Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/88 bl. 5
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1988
Ons Koninkryksbediening—1988
km 5/88 bl. 5

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], Redenering uit die Skrif [rsAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF], en weeklikse Skrif gedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 1 Mei tot 19 Junie 1988.

[Let wel: Verwysings na die boeke si, rsAF en peAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord. Beantwoord soveel vrae moontlik hieronder in die toegewese tyd.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Psalms 120-134 staan bekend as die Hallel-psalms, wat by die groot jaarlikse feeste gesing is nadat die Jode uit Babilon teruggekeer het. [si bl.  104 par.  18, 20]

2. Die woorde in Spreuke 1:7 gee die tema vir die hele boek Spreuke weer. [si bl. 108 par. 12]

3. ’n Studie van Spreuke openbaar dat die Bybel nie nalaat om ons verpligtinge ten opsigte van klein dinge te meld nie. [si bl. 108 par. 15]

4. God het moontlik evolusie gebruik om die mens te skep. [peAF bl. 72 par. 8]

5. Meer eksemplare van die Bybel is versprei as van enige ander boek, en dit is ook meer kere in meer tale vertaal as enige ander boek. [rsAF bl. 75]

6. Die Jode het die viering van verjaarsdae as deel van afgodsaanbidding beskou. [rsAF bl.  413]

7. In die hedendaagse vervulling van Jeremia 7:4 het “die HERE se tempel” betrekking op die nominale Christelike struktuur van dinge in die Christendom. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 10/15 bl. 11 par. 8 (w79 8/1 bl.  11 par.  8).]

8. Sommige neem God se woord in hulle monde, maar in hulle diepste wese het hulle nie ’n intieme band met God nie (Jer. 12:2). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF78 1/15 bl. 22, 23 par. 18, 19 (w77 bl. 665 par.  18,  19).]

9. “Kussiet” het nie op ’n persoon van die swart ras betrekking nie (Jer. 13:23). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 4/15 bl.  27 par.  14 (w80 2/1 bl. 26 par. 14).]

10. Hananja het die Christendom se geestelikes van vandag afgebeeld (Jer. 28:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 1/15 bl. 26 par. 10 (w79 11/1 bl. 26 par. 10).]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Wat is ’n spreuk? [si bl. 107 par. 6]

12. Wat het Jesus gesê wat toon dat hy nooit beelde in aanbidding gebruik het nie? [peAF bl. 46 par. 30]

13. Verduidelik kortliks Jesaja 45:1-3. [rsAF bl. 77]

14. Wat illustreer, as gevolg van vandag se ruimtetegnologie, dat dit nie onredelik is om te glo dat Bybelskrywers deur God geïnspireer kon wees nie? [rsAF bl. 81, 82]

15. Waarom onthou Christene hulle van bloed? [rsAF bl. 69]

16. Hoe weerspreek die geestelikes die woorde van die Jeremia-klas? (Jer. 6:14). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 10/15 bl. 20 par. 16 (w79 8/1 bl. 20 par. 16).]

17. Waarom het Jeremia van Jehovah as “Koning van die nasies” gepraat? (Jer. 10:7). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 3/1 bl. 24 (w79 12/15 bl. 22).]

18. Waarom is Jeremia beveel om ongetroud te bly? (Jer. 16:2-4). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk w78 4/15 bl.  31.]

19. Waarom het Jeremia 20:7 (NW) gesê: “U het my mislei, o Jehovah”? [Weeklikse Skrifgedeelte: kyk wAF80 3/1 bl. 24 (w79 12/15 bl. 22).]

Vul die ruimtes in die volgende stellings in:

20. Die tema van die hele boek Psalms․․․․․․․word in Psalm 104:35 aangegee. [si bl. 103 par. 17]

21. Die drie skrywers van die spreuke wat in die boek Spreuke opgeteken is,․․․․․․․was [si bl. 107 par. 4]

22. Die goeie vrou wat in Spreuke 31 beskryf word, allereers. [si bl. 109 par. 18]

23. Jesus is in․․․․․․․ gebore, maar hy het in․․․․․․․ grootgeword. [peAF bl. 59 par. 6]

24. Jesus het, deur wonderwerke te doen, bewys dat hy werklik․․․․․․․ was. [peAF bl. 66 par. 24]

25. Wanneer daar ernstige bloedverlies is, is dit uiters dringend dat die vloeistofinhoud herstel word, en ․․․․․․․ wat geen bloed bevat nie, kan gebruik word om in daardie behoefte te voorsien. [rsAF bl. 72]

26. Die “sewentig jaar” het in ․․․․․․․ begin en in ․․․․․․․ geëindig(Jer. 25:11). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kc bl. 137 par. 27.]

Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:

27. Psalm (2; 8; 49) beklemtoon dat die mensdom ’n losprys nodig het en dui op God as die Een wat by magte is om dit te voorsien. [si bl. 103 par. 14]

28. Jerusalem is sistematies deur (Cestius Gallus; Titus; Vespasianus) vernietig. [rsAF bl. 78]

29. Die ware “pottebakker” in Jeremia 18:3 was (Jehovah; Jesus; Jeremia). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 11/1 bl. 14 par. 14 (w79 8/15 bl.  21 par.  14).]

30. Jehovah het in (1914; 1919; 1935) begin om ‘die oorblyfsel te versamel’ (Jer. 23:3). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 11/15 bl. 16 par. 11 (w79 9/1 bl. 26 par. 11).]

Kies uit die volgende tekste die vyf wat die beste by die stellings hieronder pas:

Gen. 1:1; Lev. 17:10; Job 19:20; Jes. 2:2, 3; Luk. 3:16,17; Joh. 3:5

31. ’n Persoon word ‘uit gees gebore’ wanneer hy met daardie gees gedoop word. [rsAF bl. 93]

32. Vernietiging as gevolg van doop met vuur sal vir ewig wees. [rsAF bl.  94]

33. Astronomiese getuienis dui op die Bybelse beskouing van die oorsprong van die heelal. [rsAF bl. 79]

34. Die Bybel is prakties vir ons dag. [rsAF bl. 82]

35. Die Bybel se verbod op bloed sluit mensebloed in. [rsAF bl. 71]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel