Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/87 bl. 3-4
  • Traktaatverspreiding gaan verskerp word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Traktaatverspreiding gaan verskerp word
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik traktate om die goeie nuus te verkondig
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Bied die goeie nuus aan—Deur traktate goed te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Maak goed gebruik van ouer traktate
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Waarom traktate vandag so nuttig in ons bediening is
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 1/87 bl. 3-4

Traktaatverspreiding gaan verskerp word

1 Dit was in 1880 dat Jehovah se Getuies in Pittsburgh, Pennsilvanië, begin het om insiggewende Bybeltraktate te publiseer en te versprei. Vandag, meer as honderd jaar later, is traktaatverspreiding steeds ʼn deel van ons openbare bediening. Die belangrikheid daarvan word beklemtoon in die naam Wagtoring- Bybel-en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië.​—Matt. 24:14.

2 In die laaste jare is ʼn aantal Koningkryksnuus-traktate gepubliseer. Party daarvan is voorberei om nuwe boeke bekend te stel. Met ander is ʼn spesiale poging aangewend om elkeen in ons gebied met ’n kort, tydige boodskap te bereik. Baie verkondigers gebruik die traktate gereeld deur dit vir alle vriendelike huisbewoners te gee en dit gewoonlik by elke huis te laat waar niemand tuis is nie. Dit alles is buitengewoon suksesvol, wek belangstelling in die Koninkryksboodskap en maak mense bewus van die Bybelboodskap vir ons tyd.​—Eseg. 3:18, 19; Openb. 22:17.

3 Met die oog op die beproefde doeltreffendheid van traktate sal daar gedurende die volgende paar maande ʼn spesiale poging aangewend word om meer traktate te versprei. Koninkryksnuus nr. 30 {Is ons aarde op die randjie van die afgrond?) sal in Januarie versprei word. In Februarie sal ons die voorkeur gee aan die traktaat Nader ons Armageddon? In Maart sal ons Koninkryksnuus nr. 32 en in April Koninkryksnuus nr. 33 aanbied. Die Genootskap sal besendings traktate gratis na gemeentes in die meeste groot stedelike gebiede van die land stuur. Gemeentes wat reeds ʼn voorraad traktate voorhande het, moet dit gebruik. Hulle kan self die koste vir sulke traktate absorbeer, of hulle kan krediet by die Genootskap aanvra as hulle wil. Voordat die gemeente se bestaande voorraad traktate versprei word, moet die pryse vir lektuur wat op die traktate geadverteer word volgens die huidige tariewe verander word.

4 Hierdie traktate bevat belangrike boodskappe vir die mense in ons gebied. Hoe kan hulle gebruik word? Ons sal hulle tydens ons gereelde huis-tot-huiswerk saam met die tydskrifte en maandelikse lektuuraanbod gebruik. Almal word aangespoor om altyd ’n voorraad traktate byderhand te hê en te probeer om ’n gratis eksemplaar by elke huisbewoner te laat. ’n Eksemplaar kan gelaat word by elke huis waar niemand tuis is nie, en daar moet seker gemaak word dat verbygangers dit nie sal sien nie. As ’n ou nommer van Die Wagtoring of Ontwaak! onder die deur gelaat word, moet ons ook ’n traktaat laat. Onthou dat traktate wat gelaat word waar niemand tuis is nie later die weg kan open vir ’n stimulerende gesprek. Diegene wat belangstelling toon, sal moontlik ander lektuur aanvaar, en dit kan tot ’n Bybelstudie lei.

5 Maak seker dat jy ’n paar traktate byderhand het, en bied een vir sakevriende, kollegas of onderwysers en skoolmaats aan. Bied dit ook vir familielede en bure aan. Die traktate is veral nuttig wanneer jy informeel getuig. Nuwe en jonger verkondigers sal vind dat traktaatverspreiding ’n uitstekende manier is om hulle aandeel in die verkondiging van die Koninkryksboodskap te vergroot.

6 Mag Jehovah se volgehoue seën rus op ons verenigde pogings om ’n volle aandeel te hê in hierdie spesiale poging om die waarskuwing oor die komende gebeure te laat hoor en die goeie nuus bekend te maak.​—Jes. 52:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel