Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/88 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 3 OKTOBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 10 OKTOBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 17 OKTOBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 24 OKTOBER
Ons Koninkryksbediening—1988
km 10/88 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 3 OKTOBER

Lied 193

10 min: Plaaslike aankondigings. Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig tydskrifwerk op tweede Saterdag van maand aan. Doen gepaste gesprekspunte aan die hand as die tyd dit toelaat.

18 min: “Preek jy met ’n doel?” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Beklemtoon hoe belangrik dit is om herbesoeke te doen met die doel om Bybelstudies te begin. Demonstreer hoe intekening tydens ’n herbesoek aangebied kan word wanneer paragraaf 5 bespreek word.

17 min: Jongmense​—Moenie mislei word nie. Toespraak en onderhoud. Jongmense is spesiale teiken van Satan. Hy spits hom veral toe op minder ervare persone en verlei hulle soos hy Eva verlei het (Gen. 3:1). Mislei jongmense deur verleidings, aanloklikhede en versoekings. Bevorder gedagte dat jongmense in die waarheid iets mis (Gen. 3:4,  5). Bevorder selfsugtige begeerte om te doen wat jy wil, vir jouself te besluit wat goed en kwaad is. Satan laat weë van die wêreld, soos geslagsonsedelikheid, rook, dwelmmisbruik, omgang met ongelowiges en wêreldse vermaak aanloklik lyk. Laat dit onskadelik voorkom, soos vrug aan boom vir Eva gelyk het (Gen. 3:6). Watter gesindheid moet Christenjeugdiges teenoor hierdie dinge hê, en waarom? (1 Joh. 2:15-17). Watter doelwitte moet jongmense najaag, aangesien die wêreld verbygaan? (Matt. 6:33; 24:14; 28:19,  20). Jehovah maak voorsiening om jongmense te beskerm sodat hulle nie mislei word nie: Jeug-boek, Skool-brosjure, Ontwaak! bevat “Jongmense vra”, vergaderinge, byeenkomste, ouers en ouere manne. Waarom is ’n leeftyd in Jehovah se diens die beste leefwyse? (Spr. 27:11; Pred. 12:1). As tyd dit toelaat, kan onderhoud gevoer word met een of twee voorbeeldige jongmense wat heilsame begeertes aangekweek het. Vind uit wat hulle gehelp het om nie op skool voor druk te swig om saam met die stroom te gaan nie. Toon hoe belangrik dit is dat ander die jongmense help om lojaal te bly en nie deur die wêreld mislei te word nie.

Lied 164 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 10 OKTOBER

Lied 129

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Bespreek “Bydraes aan die Genootskap”.

20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies.” Vrae en antwoorde. Laat ervare pionier of verkondiger demonstreer hoe ’n Bybelstudie beëindig kan word wanneer paragraaf 4 bespreek word. Meld aantal Bybelstudies wat deur gemeente gehou word. Watter vooruitgang het hulle gemaak? Spoor almal wat studies hou hartlik aan om die resultate van elkeen aan die hand van hierdie materiaal te ondersoek. Enigiemand wat hulp nodig het, kan met die diensopsiener of sy boekstudiehouer praat.

15 min: Moenie jou diens gedurende die somermaande verslap nie. Aanmoedigende toespraak deur diensopsiener of ander bekwame broer. Reise, bywoning van byeenkoms en vakansie kan ’n goeie diensrooster ontwrig. Help broers om te besef hoe belangrik gereeldheid in velddiens gedurende somermaande is, selfs wanneer hulle nie by die huis is nie. Gee praktiese wenke. Moedig broers aan om vergaderinge by te woon en velddiens te doen saam met gemeente waar hulle vakansie hou. Laat goed voorbereide verkondiger ook demonstreer hoe huidige lektuuraanbod in huis-tot-huisbediening gemaak kan word.

Lied 161 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 17 OKTOBER

Lied 92

5 min: Plaaslike aankondigings. Lees en lewer kortliks kommentaar oor “Mediese inligtingsdienste”. Spoor almal aan om op vierde Saterdag van maand aan tydskrifwerk deel te neem.

20 min: “Bied die goeie nuus aan —Met vrymoedigheid, dog taktvol.” Vraag-en-antwoorddekking. Demonstreer een van die voorbeelde wat in paragraaf 3 aangehaal word, met behulp van Redenering-boek.

20 min: “‘Goddelike Geregtigheid’-Streekbyeenkoms vir 1988.” Vraag-en-antwoorddekking van paragrawe 1-16 van byvoegsel.

Lied 2 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 24 OKTOBER

Lied 106

5 min: Plaaslike aankondigings.

18 min: “Help ander om Jehovah heelhartig te dien.” Bespreking deur diensopsiener. Laat ’n ervare gewone pionier demonstreer hoe daar openhartig met ’n Bybelstudent gepraat kan word wat vergaderinge gereeld bywoon maar huiwer om hom te laat doop. Gebruik die artikel “Wat verhinder my om gedoop te word?” in Die Wagtoring van 1 Mei 1982. Voer onderhoud met een of twee in voltydse diens, en vra wie hulle aangemoedig en gehelp het om aanpassings te maak sodat hulle die voltydse diens kon betree. Vra watter verdere doelwitte hulle nastreef.

22 min: “‘Goddelike Geregtigheid’-Streekbyeenkoms vir 1988.” Vraag-en-antwoorddekking van paragrawe 17-28 van byvoegsel deur presiderende opsiener. Help broers om te besef dat goeie gedrag en kleredrag van almal in die gemeente verwag word. Wanneer paragrawe 22 en 23 bespreek word, kan almal hartlik uitgenooi word om voedselreëlings te ondersteun. As die tyd dit toelaat, kan “Inligting in verband met die Streek-byeenkoms” bespreek word.

Lied 78 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel