Maak seker van die belangriker dinge
1 Die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1987 het reëlings aangekondig wat vanaf September 1987 getref sal word vir ’n spesiale byeenkomsdag vir elke kring. Heilsame geestelike onderrig wat vir ons tyd nodig is, sal aangebied word. In baie gevalle sal dit moontlik wees dat ’n bekwame Bethelspreker of streekopsiener saam met die kringopsiener en ander bekwame ouere manne in die kring ’n deel aan die program kan hê. Reëlings sal ook vir ’n doopplegtigheid getref word.
2 Die program vir die eerste spesiale byeenkomsdag sal die tema hê: “Maak seker van die belangriker dinge.” (Filip. 1:9, 10, NW). Individue wat in aanmerking wil kom vir die verlossing wat Jesus beloof het, moet verstandig en onverwyld optree (Luk. 21:28). Hulle het hulp nodig om antwoorde op hulle vrae te kry, twyfelgedagtes te bowe te kom en ’n vaste standpunt vir die waarheid in te neem. Praktiese inligting sal voorsien word oor hoe om nuwelinge na die organisasie te rig.
3 Behalwe om Bybelstudente ywerig te help om geestelik te groei, moet elkeen van ons ook aanhou om geestelike vooruitgang te maak. Die program skenk aandag aan hierdie ernstige saak deur nuttige wenke te gee sowel as ’n praktiese bespreking aan te bied om te toon wat presies bereik kan word deur die dieper dinge van God se Woord te ondersoek.—1 Kor. 2:10, NW.
4 ’n Deel van die program sal die aandag vestig op oortuigende bewys dat ons voldoende bekwaam is om as God se bedienaars te dien. In die slotdeel sal jy interessante ondervindinge en verslae hoor wat toon dat Jehovah se progressiewe organisasie vooruitgaan, en jy sal aangespoor word om daarmee tred te hou.
5 Julle kringopsiener sal julle laat weet watter reëlings vir die spesiale byeenkomsdag in julle kring getref is. Maak seker dat jy die hele dag se program bywoon.