Teokratiese Nuus
♦ Japan het in Februarie ’n verkondigerhoogtepunt van 124 809 bereik. Hulle het baie hard gewerk en gedurende die maand 101 200 boeke versprei. Hulle het ook ’n hoogtepunt van 167 629 Bybelstudies gehad, ’n vermeerdering van meer as 2 000 in een maand.
♦ Korea het ’n hoogtepunt van 50 164 verkondigers vir Februarie gerapporteer, ’n vermeerdering van 9 persent oor verlede jaar se gemiddelde. Hulle was bly om ’n hoogtepunt van 14 308 gewone pioniers te hê.
♦ Altesaam 2 805 ouere manne en 2 296 bedieningsknegte het die Koninkryksbedieningskool bygewoon wat op 19 plekke dwarsdeur Suid-Afrika gehou is. Al die broers wat hierdie Skool bygewoon het, het diep waardering uitgespreek teenoor Jehovah God en die Bestuursliggaam dat hulle gedurende hierdie tyd sulke puik teokratiese onderrig moontlik maak.