Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/87 bl. 5-6
  • ROOSTER VIR TEOKRATIESE BEDIENINGSKOOL VIR 1988

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ROOSTER VIR TEOKRATIESE BEDIENINGSKOOL VIR 1988
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • INSTRUKSIES
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1987
km 10/87 bl. 5-6

ROOSTER VIR TEOKRATIESE BEDIENINGSKOOL VIR 1988

INSTRUKSIES

Gedurende 1988 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word:

LEERBOEKE: Die Bybel, die New World Translation of the Holy Scriptures [bil2], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], Redenering uit die Skrif [rsAF] en Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool word met lied, gebed en verwelkoming geopen en verloop daarna soos volg:

TOEWYSING NR. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouere man of ’n bekwame bedieningskneg behartig word. Dit sal gebaseer word op “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial”. Hierdie toewysing moet ’n instruksietoespraak van tien minute wees en gevolg word deur ’n mondelinge hersiening van vyf minute. Die gedrukte vrae moet hiervoor gebruik word. Die doel moet nie wees om net materiaal te dek nie, maar om die aandag te vestig op die praktiese waarde van die betrokke materiaal en die gedagtes wat vir die gemeente die nuttigste sal wees, moet beklemtoon word. Indien nodig, moet ’n tema gekies word. Almal word aangemoedig om sorgvuldig voor te berei om ten volle by hierdie materiaal baat te vind.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet noukeurig by die bepaalde tyd hou. Private raad kan gegee word, indien nodig.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur die skoolopsiener of ’n ander bekwame ouere man of ’n bedieningskneg wat deur die skoolopsiener aangewys word. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Nadat ’n kort geheelbeeld van die toegewese hoofstukke gegee is, moet die gehoor gehelp word om in te sien waarom en hoe die inligting vir ons van nut is. Gaan nommers van Die Wagtoring na vir bykomende glanspunte. Die skoolopsiener sal die studente daarna versoek om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit geld in die hoofskool en in die ander groepe. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot, en selfs tussenin, kort kommentare kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet gelees word.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak word aan susters toegewys. Die onderwerpe vir hierdie toespraak sal beurtelings uit die Redenering- en Paradys-boek geneem word. Toesprake uit die Paradys-boek sal hoofsaaklik aan jong of nuwe studente toegewys word. Die student moet kan lees. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar bykomende assistente kan gebruik word. Agtergronde moet verkieslik velddiens of informele getuienis insluit. Die suster wat die toespraak hou, kan die bespreking inlei sodat die agtergrond duidelik blyk, of haar assistent(e) kan dit doen. Die klem moet op die materiaal val, nie op die agtergrond nie. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit moet aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit ’n toespraak aan die hele gehoor wees. Dit sal gewoonlik die beste wees as die broer sy toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte voorberei, sodat dit werklik leersaam en nuttig is vir diegene wat dit hoor. As die materiaal egter besonder geskik is vir ’n ander praktiese en gepaste agtergrond, staan dit die broer vry om sy toespraak dienooreenkomstig te ontwikkel. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word. Wanneer die materiaal aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as Toespraak nr. 3 gehou word.

RAAD EN KOMMENTAAR: Na elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder toespits op die spraakhoedanighede waarop die student kan verbeter. As die Student ’n “G” verdien en daar geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die Student daardie aand daarvan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die Student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysing (S-89) aandui. Studente wat toesprake gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd bespaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke Student te gee. As daar tyd is nadat raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat die studente nie gedek het nie. Die skoolopsiener moenie meer as twee minute vir raad en kommentaar na elke studentetoespraak gebruik nie.

VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Broers aan wie die eerste toespraak toegewys word, moet ’n tema kies indien dit nodig is. Studente aan wie die tweede toespraak toegewys is, moet ’n tema kies wat die beste dekking van die materiaal tot gevolg sal hê. Studente aan wie die derde en vierde toespraak toegewys word, moet die gegewe tema gebruik. Voordat hulle die toespraak hou, moet studente die materiaal in die Skoolhandleiding deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hulle aandag moet skenk.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie. Dit geld ook vir die raad en kommentaar van die skoolopsiener. Toesprake nrs. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die broer wat gevra word om die “stopsein” te gee, moet dit dadelik doen wanneer die tyd verstreke is. As die broer wat Toewysing nr. 1 behartig die tydgrens oorskry, moet hy privaat raad kry. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die program is altesaam 45 minute lank, lied en gebed uitgesluit.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Die skoolopsiener sal reeds die hoofgedagtes gedek het wat nie deur die sprekers gemeld is nie. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal gewy word aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde. Elke student sien sy eie vraestel na. Die skoolopsiener sal al die antwoorde aflees en veral aandag gee aan die moeiliker vrae en almal help om die antwoorde goed te verstaan. Indien die plaaslike omstandlghede dit om die een of ander rede vereis, kan die Skriftelike hersiening ’n week later gehou word.

GROOT EN KLEIN GEMEENTES: Gemeentes met ’n skoolinskrywing van 50 of meer studente kan reël dat bykomende groepe studente die toesprake voor ander raadgewers hou. Ongedoopte persone wie se lewens aan Christelike beginsels voldoen, kan natuurlik ook by die skool inskryf en toewysings ontvang.

AFWESIGHEID: Die hele gemeente kan waardering vir hierdie skool toon deur sover moontlik elke weeklikse sessie by te woon, hulle toewysings goed voor te berei en te antwoord wanneer vrae gestel word. Ons hoop dat al die studente hulle toewysings pligsgetrou sal uitvoer. Indien ’n studentespreker nie opdaag nie, kan ’n vrywilliger die toespraak hou en net soveel van die materiaal toepas as waarvoor hy hom op sulke kort kennisgewing bevoeg voel. So nie kan die skoolopsiener die materiaal met gepaste gehoordeelname dek.

ROOSTER

3 Jan. Skrifgedeelte: Jesaja 14 tot 17

Lied 46

Nr. 1: Esra 1:1 tot 10:44 (si bl. 86, 87, par. 8-13)

Nr. 2: Jesaja 14:1-20

Nr. 3: Aborsie—Waarom ongeoorloof ? (rsAF bl. 29-31)

Nr. 4: Adam en Eva, werklike, geskiedkundige persone? (rsAF bl. 31-33)

10 Jan. Skrifgedeelte: Jesaja 18 tot 22

Lied 222

Nr. 1: Nehemia: Feite daaromtrent (si bl. 88, 89, par. 1-5)

Nr. 2: Jesaja 21:1-17

Nr. 3: Waarom ewige lewe nie net ’n droom is nie (peAF hfst. 1, par. 1-10)

Nr. 4: Waarom is voorouerverering nutteloos? (rsAF bl. 414-416, par. 2)

17 Jan. Skrifgedeelte: Jesaja 23 tot 26

Lied 85

Nr. 1: Nehemia 1:1 tot 6:19 (si bl. 89, par. 6-9)

Nr. 2: Jesaja 25:1-12

Nr. 3: Waarom voorouerverering Jehovah God mishaag (rsAF bl. 416, 417)

Nr. 4: Wie is die Antichriste? (rsAF bl. 37-39)

24 Jan. Skrifgedeelte: Jesaja 27 tot 29

Lied 187

Nr. 1: Nehemia 7:1 tot 13:31 (si bl. 89, 90, par. 10-15)

Nr. 2: Jesaja 28:1-19

Nr. 3: Wonderlike seëninge van God—nou ophande! (peAF hfst. 1, par. 11-19)

Nr. 4: Kenmerke van afvalliges (rsAF bl. 34-36, eerste tussenhofie)

31 Jan. Skrifgedeelte: Jesaja 30 tot 33

Lied 98

Nr. 1: Ester: Feite daaromtrent (si bl. 91, 92, par. 1-6)

Nr. 2: Jesaja 32

Nr. 3: Wat moet ons gesindheid teenoor afvalliges wees? (rsAF bl. 36, 37)

Nr. 4: Christus het die kerk nie op Petrus gebou nie (rsAF bl. 39-41, eerste tussenhofie)

7 Feb. Skrifgedeelte: Jesaja 34 tot 37

Lied 105

Nr. 1: Ester 1:1 tot 5:14 (si bl. 92, 93, par. 7-11)

Nr. 2: Jesaja 35

Nr. 3: Wie is die heerser van die wêreld? (peAF hfst. 2, par. 1-12)

Nr. 4: Wat was die sleutels wat Petrus gebruik het? (rsAF bl. 41, 42)

14 Feb. Skrifgedeelte: Jesaja 38 tot 40

Lied 113

Nr. 1: Ester 6:1 tot 10:3 (si bl. 93, 94, par. 12-15)

Nr. 2: Jesaja 40:12-31

Nr. 3: “Apostoliese opvolgers” nie ware Christene nie (rsAF bl. 44-46)

Nr. 4: Waar sal Armageddon gevoer word? (rsAF bl. 46-48, tweede tussenhofie)

21 Feb. Skrifgedeelte: Jesaja 41 tot 43

Lied 34

Nr. 1: Job: Feite daaromtrent (si bl. 95, 96, par. 1-6)

Nr. 2: Jesaja 43:1-17

Nr. 3: Wat doen die duiwel? (peAF hfst. 2, par. 13-25)

Nr. 4: Wie en wat sal by Armageddon vernietig word? (rsAF bl. 48, 49, eerste tussenhofie)

28 Feb. Skriftelike hersiening. Voltooi Jesaja 14 tot 43

Lied 33

6 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 44 tot 46

Lied 45

Nr. 1: Job 1:1 tot 2:13 (si bl. 96, par. 7-10)

Nr. 2: Jesaja 46

Nr. 3: Wie sal Armageddon oorlewe? (rsAF bl. 49)

Nr. 4: Armageddon—geen skending van God se liefde nie (rsAF bl. 50, tweede tussenhofie)

13 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 47 tot 49

Lied 146

Nr. 1: Job 3:1 tot 14:22 (si bl. 96, 97, par. 11-17)

Nr. 2: Jesaja 48:1-19

. 3: Godsdiens wat nie goed is nie (peAF hfst. 3, par. 1-10)

Nr. 4: Nie moontlik om by Armageddon neutraal te wees nie (rsAF bl. 50, derde tussenhofie)

20 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 50 tot 53

Lied3

Nr. 1: Job 15:1 tot 25:6 (si bl. 97, 98, par. 18-26)

Nr. 2: Jesaja 52

Nr. 3: Wie se invloed dryf nasies na die Armageddonsituasie? (rsAF bl. 51)

Nr. 4: Identiteit van die Babilon van Openbaring (rsAF bl. 51)

27 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 54 tot 57

Lied 114

Nr. 1: Job 26:1 tot 37:24 (si bl. 98, 99, par. 27-35)

Nr. 2: Jesaja 55:1-13

Nr. 3: Wat maak godsdiens vir God welgevallig? (peAF hfst. 3, par. 11-22)

Nr. 4: Waarvoor was eertydse Babilon bekend? (rsAF bl. 52, eerste tussenhofie)

3 Apr. Skrifgedeelte: Jesaja 58 tot 62

Lied 143

Nr. 1: Job 38:1 tot 42:17 (si bl. 99, par. 36-38)

Nr. 2: Jesaja 60:4-22

Nr. 3: Waarom gelowe wat bely dat hulle Christelik is deel van Babilon die Grote is (rsAF bl. 54, 55)

Nr. 4: Waarom dit dringend is om uit Babilon die Grote te gaan (rsAF bl. 55)

10 Apr. Skrifgedeelte: Jesaja 63 tot 66

Lied 41

Nr. 1: Psalms: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 101, 102, par. 1-6)

Nr. 2: Jesaja 65:8-25

Nr. 3: Wie is God? (peAF hfst. 4, par. 1-17)

Nr. 4: Wat doop is en waarom gelowiges hulle laat doop (rsAF bl. 91, eerste tussenhofie)

17 Apr. Skrifgedeelte: Jeremia 1 tot 3

Lied 70

Nr. 1: Psalms: Die kenmerke en egtheid daarvan (si bl. 102,par. 7-11)

Nr. 2: Jeremia 1:1-19

Nr. 3: Christelike doop—nie deur besprinkeling, nie vir babas nie (rsAF bl. 91, 92, eerste tussenhofie)

Nr. 4: Waterdoop nie vergifnis van sondes nie (rsAF bl. 92)

24 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Jesaja 44 tot Jeremia 3

Lied 135

1 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 4 tot 6

Lied 112

Nr. 1: Psalm 1 tot 72 (si bl. 102, 103, par. 12-14)

Nr. 2: Jeremia 5:1-17

Nr. 3: God se naam en voorneme (peAF hfst. 4, par. 18-31)

Nr. 4: Wie word met die heilige gees gedoop? (rsAF bl. 93, eerste tussenhofie)

8 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 7 tot 9

Lied 5

Nr. 1: Psalm 73 tot 106 (si bl. 103, par. 15-17)

Nr. 2: Jeremia 9:12-26

Nr. 3: Doop met vuur nie dieselfde as met die heilige gees nie (rsAF bl. 94, 95)

Nr. 4: Waarom ons die Bybel moet ondersoek (rsAF bl. 75, 76)

15 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 10 tot 12

Lied 205

Nr. 1: Psalm 107 tot 150 (si bl. 104, par. 18-22)

Nr. 2: Jeremia 10:6-25

Nr. 3: Wat Jesus op die aarde verrig het (peAF hfst. 6, par. 1-19)

Nr. 4: Bewyse uit Jesaja dat die Bybel geinspireer is (rsAF bl. 77)

22 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 13 tot 15

Lied 46

Nr. 1: Spreuke: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 106, 107, par. 1-5)

Nr. 2: Jeremia 15:6-20

Nr. 3: Vervulling van Jesus se profesieë bewys dat Bybel geinspireer is (rsAF bl. 78)

Nr. 4: Bybel is wetenskaplik akkuraat (rsAF bl. 79)

29 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 16 tot 19

Lied 170

Nr. 1: Spreuke: Kenmerke en egtheid (si bl. 107,108, par. 6-11)

Nr. 2: Jeremia 17:1-18

Nr. 3: Jesus se wonderwerke—wat hulle vir ons beteken (peAF hfst. 6, par. 20-28)

Nr. 4: Beantwoord besware teen geloof in die Bybel (rsAF bl. 81, 82, eerste tussenhofie)

5 Jun. Skrifgedeelte: Jeremia 20 tot 22

Lied 59

Nr. 1: Spreuke 1:1 tot 9:18 (si bl. 108, par. 12, 13)

Nr. 2: Jeremia 20:1-13

Nr. 3: Die Bybel is prakties vir ons dag (rsAF bl. 82)

Nr. 4: Waarom vier Christene nie verjaarsdae nie? (rsAF bl. 412, 413)

12 Jun. Skrifgedeelte: Jeremia 23 tot 25

Lied 37

Nr. 1: Spreuke 10:1 tot 24:34 (si bl. 108, 109, par. 14, 15)

Nr. 2: Jeremia 25:15,16, 27-38

Nr. 3: Waarom ons hier is (peAF hfst. 7, par. 1-18)

Nr. 4: Waarom onthou Christene hulle van bloed? (rsAF bl. 69, 70)

19 Jun. Skrifgedeelte: Jeremia 26 tot 28

Lied 51

Nr. 1: Spreuke 25:1 tot 31:31 (si bl. 109, par. 16-18)

Nr. 2: Jeremia 28:1-17

Nr. 3: Waarom aanvaar Christene nie bloedoortappings nie? (rsAF bl. 71, 72)

Nr. 4: Beantwoord besware teen die Bybelse beskouing van bloed (rsAF bl. 72-74)

26 Jun. Skriftelike hersiening. Voltooi Jeremia 4 tot 28

Lied 107

3 Jul. Skrifgedeelte: Jeremia 29 tot 31

Lied 25

Nr. 1: Prediker: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 111, 112, par. 1-8)

Nr. 2: Jeremia 31:23-40

Nr. 3: Wat gebeur by die dood? (peAF hfst. 8, par. 1-14)

Nr. 4: Wat beteken dit om “weer gebore” te word? (rsAF bl. 421-423)

10 Jul. Skrifgedeelte: Jeremia 32 en 33

Lied 172

Nr. 1: Prediker 1:1 tot 7:29 (si bl. 112,113, par. 9-12)

Nr. 2: Jeremia 33:1-3,10-26

Nr. 3: Redding nie afhanklik van “wedergeboorte” nie (rsAF bl. 423, 424)

Nr. 4: “Wedergeboorte”—hoe om misvattings te hanteer (rsAF bl. 424, 425)

17 Jul. Skrifgedeelte: Jeremia 34 tot 37

Lied 221

Nr. 1: Prediker 8:1 tot 12:14 (si bl. 113, par. 13,14)

Nr. 2: Jeremia 37:3-21

Nr. 3: Watter soort piek is die hel? (peAF hfst. 9, par. 1-22)

Nr. 4: Belydenis by priesters: Waarom nie skriftuurlik nie? (rsAF bl. 61)

24 Jul. Skrifgedeelte: Jeremia 38 tot 41

Lied 11

Nr. 1: Hooglied van Salomo: Wie het dit geskryf en wanneer?

(si bl. 115, par. 1-4)

Nr. 2: Jeremia 39:1-18

Nr. 3: Belydenis van sondes teen God en die mens (rsAF bl. 63,

tweede en derde tussenhofies)

Nr. 4: Waarom moet ernstige sondes aan ouere manne bely word?

(rsAF bl. 64)

31 Jul. Skrifgedeelte: Jeremia 42 tot 45

Lied 175

Nr. 1: Hooglied van Salomo 1:1 tot 8:14 (si bl. 115-117, par. 5-15)

Nr. 2: Jeremia 44:20-30; 45:1-5

Nr. 3: Wie is die bose geeste? (peAF hfst. 10, par. 1-12)

Nr. 4: Waarom is dit redelik om aan die skepping te glo? (rsAF bl. 379-381)

7 Aug. Skrifgedeelte: Jeremia 46 tot 48

Lied 79

Nr. 1: Jesaja: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 118, par. 1-4)

Nr. 2: Jeremia 46:13-28

Nr. 3: Begrip van die Bybelse verslag van die skepping (rsAF bl. 381-383)

Nr. 4: Waarom is die verering van die kruis onskriftuurlik? (rsAF bl. 257, 258)

14 Aug. Skrifgedeelte: Jeremia 49 en 50

Lied 166

Nr. 1: Jesaja: Die eenheid en egtheid daarvan (si bl. 118, 119, par. 5-8)

Nr. 2: Jeremia 50:1-16

Nr. 3: Wees ingelig en weerstaan bose geeste (peAF hfst. 10, par. 13-19)

Nr. 4: Waarom sterf mense? (rsAF bl. 85, 86, eerste tussenhofie)

21 Aug. Skrifgedeelte: Jeremia 51 en 52

Lied 4

Nr. 1: Jesaja 1:1 tot 6:13 (si bl. 119, par. 9-11)

Nr. 2: Jeremia 52:1-16

Nr. 3: Waar is die dode en wat is hulle toestand? (rsAF bl. 86, 87) Nr. 4: Waarom doen Jehovah se Getuies nie aan tradisionele rougebruike mee nie? (rsAF bl. 88, 89)

28 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Jeremia 29 tot 52

Lied 42

4 Sept. Skrifgedeelte: Klaagliedere 1 en 2

Lied 47

Nr. 1: Jesaja 7:1 tot 14:27 (si bl. 119, 120, par. 12-14)

Nr. 2: Klaagliedere 1;1-18

Nr. 3: Waarom het God goddeloosheid toegelaat? (peAF hfst. 11, par. 1-14)

Nr. 4: Weerlê misvattings oor die dood (rsAF bl. 90)

11 Sept. Skrifgedeelte: Klaagliedere 3 tot 5

Lied 140

Nr. 1: Jesaja 14:28 tot 27:13 (si bl. 120, par. 15-17)

Nr. 2: Klaagliedere 3:1-3, 19-33

Nr. 3: Drome: Geïnspireerd en andersins (rsAF bl. 117-119)

Nr. 4: Dwelms: Wanneer dit nie vir Christene geoorloof is nie (rsAF bl. 119, 120, par. 2)

18 Sept. Skrifgedeelte: Esegiël 1 tot 4

Lied 160

Nr. 1: Jesaja 28:1 tot 35:10 (si bl. 120, 121, par. 18-20)

Nr. 2: Esegiël 3:10-27

Nr. 3: Jy is betrokke by ’n belangrike geskil (peAF hfst. 12, par. 1-17)

Nr. 4: Waarom Christene dagga vermy (rsAF bl. 121, 122, eerste tussenhofie)

25 Sept. Skrifgedeelte: Esegiël 5 tot 8

Lied 61

Nr. 1: Jesaja 36:1 tot 39:8 (si bl. 121, par. 21-23)

Nr. 2: Esegiël 8:5-18

Nr. 3: Waarom vermy Christene tabak? (rsAF bl. 122-124, par. 2)

Nr. 4: Nasies sal nie God se voorneme met die aarde dwarsboom nie (rsAF bl. 25, 26)

2 Okt. Skrifgedeelte: Esegiël 9 tot 11

Lied 91

Nr. 1: Jesaja 40:1 tot 48:22 (si bl. 121, par. 24, 25)

Nr. 2: Esegiël 9:1-11

Nr. 3: Die belangrikheid van God se regering (peAF hfst. 13, par. 1-9)

Nr. 4: Sal Jehovah die aarde met vuur vernietig? (rsAF bl. 26, 27)

9 Okt. Skrifgedeelte: Esegiël 12 tot 14

Lied 6

Nr. 1: Jesaja 49:1 tot 59:21 (si bl. 121, 122, par. 26-29)

Nr. 2: Esegiël 14:6-23

Nr. 3: Lede van nuwe Jerusalem sal nie na aarde terugkeer nadat goddeloses vernietig is nie (rsAF bl. 27, 28)

Nr. 4: Het God se oorspronklike voorneme met die aarde verander? (rsAF bl. 28, 29)

16 Okt. Skrifgedeelte: Esegiël 15 en 16

Lied 182

Nr. 1: Jesaja 60:1 tot 66:24 (si bl. 122, par. 30-33)

Nr. 2: Esegiël 16:44-63

Nr. 3: Voorbereidsels vir God se regering (peAF hfst. 13, par. 10-18)

Nr. 4: Hoe kan ons siekes bemoedig? (rsAF bl. 65)

23 Okt. Skrifgedeelte: Esegiël 17 tot 19

Lied 185

Nr. 1: Jeremia: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 124, 125, par. 1-6)

Nr. 2: Esegiël 18:19-32

Nr. 3: Hoe ons bedroefdes kan bemoedig (rsAF bl. 65, 66)

Nr. 4: Bemoediging vir diegene wat vervolg word omdat hulle God se wil doen (rsAF bl. 66, 67)

30 Okt. Skriftelike hersiening. Voltooi Klaagliedere 1 tot Esegiël 19

Lied 217

6 Nov. Skrifgedeelte: Esegiël 20 en 21

Lied 27

Nr. l: Jeremia 1:1 tot 6:30 (si bl. 125, par. 7-10)

Nr. 2: Esegiël 20:27-44

Nr. 3: Wie gaan hemel toe, en waarom? (peAF hfst. 14, par. 1-20) Nr. 4: Hoe kan jy diegene bemoedig wat as gevolg van ongeregtighede mismoedig is? (rsAF bl. 67)

13 Nov. Skrifgedeelte: Esegiël 22 en 23

Lied 103

Nr. 1: Jeremia 7:1 tot 12:17 (si bl. 125, 126, par. 11-14)

Nr. 2: Esegiël 22:17-31

Nr. 3: Watter bemoediging vir diegene wat onder ekonomiese probleme gebuk gaan? (rsAF bl. 67, 68)

Nr. 4: Bemoediging vir diegene wat weens tekortkominge mismoedig is (rsAF bl. 68)

20 Nov. Skrifgedeelte: Esegiël 24 tot 26

Lied 207

Nr. 1: Jeremia 13:1 tot 19:15 (si bl. 126, par. 15-17)

Nr. 2: Esegiël 25:1-17

Nr. 3: Wat is nodig om ’n onderdaan van God se regering te wees?(peAF hfst. 15, par. 1-19)

Nr. 4: Evolusie: ’n Wetenskaplike dilemma (rsAF bl. 125, 126)

27 Nov. Skrifgedeelte: Esegiël 27 tot 29

Lied 180

Nr. 1 Jeremia 20:1 tot 25:38 (si bl. 126,127, par. 18-23)

Nr. 2 Esegiël 28:1-19

Nr. 3 Evolusie en die fossielverslag (rsAF bl. 127,128)

Nr. 4 Weerlê evolusioniste se algemene besware (rsAF bl. 130, 131)

4 Des. Skrifgedeelte: Esegiël 30 tot 32

Lied 14

Nr. 1: Jeremia 26:1 tot 34:22 (si bl. 127,128, par. 24-26)

Nr. 2: Esegiël 31:1-18

Nr. 3: Waardeur is die begin van Koninkryksheerskappy gekenmerk? (peAF hfst. 16, par. 1-13)

Nr. 4: Waarom het baie mense ’n gebrek aan geloof? (rsAF bl. 152, 153)

11 Des. Skrifgedeelte: Esegiël 33 en 34

Lied 144

Nr. 1: Jeremia 35:1 tot 44:30 (si bl. 128, par. 27-31)

Nr. 2: Esegiël 34:1-16

Nr. 3: Hoe kan ’n persoon geloof verkry? (rsAF bl. 153, 154, par. 3)

Nr. 4: Geloof in vooruitsig op regverdige nuwe stelsel bewys deur werke (rsAF bl. 154, 155)

18 Des. Skrifgedeelte: Esegiël 35 tot 37

Lied 195

Nr. 1: Jeremia 45:1 tot 52:34 (si bl. 128, 129, par. 32-36)

Nr. 2: Esegiël 37:10-28

Nr. 3: Die tyd vir Koninkryksheerskappy om te begin—wanneer?

(peAF hfst. 16, par. 14-22)

Nr. 4: Hoe kan valse profete geidentifiseer word? (rsAF bl. 407, 408, par. 1)

25 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Esegiël 20 tot 37

Lied 155

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel