Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/87 bl. 5
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 9/87 bl. 5

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 6 September tot 18 Oktober 1987.

[Let wel: Verwysings na die boek si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Ons moet bereid wees om hulp te aanvaar as ons goeie geestelike vordering wil maak. [tdAF 35H]

2. Dit raak God geensins of ons verstandig of dwaas handel nie. [Weeklikse Skrifgedeelte]

3. Mense het meer nodig om God se Woord te verstaan as die kerklektuur wat hulle moontlik in hul huise het. [tdAF 35C]

4. Elia het 16 wonderwerke gedoen, terwyl Elisa 8 wonderwerke gedoen het. [si bl. 69 par. 1]

5. Argeologiese ontdekkings toon dat daar in Salomo se tyd industriële aktiwiteit in die Jordaanstreek was. [si bl. 65 par. 4]

6. Eerste en Tweede Konings is ooggetuieverslae van Israel se geskiedenis. [si bl. 64 par. 2]

7. Geen gereedskap is by die bouterrein van Salomo se tempel gebruik nie, aangesien alle klippe by die breekplek kant en klaar gemaak is. [si bl. 65 par. 8]

8. Spreuke 27:19 toon dat ’n mens deur hartgrondige kommunikasie kan besef dat ’n ander se emosies en beweegredes nie juis van joune verskil nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF86 1/11 bl. 18 par. 10.]

9. Selfs wanneer die mens dood is, is hy hoër as die redelose skepping (Pred. 3:19). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk w77 bl. 145.]

10. ’n Lang lewe en ’n groot gesin verseker nie op sigself ’n lewe van tevredenheid en vergenoegdheid nie (Pred. 6:3-6). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF77 15/8 bl. 381 (w77 1/6 bl. 330)]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Wie was die dienaar wat met melaatsheid geslaan is omdat hy hebsugtig probeer het om uit sy heer se geneeskrag wins te maak? [si bl. 70 par. 9]

12. Watter hoofstuk in 2 Konings vertel hoe en waarom Jerusalem vernietig is? [si bl. 73 par. 32]

13. In watter opsig het Jehu te kort geskiet hoewel hy Baälaanbidding uitgeroei het? [si bl. 71 par. 17]

14. Watter profeet het God gebruik om die geskil van Jehovah versus Baal te besleg? [si bl. 67 par. 19]

15. Waar in die boek Spreuke word die werksaamheid en vernuftigheid van ’n goeie huisvrou beskryf? [Weeklikse Skrifgedeelte]

16. Hoe moet Spreuke 25:21, 22 verstaan word? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk w70 1/2 bl. 95, 96.]

17. Waarom wyn gee aan diegene wat “bitter bedroef” is? (Spr. 31:6, 7). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/5 bl. 30.]

18. Wat leer ons uit Spreuke 26:6? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/5 bl. 30.]

19. In watter opsig kan diegene wat Jehovah soek ‘alles verstaan’, volgens Spreuke 28:5? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/5 bl. 30.]

20. Wat leer ons uit die voorbeelde in Spreuke 30:15, 16? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/5 bl. 30.]

21. Wat beteken die uitdrukking in Spreuke 25:15 dat ’n sagte tong die gebeente verbreek’? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 1607.]

Vul die ruimtes in die volgende stellings in:

22. Die lewe is God se beloning vir․․․․․․․Openb. 2:10). [tdAF 36A]

23. Die Judese koning․․․․․․․geslaan. [si bl. 72 par. 22] is weens sy vermetelheid met melaatsheid

24. Israel is onder die heerskappy van koning․․․․․․ in twee koninkryke verdeel. [si bl. 66 par. 13]

25․․․․․․․was die eerste koning na Dawid wat Jehovah al sy dae met ’n volkome hart gedien het. [si bl. 67 par. 15]

26. Agab, koning van Israel, het met․․․․․․․,die dogter van die koning van Sidon, getrou. [si bl. 67 par. 17]

27. Die vrou met wie Kain getrou het, was heel waarskynlik․․․․․․․[tdAF 26G]

Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:

28. Die profeet (Hosea; Arnos; Ahia) het vir Jerobeam vertel dat hy koning oor tien stamme van Israel sou word. [si bl. 66 par. 12]

29. Die verslag in 2 Konings 3:4, 5 word deur die bekende (Moabitiese steen; prisma van koning Sanherib; Nabonidus-Kroniek) bevestig. [si bl. 69 par. 3]

30. (Peka; Hosea; Agab) was die laaste koning van Israel, [si bl. 72 par. 25]

Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:

Gen. 2:18, 22-25; Joh. 19:25-27; 1 Kor. 9:11, 13, 14; Ef. 2:18; 2 Pet. 3:13

31. God se beloftes sluit hemelse sowel as aardse lewe in. [tdAF 36C]

32. Dit is nie onskriftuurlik om bydraes vir Bybellektuur te ontvang nie. [tdAF 35A]

33. Die huwelik is ’n heilige instelling van God. [tdAF 26A]

34. Maria, ’n maagd, het Jesus se moeder en later ’n dissipelin geword. [tdAF 38B]

35. Moet deur Christus tot God bid, nie tot heiliges nie.

[tdAF 38D]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel