne kan nader en sy begeerte kan uitspreek om gedoop te word. Dan kan hy sy eie eksemplaar van Georganiseer om ons bediening te vervul ontvang.​— Kyk ook bladsye 97-100 oor “goedgekeurde metgesel”.

Wanneer hy die boek ontvang, moet die goedgekeurde metgesel die vrae vir doopkandidate deurwerk wat op bladsy 175 begin. Hy moet probeer verstaan hoe die aangehaalde en gesiteerde tekste toegepas kan word. Nadat hy tyd gehad het om die toegewese informasie te bestudeer, sal party van die ouere manne die vrae en antwoorde met hom hersien. Die presiderende opsiener sal reëlings hiervoor tref.

Voorbereiding vir doop moenie oorhaastig gedoen word nie. Daarom moet die individu die ouere manne lank voor die tyd in kennis stel dat hy gedoop wil word. Dit is nie nodig dat ouere manne moet wag totdat ’n byeenkoms aangekondig word voordat hulle die vrae hersien met die wat voorberei vir doop nie. Diegene wat Bybelstudies hou, moet die geestelike vooruitgang van hulle studente dophou, sien wanneer hulle gereed is om hulle toe te wy en hulle help om reëlings te tref om gedoop te word.

Ouere manne wat die vrae hersien met ’n persoon wat graag gedoop wil word, besluit moontlik dat dit raadsaam vir hom sal wees om eers verdere geestelike vooruitgang te maak voordat hy hierdie belangrike stap doen. Hy moet dalk meer kennis opdoen of meer bedrewe raak om oor sy geloof te getuig (1 Pet. 3: 15). Hy moet miskien meer ondervinding in die velddiens opdoen. Of dit kan wees dat hy nog nie werklik aan die vereistes voldoen om gedoop te word nie. (Kyk Handelinge 8:36.) In elke geval moet die ouere manne verduidelik watter verdere vooruitgang nodig is en, indien nodig, reël dat die persoon die nodige persoonlike hulp ontvang sodat hy aan die vereistes kan voldoen om later gedoop te word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel