Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/87 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 7/87 bl. 7

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Julie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen R4,50. Klein uitgawe is R2,25. (Ontoegekende gebied: Enigeen van die aanbiedinge vir Julie tot September. Ook enige ouer sakformaatboeke wat vir Junie aangegee word teen ’n bydrae van Rl,00 elk.) Augustus: Een van die volgende tydskrifgrootte-brosjures met 32 bladsye kan teen ’n bydrae van 50c aangebied word: Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, “Laat u Naam geheilig word”—Watter naam? en Die regering wat die Paradys gaan bring. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R4,50. Klein uitgawe is R2,25. Oktober: ’n Jaarintekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of albei teen ’n bydrae van R9,00 elk.

• ’n Toereikende voorraad vorms vir gebruik gedurende die 1988-diensjaar word aan elke gemeente gestuur. Aangesien dit duur is om hierdie vorms te druk en te versend, moet hulle versigtig en slegs vir hulle spesifieke doel gebruik word. Party gemeentes moes voor die einde van die diensjaar vorms nabestel omdat so baie verkeerd gebruik is, byvoorbeeld om aantekeninge daarop te maak. Gemeentes moet ander reëlings vir kladblokke tref, en nie toelaat dat die Genootskap se vorms gemors word nie.

• Streekbyeenkomslapelkaarte vir 1987 sal gedurende Augustus saam met gemeentes se jaarlikse voorrade gestuur word. Dit is nie nodig om dit te bestel nie. Besendings in pakkies van 20 sal gebaseer word op die grootte van elke gemeente, en die lektuurrekening sal gedebiteer word met vier sent per kaart.

• Aangesien daar ’n beperkte aantal ouere manne in Suidwes-Afrika is, word ouere manne wat hulle sake so kan reël, genooi om die “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms in Windhoek, 18-20 Desember 1987, by te woon. Stel die Genootskap asseblief so gou moontlik in kennis as jy dit kan doen.

• Die byeenkoms wat in Pretoria gehou sou word, is gekanselleer. Byeenkomsgangers sal nou die byeenkoms in Johannesburg, 1-3 Januarie 1988, bywoon.

• Die byeenkoms in Nelspruit (Kanyama-zane), 1-3 Januarie 1988, sal slegs in Zulu wees.

• Die streekbyeenkoms vir St. Helena sal van 20-22 November 1987 wees. Byeenkomsgangers van Suid-Afrika word genooi om dit by te woon. Die skip vertrek op 12 Oktober en kom weer op 2 Desember in Kaapstad aan. ’n Retoerkaartjie sal nagenoeg R2 100 kos. Enigiemand wat dit wil bywoon, moet ’n brief aan die Genootskap skryf en die plaaslike Dienskomitee moet die brief teken. Ouere manne en bedieningsknegte moet hulle diensvoorreg in die brief meld.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

New World Translation of the Holy Scriptures—With References (Rbi8)​—Spaans

Ontwaak!-bundel vir 1986​—Portugees

Sing lofliedere voor Jehovah (Groot uitgawe)​—Afrikaans

Die Wagtoring-bundel vir 1986​—Portugees

“Kyk, Ek maak alles nuut”​—Cibemba

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Die Handelinge van die apostels (stel van twee; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5,00)​—Portugees

• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:

Jy kan vir ewig op die aarde lewe!​—Engels

My boek met Bybelverhale (vier kassette in album)​—Frans

• Uit voorraad in Suid-Afrika:

“Kyk, Ek maak alles nuut”​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel