Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “Aid Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], My Boek met Bybelverhale [myAF], en weeklikse skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 2 November tot 21 Desember 1986.
[Let wel: Verwysings na die boeke myAF, si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]
Dui aan of die volgende Stellings Waar of Onwaar is:
1. Hebreërs 10:26-29 bewys dat die leer van “universele redding” verkeerd is. [tdAF 45E]
2. Kort voor Moses se dood is Josua as Israel se nuwe leier aangestel. [myAF 43]
3. Toe die Israeliete deur die Jordaanrivier getrek het, het hulle wysheid aan die dag gelê deur die verkenners en die leër voor hulle te laat deurtrek.[myAF 45]
4. Terwyl Israel om Jerigo gemarsjeer het, het die manne aanhoudend geskreeu om die vyand bang te maak. [myAF 46]
5. Jesus beklemtoon sy onderworpenheid aan sy hemelse Vader in die evangelie van Johannes, [si bl. 197 par. 31]
6. Dit sou verkeerd wees van ’n Christen om te dink dat hy in sakeaangeleenthede altyd op medegelowiges kan staatmaak vir lenings. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF77 1/7 bl. 307 (w77 1/4 bl. 223)]
7. “Jonkvroue ․․․․․․․ gaan in die Koning se paleis in” deur hemel toe te gaan (Ps. 45:15, 16). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk suAF bl. 141-142.]
8. Jehovah belowe dat hy binnekort algehele ontwapening sal bewerkstellig (Ps. 46:9, 10). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF81 1/4 bl. 11 par. 9 (w81/15/1 bl. 11 par. 9)]
9. Kobras is nie werklik doof nie, want daar is al bewys dat hulle kan hoor (Ps. 58:4, 5, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF82 15/6 bl. 13 (w82 1/5 bl. 7; ook NW-naslaanuitgawe bl. 1583)]
10. In Psalm 48:3 word God se Koninkryk profeties beskryf as “skoon deur sy verhewenheid”. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 1/1 bl. 14 par. 11 (w79 15/10 bl. 14 par. 11)]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Hoe beskryf die Bybel sonde? [tdAF 49A; kyk ad bl. 1504.]
12. Waarom was Jehovah by Kades kwaad vir Moses en Aäron? [myAF 40]
13. Wat word afgebeeld deur die feit dat die Israeliete wat deur die slange gebyt is na die koperslang op ’n paal gekyk het en van hulle slangbyte genees is? [myAF 41]
14. Watter deel van Mattheüs in die besonder het buitengewone erkenning vir sy praktiese waarde gekry? [si bl. 180 par. 30]
15. Hoe bou Lukas vertroue op in die feit dat die Hebreeuse Skrifte deur God geïnspireer is? [si bl. 191 par. 30]
16. Waar in die boek Handelinge vind ons Paulus se afskeidsraad aan ouere manne? [si bl. 203 par. 36]
17. Wat was die “wil” van God vir Jesus teen die agtergrond van Psalm 40:7-9 (NAV)? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF73 1/2 bl. 57 par. 24 (w72 15/11 bl. 686 par. 24)]
18. In watter opsig is Jehovah se ‘goedertierenheid beter as die lewe’? (Ps. 63:4) [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk gAF80 1/22 bl. 4 (w79 1/8 bl. 30)]
19. Hoekom moet ons nie, soos Psalm 49:7-11 dit duidelik stel, ryk mense vrees of beny wat hulle posisie gebruik om onregverdige wins ten koste van ander te maak nie? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk gAF79 22/8 bl. 20 (w79 1/5 bl. 10)]
Vul die ruimtes in die volgende Stellings in:
20. Romeine 5:12, 18 toon waarom alle mense onder ․․․․․․․ly. [tdAF 49B]
21. Balak, die koning van Moab, het․․․․․․․gehuur om die Israeliete te vloek. [myAF 42]
22. ․․․․․․․die vrou van Jerigo, het die Israelitiese verkenners vriendelik behandel. [myAF 44]
23. ’n Engel sowel as Jesus het die profesie in Maleagi 4:5, 6 op ․․․․․․․ toegepas. [si bl. 174 par. 15]
24. Jesus se dissipels het Psalm 69:10 op Jesus toegepas toe hy․․․․․․․.[Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 1/10 bl. 13 par. 3 (w79 15/7 bl. 9 par. 3)]
Onderstreep die korrekte antwoorde in die volgende Stellings:
25. Om duidelik te toon dat Aaron en sy seuns deur God gekies is om priesters te wees, het Jehovah (vye; dadels; amandels en blomme) uit Aäron se staf laat groei. [myAF 39]
26. Markus gebruik die uitdrukking “koninkryk van God” (5; 15; 25) keer. [si bl. 185 par. 32]
27. Praktiese raad oor verhoudings met regerings en ander buite die Christengemeente word gevind in (Romeine; Mattheüs; Maleagi). [si bl. 207 par. 22]
28. Toe Paulus in 1 Korinthiërs hoofstuk 10 raad gegee het in verband met die Here se Aandmaal, het hy verwys na die (brandoffers; sondoffers; gemeenskapsoffers). [si bl. 212 par. 23]
29. Die “verbond by die offer” wat in Psalm 50:5 gemeld word, is die (Wetsverbond; nuwe verbond; Koninkryksverbond). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF82 1/6 bl. 18 par. 14 (w82 15/3 bl. 18 par. 14)] 30. Die “sterflike mens” van Psalm 55:13 (NW) was (Agitofel; Absalom; Saul).
[Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF83 15/9 bl. 8 par. 6 (w83 1/7 bl. 8 par. 6)]
Paar die volgende tekste met die Stellings hieronder af:
Ex. 31:16, 17; Hand. 4:12; 1 Kor. 15:24, 28; Kol. 2:16, 17; Hebr. 4:6-8; 2 Pet. 2: 20, 21
31. Die Sabbatdagwet is nie bindend vir Christene nie. [tdAF 46A]
32. Die Sabbatviering was net van eertydse Israel verwag. [tdAF 46B] 33. Hoewel God se sabbatsrus aan die einde van sy aardse skeppingswerk begin het, het dit voortgeduur tot na Jesus se dag op aarde. [tdAF 46D]
34. Jehovah het reëlings vir redding deur die offer van sy Seun getref. [tdAF 45B]
35. Die leer “eenmaal gered, altyd gered”, is onskriftuurlik. [tdAF 45D]