Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/86 bl. 4
  • Bied die Goeie Nuus Aan—As ’n gesin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Goeie Nuus Aan—As ’n gesin
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VOORBEELDE OM TE VOLG
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Ouers—Leer julle kinders om die predikingswerk te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 9/86 bl. 4

Bied die Goeie Nuus Aan​—As ’n gesin

1 Een van die beste eienskappe wat ’n ouer by sy kind kan inskerp, is die begeerte om die goeie nuus van die Koninkryk met ander te deel. Omdat die verstand en hart van geboorte af tot sonde geneig is, moet kinders geleer word wat van hulle verwag word ten einde God te behaag (Ps. 71:17). Ons almal moet in werklikheid geleer word om ‘eers die Koninkryk te soek’, want as ons aan onsself oorgelaat word, soek ons altyd eers ons eie belange.​—Matt. 6:33.

2 Jehovah het die Israeliete beveel om sy wette en gebooie aan hulle kinders te leer (Deut. 6:6-9). Wat hulle heilige diens aan God betref, geld daardie selfde onderrigting vir gesinne vandag. Help jy om die harte van jou kinders te vorm sodat hulle Jehovah liefhet en vreugde uit sy diens put? Doen jy velddiens saam met jou kinders?

VOORBEELDE OM TE VOLG

3 Die Bybel bevat uitstekende voorbeelde van jongmense wat op ’n baie vroeë leeftyd begin het om heilige diens te verrig. Samuel het by die tempel begin dien kort nadat sy moeder hom gespeen het. Hy was toe so oud soos ’n voorskoolse kind vandag (1 Sam. 3:1, 15). Jefta se jong, ongetroude dogter het heilige diens by die tabernakel begin verrig ooreenkomstig haar vader se gelofte (Rigt. 11:36-40). Timotheüs het ’n goeie naam as ’n ywerige jong Christen gehad (Hand. 16:2). Filippus die evangelis het vier dogters gehad wat geprofeteer het. Dit toon dat hy die leiding geneem het om sy gesin te help om Jehovah te dien. Wend jou gesinslede ’n poging aan om mekaar te help om as dissipels van Christus in die veld te dien?

4 Ouers moet reël dat hulle kinders hulle van kleins af in die veldbediening vergesel. Dit is ’n deel van ’n ouer se verantwoordelikheid. Die vader of moeder, of albei indien moontlik, moet hulle kinders gereeld in die velddiens oplei. ’n Goeie voorbeeld is een van die beste maniere om regte doelwitte aan te moedig en goeie beweegredes in kinders te kweek (Spr. 22:6). Die Bybel sê: “’n Goeie mens laat sy kindskinders erwe” (Spr. 13:22). Baie hang dus van die regte voorbeeld af, want ons wil beslis nie hê dat ons kinders die verkeerde een moet volg nie. Aangesien Godvresende ouers die vernaamste voorbeeld is wat ’n kind navolg, kan kinders beweeg word om Koninkryksbelange eerste te stel as die ouers die veldbediening ernstig opneem en soveel moontlik in die predikingswerk doen.

5 Selfs klein kindertjies kan ’n strooibiljet of traktaat vir huisbewoners gee. Hulle kan aan die predikingswerk deelneem deur mense moontlik na die Koninkryksaal te nooi en hulle te laat weet dat hulle welkom is. Baie jongmense geniet dit om die tydskrifte aan te bied. Hulle berei ’n kort aanbieding van die jongste nommers voor. Ouers kan by die deure meld dat hulle kind opgelei word in die bediening en dit geniet om hulle te vergesel. ’n Jong verkondiger kan genooi word om die huis-tot-huisverslae te hou of tekste by die deur te lees. Hy kan selfs kommentaar lewer oor die Bybelteks wat in die jongste ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik word of ’n vraag of twee beantwoord wat die ouer vra om ’n hoofpunt uit te lig. Party kinders kan selfs op ’n baie vroeë ouderdom ’n goeie Bybelaanbieding by die deur doen omdat hulle uitstekende opleiding van hulle ouers ontvang het. Jy kan jou net indink dat ons jongmense die werk baie meer sal geniet as hulle ’n deel daarin het. Huisbewoners spreek dikwels hulle verbasing uit oor hoe goed sulke kinders hulle uitdruk.

6 Staan jy tyd af om jou kinders te leer deur saam met hulle velddiens te doen? Waardeer julle jong verkondigers die hulp wat julle ontvang en is julle gewillig om julle ouers of ander in die velddiens te vergesel? Julle kan verseker wees dat dit Jehovah behaag as julle dit doen. Dit is bemoedigend om te sien dat ons kinders die dinge toepas wat ons hulle leer.​—Spr. 23:15, 24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel