Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Oktober: ’n Jaarintekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of albei teen ’n bydrae van R9,00 elk. November: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R2,00. (Engels: New World Translation [1984-uitgawe] en “Let Your Kingdom Come” teen ’n bydrae van R9,00.) Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R5,00. Die “Kyk”-brosjure kan ook teen ’n bydrae van 60c aangebied word. Januarie en Februarie: Enige twee van die ouer sakformaatboeke wat die gemeente in voorraad het teen ’n bydrae van R1,00 elk. Kan “Ewige voorneme”, Woord van God, Goeie nuus, Vrede en veiligheid (ou uitgawe), Hierdie lewe en Waarheid insluit. (Gemeentes kan hierdie boeke van die Genootskap bestel, behalwe Vrede en veiligheid [ou uitgawe] en “Ewige Voorneme”.) (Engels: Commentary on James, “Eternal Purpose”, Evolution [ou uitgawe], Good News, Holy Spirit, Peace and Security [ou uitgawe], This Life en World Government. Hierdie boeke kan nie van die Genootskap bestel word nie. As gemeente hulle nie in voorraad het nie, kan “Kingdom Come” bestel word en teen die gewone bydrae van R2,00 versprei word.)
● Ons sluit die Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1988 by hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening in. Dit sal skoolopsieners in staat stel om vertroud te raak met die instruksies en om toesprake vroegtydig toe te wys. Almal moet vertroud raak met die instruksies sodat hulle hul toewysings behoorlik kan voorberei en aanbied.
● Ondersoek die Skrif elke dag—1988. Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle boekies Ondersoek die Skrif deur die gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie boekies te neem. Vul dan hierdie bestelling op die gewone lektuurbestelvorm (S-14) in en stuur dit op 1 Oktober 1987, of so gou moontlik daarna, aan die Genootskap. Ondersoek die Skrif in ander tale moet onder “Other Language Publications” aangedui word, met die afsonderlike getal vir elke taal sowel as die jaar 1988. Ondersoek die Skrif sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepdi, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Totdat die boekies beskikbaar is en versend word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn. Ondersoek die Skrif is ’n beheerde item, en lektuurrekeninge sal met 60c per eksemplaar, wat die prys vir verkondigers is, gedebiteer word. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1987 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar verkry, en bykomende eksemplare teen 40c elk. Geldsendings moet die bestellings vergesel wanneer gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wanneer hulle ’n lektuurrekening met ’n nadelige saldo het. ’n Afsonderlike aantekening moet op die maandelikse geldsending-vorm (S-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui.
● Presiderende opsiener: Sorg asseblief dat die rapport vir julle ontoegekende gebied ingevul word en nie later nie as 15 Oktober 1987 aan die Genootskap gestuur word. Maak asseblief ook seker dat die regte posgeld daarvoor betaal is.
● ’n Driemaandelikse uitgawe (vier nommers per jaar) van die Ontwaak! in Hongaars gaan deur die Genootskap beskikbaar gestel word. Gemeentes moet ’n verspreidersbestelvorm (M-202) instuur wat die hoeveelheid wat hulle sal nodig hê, aandui. Let asseblief op dat daar geen reëling is vir intekeninge op hierdie driemaandelikse tydskrif nie.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
New World Translation of the Holy Scriptures—With References (Rbi8) —Italiaans
Jy kan vir ewig op die aarde lewe!—Luchazi
“Kyk, Ek maak alles nuut” (Brosjure)—Silozi
● Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Authorized Version (King James)—Engels
Watch Tower Publications Index vir 1930-1985—Engels