Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/88 bl. 3-4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1988
Ons Koninkryksbediening—1988
km 9/88 bl. 3-4

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir September: Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R6,00. Die klein uitgawe is R3,00. Oktober: Intekeninge op of Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei tydskrifte. Jaarintekeninge is R10,00 elk. Half jaarlikse intekeninge is R5,00 elk. November: Is die Bybel werklik die Woord van God? teen ’n bydrae van R2,00. (Engels: New World Translation met die “Kingdom Come”-boek teen ’n bydrae van R10,00.) Desember: My boek met Bybelverhale of Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R6,00. Klein uitgawe van Paradys op aarde-boek is R3,00.

• Gemeenterekeninge moet op 1 September, of so gou moontlik daarna, geouditeer word deur die presiderende opsiener of iemand wat hy aanstel.

• Gemeentes moet asseblief onthou om teen die einde van September hulle rapport oor werk in die ontoegekende gebied in te vul en in te stuur sodat dit ons nie later as 15 Oktober bereik nie. Sluit asseblief enige interessante ondervindinge in.

• Die Bethelhuis en -fabriek sal Saterdag, 1 Oktober 1988, gesluit wees vir skoonmaakwerk. Daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.

• Gemeentelike rapporte moet betyds ingestuur word. Selfs as dit beteken dat ’n paar rapporte die daaropvolgende maand getel moet word, moet gemeentelike rapporte, waar moontlik, teen die sesde van die maand ingestuur word. Ons verwag egter NIE dat gemeentes rapporte per spoedpos stuur as hulle dit ’n bietjie laat instuur nie.

• Die manier waarop die Teokratiese Bedieningskool en Diensvergadering gedurende die kringopsiener se besoek gehou word, word gewysig. Vanaf September 1988 sal die skool na die openingslied en gebed ’n halfuur duur, met ’n instruksietoespraak van tien minute sonder ’n hersiening, die Bybelglanspunte, die Skriflesing en nog een studentetoespraak. Dit sal gevolg word deur ’n Diensvergadering van ’n halfuur wat aangepas kan word sodat dit of drie dele van 10 minute elk of twee dele van 15 minute elk bevat. Die openingsaankondigings sal uitgelaat word. Na ’n lied sal daar ’n halfuurlange program deur die kringopsiener wees wat deur ’n slothed en gebed gevolg sal word. Die hele program, met uitsondering van liedere en gebed, sal anderhalfuur duur. Hierdie reeling sal die kringopsiener die geleentheid bied om te sien hoe albei hierdie vergaderinge in die gemeente gehou word.

• Spesiale artikels oor dwelms: Ontwaak! se nommer van 8 Desember sal ’n reeks artikels bevat oor die toenemende gevaar van dwelms. Dit sal toon hoe die probleem ontwikkel het en wat ons kan doen om ons daarteen te beskerm. Hierdie nommer sal byval vind by maatskaplike werkers en geregsdienaars, en dit sal ideaal wees vir jongmense om dit by skoolmaats en onderwysers aan te bied.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

New World Translation of the Holy Scriptures, (Luukse-sakuitgawe DLbi25), beskikbaar in swart of kastaiingbruin​—Portugees

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe ( Klein uitgawe ) ​—Swahili

• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:

“Kyk! Ek maak alles nuut” (boekie met 32 bladsye)​—Sepedi

Die lewe behels veel meer!​—Suid-Sotho, Xhosa

• Die volgende prysveranderings op lektuur is vanaf 1 September 1988 van krag. Let asseblief op dat net die pioniertarief of net die tarief vir die publiek by sommige items geraak word. Elke nuwe prys word deur ’n asterisk (*) aangedui.

Item Pio. Gem. enPubliek

American Standard Version en

Authorized Version R 5,00* R 7,00*

Byington 12,00* 20,00*

Diaglott enKingdom Interlinear 5,00* 7,00

Jerusalem Bible 32,50* 50,00*

New American Bible 16,20* 22,00*

New English Bible 20,00 30,00*

New World Translation(slegs 1984-uitgawe)

Gewone uitgawe 6,00* 8,00*

Luukse en Sakuitgawes 9,00* 14,00

Naslaanbybel 12,00 20,00*

Grootdruk

Individuele bundels 11,00* 14,00*

Stel 44,00* 56,00*

Revised Standard Version 18,00* 28,00*

Rotherham 48,50* 80,00*

Bybel in Swarttale 5,70* 6,50*

Afrikaanse Bybel

Ou vertaling 6,60* 7,50*

Nuwe vertaling 6,60* 7,50*

“All Scripture” 4,00* 6,00*

Bybelverhale 4,00* 6,00*

Skepping en Paradys op aarde

Gewone uitgawe 4,00* 6,00*

Klein uitgawe 1,50* 3,00*

Comprehensive Concordance 10,00 14,00*

Index (1930-1985) 10,00* 14,00

Redenering 2,00* 3,00*

Liedereboek

Groot uitgawe 4,00* 6,00

Strong’s Concordance 33,00* 58,00

Watchtower- en Awake!-

bundels (Alle jare) 12,00* 12,00*

Die intekeningtarief vir Die Wagtoring op band sal vanaf 1 September 1988 verander.

Die nuwe tarief sal soos volg wees:

Landpos Lugpos

Die wat as blind

geklassinseer word R 24,00 R130.00

Gemeente en

publiek 108,00 174,00

Pionier (net vir

persoonlike gebruik) 96,00 162,00

Die verkondigertarief van die grootdrukuitgawe van Die Wagtoring sal met die nommer van 1 September 1988 tot 65c per eksemplaar styg. Die pioniertarief en intekeningtarief sal onveranderd bly. Pas asseblief julle Pryslys ooreenkomstig aan.

● STREEKBYEENKOMSTE : Dit is vir ons ’n genoeë om die datums, stede en toegewese kringe vir ons “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkomste vir 1988 te meld.

17-22 November: St. Helena.

8-11 Desember: Windhoek, S.W.A.-kringe 1A, B.

15-18Desember: Bloemfontein,Kringe7A, 14B, 21A, B, 41A, B. Kanyamazane (Zulu), Kringe 18A, B, 19A, B (Zulu-afdeling), 20A, B, (Zulu-afdeling). Mafikeng, Kringe 14A, 39A, B, 47A, B. Seshego (Sepedi), Kringe 17A, B (Sepedi-afdeling), 19A, B, (Sepedi-afdeling), 46A, B.

22-25 Desember: Gaborone, Bots.-kringe 1A, B. Kanyamazane (Tsonga), Kringe 17A, B (Tsonga-afdeling), 18A, B (Tsonga-afdeling), 19A, B (Tsonga-afdeling), 20A, B (Tsonga-afdeling). Manzini, Swaz.-kringe 1, 2. Maseru, Les.-kringe 1, 2. Mdantsane, Kringe 34A, 36A, B, 37A, B. Umtata, Kringe 31 (Xhosa-afdeling), 32, 33, 34B, 35, 43, 44.

29 Desember-1 Januarie 1989: Kaapstad, Kringe 5B, C, 6A, B, C, D, 9A, B, 10A, B, C, D, 38A, B, 48A, B. Durban, Kringe 4A, B, C, 5A, 8A, B, C, 22A, B, 23A, B,

24 A B, 25, 26A, B, 27, 28, 29A, B, 30A,

B, 31 (Zulu-afdeling), 42, 45, 51A, B.

Johannesburg, Kringe 1A, B, C, 2A, B,

C, D, 3A, B, C, 7A, B, C, IIA, B, C, 12A,

B, 13A, B, C, 15A, B, 16A, B, 40A, B, C,

49A, B, 50A, B.

Let asseblief op dat die datums vir die streekbyeenkoms in Mdantsane na 22-25 Desember 1988 verander is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel