Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei tydskrifte. Jaarintekeninge is R10,00 elk. Halfjaarlikse intekeninge is R5,00 elk. November: Is dieBybel werklik die Woord van God? teen ’n bydrae van R2,00. (Engels: New World Translation met die “Kingdom Come”-boek teen ’n bydrae van R10,00.) Desember: My boek met Bybelverhale of Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R6,00. Klein uitgawe van Paradys op aarde-boek is R3,00. Januarie en Februarie: Enige sakformaatboeke waarvan julle ’n groot voorraad het en wat voor 1980 uitgegee is en nie op ’n beter graad papier gedruk is nie teen ’n bydrae van R1,00. (Kan enige publikasies insluit wat in die aanbod vir Januarie en Februarie 1988 gemeld is en waarvan julle nog ’n groot voorraad het.)
• Nuwe publikasies beskikbaar:
New World Translation of the Holy
Scriptures, (Luukse-sakuitgawe; DLbi25), beskikbaar in swart of kastaiingbruin—Italiaans
New World Translation of the Holy Scriptures—With References (RbiS)—Frans, Nederlands
Choosing the Best Way of Life—Chichewa
Watch Tower Publications Index 1986—Grieks
“Kyk, Ek maak alles nuut” (Brosjure)—Hongaars, Ndonga
Traktaat nr. 14—Kalanga, Kwanyama
Traktaat nr. 15—Kwanyama
Traktaat nr. 16—Ndonga
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Jeremia, Klaagliedere (stel van vier;gemeente en publiek: R13,00; pioniers: R11,00)—Duits
Jehovah Delivers Those Calling Upon His Name—Drama (een kasset; gemeente en publiek: R5,00; pioniers: R4,50)—Italiaans
• PIONIERDIENSSKOOL: Dit spyt ons om pioniers mee te deel dat net ’n paar klasse vanjaar gehou sal word. Dit is omdat ons nie genoeg leerboeke in die verskillende tale het nie. As jy dit vanjaar moet bywoon, sal jou kringopsiener jou daarvan verwittig.
• Een van die dramas wat by die “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkoms aangebied gaan word, is gebaseer op Esegiel 9:1-11 en Numeri 35:1-34. ’n Ander is gebaseer op Genesis 6:1-7:24; 18:20-19:26. Almal moet daardie materiaal lees sodat hulle ten volle baat kan vind by die dramas wat aangebied gaan word.
• Ons sluit die Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1989 by hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening in. Dit sal skoolopsieners in staat stel om vertroud te raak met die instruksies en om toesprake vroegtydig toe te wys. Almal moet vertroud raak met die instruksies sodat hulle hul toewysings behoorlik kan voorberei en aanbied.
Ondersoek die Skrif elke dag—1989: Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle boekies Ondersoek die Skrif deur die gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie boekies te neem. Vul dan hierdie bestellings op die gewone lektuurbestelvorm (S-14) in en stuur dit op 1 Oktober 1988, of so gou moontlik daarna, aan die Genootskap. Ondersoek die Skrif in ander tale moet onder “Other Language Publications” aangedui word, met die afsonderlike hoeveelheid vir elke taal sowel as die jaar 1989. Ondersoek die Skrif sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Totdat die Ondersoek die Skrif-boekies beskikbaar is en versend word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn. Ondersoek die Skrif is ’n beheerde item, en lektuurrekeninge sal met 60c per eksemplaar, wat die prys vir verkondigers is, gedebiteer word. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1988 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar verkry, en bykomende eksemplare teen 40c elk. Geldsendings moet die bestellings vergesel wanneer gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wanneer hulle ’n lektuurrekening met ’n nadelige saldo het. ’n Afsonderlike aantekening moet op die maandelikse geldsendingvorm (S-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui.
• Presiderende opsiener: Sorg asseblief dat die rapport vir julle ontoegekende gebied ingevul word en nie later nie as 15 Oktober 1988 aan die Genootskap gestuur word. Maak asseblief ook seker dat die regte posgeld daarvoor betaal is.