Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/88 bl. 3
  • Rapporteer jou velddiens akkuraat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rapporteer jou velddiens akkuraat
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT ONS MOET RAPPORTEER
  • Dra jy by tot ’n akkurate rapport?
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Bedienaars van die goeie nuus
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Wees gereeld in die velddiens
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 9/88 bl. 3

Rapporteer jou velddiens akkuraat

1 Die nuwe Yearbook sal binnekort verskyn met die wêreldrapport vir die 1988-diensjaar. Ons sien gretig daar na uit om hierdie publikasie te ontvang sodat ons kan lees wat onlangs in die predikingswerk dwarsdeur die aarde bereik is (Jes. 60:22). Wat kan ons persoonlik doen om te verseker dat hierdie jaarverslag akkuraat is, aangesien alle verkondigers daartoe bydra?

2 Ons lees in Mattheüs 24:14 van ons opdrag om in die laaste dae van hierdie stelsel te preek. Ons kan ons eerbied vir Jehovah se organisatoriese reëlings toon en ons waardering betuig vir die klein deel wat ons daarin het deur aan die einde van elke maand ons velddiens pligsgetrou te rapporteer. Rapporteer jy jou velddiens gereeld en akkuraat?

WAT ONS MOET RAPPORTEER

3 Slegs volle ure moet aan die gemeente gerapporteer word. Die verkondiger kan ’n onvolledige uur oor dra en by sy rapport vir die volgende maand insluit. Ter wille van akkuraatheid is dit die beste om elke keer wanneer jy aan die velddiens deelneem die tyd wat daaraan bestee is, lektuur wat versprei is en die aantal herbesoeke wat gedoen is, neer te skryf. Dan kan ons aan die einde van die maand bloot hierdie syfers optel en hoef ons nie te skat wat ons gedoen het nie. Die Velddiensrapportvormpie wat deur die gemeente voor sien word, maak dit maklik om hier die verslag te hou.

4 Moenie vergeet dat jy elke keer wanneer jy ’n Bybelstudie hou ’n herbesoek moet tel nie. Aan die einde van die maand moet ’n Studierapportvormpie ingevul word vir elke Bybel studie wat gehou is, en saam met jou Velddiensrapportvormpie ingegee word. Nadat jy elke Studierapportvormpie volledig en akkuraat in gevul het, moet die getal verskillende Bybelstudies wat jy gedurende die maand gehou het in die gepaste ruimte regs onder op die Velddiensrapportvormpie ingeskryf word.

5 Ons meen dat dit gepas is om ’n herinnering in te sluit dat jou velddienstyd moet begin wanneer jy met jou getuieniswerk begin en eindig wanneer jy jou laaste besoek tydens elke getuienissessie afhandel. Tyd wat derhalwe gedurende velddiens vir verversings of etes gebruik word, moet nie as velddiens getel word nie. Diegene wat openbare toesprake hou, kan die tyd tel wat daaraan bestee is om dit te hou. (Kyk Ons bediening, bladsy 104, paragraaf 1.) As ons ons velddiens pligsgetrou rapporteer, sal ons almal bydra tot die akkurate rapport wat in die Yearbook gedruk word.

6 Aangesien die sekretaris die gemeente se velddiensrapport teen die sesde van die volgende maand aan die Genootskap moet stuur, is dit maklik om te verstaan waarom elke verkondiger sy velddiensrapport sonder versuim aan die einde van die maand moet ingee. Elke verkondiger moet, uit respek vir die reëling, hierdie riglyne noukeurig volg. Die sekretaris het slegs ses dae om al die rapporte in te samel, op te tel en die gemeente se rapport te pos sodat die Genootskap dit betyds ontvang om dit by die velddiensaktiwiteit van meer as 1 000 ander gemeentes in hierdie land in te sluit.

7 Elke verkondiger wat gewillig met die bogemelde organisatoriese reëlings saamwerk, kan die tevredenheid hê om te weet dat hy daartoe bygedra het dat ’n akkurate rapport van die wêreldwye bedrywigheid van Jehovah se Getuies opgestel is. (Vergelyk Esegiël 9:11.) Mag ons almal velddiensrapporte ingee wat akkuraat en betyds is!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel