Help ander om Jehovah heelhartig te dien
1 Jehovah vereis tereg dat elkeen van ons hom heelhartig moet dien (Mark. 12:30; Kol. 3:23). Hoewel ons verskillende vermoëns het, wil elkeen van ons ons bes doen in sy diens. —Matt. 13:23.
2 Kan ons ons kinders in hierdie opsig verder help? Is daar maniere waarop ons diegene met wie ons Bybelstudies hou meer kan aanmoedig? Is daar sommige in die gemeente wat dalk die gehalte of die hoeveelheid van hulle diens kan verbeter as ons hulle ’n bietjie praktiese hulp gee?
HOE OM TE HELP
3 Daar is ’n aantal persone wat gereeld alle gemeentelike vergaderinge bywoon. Sommige voldoen selfs aan die vereistes om aan die velddiens te begin deelneem. Dit is prysenswaardig. Maar nie almal het besluit om hulle toe te wy en te laat doop nie. Kan ons hulle in hierdie opsig help? Het ons al persoonlik ’n opregte bespreking met hulle gehad? Dalk kan ’n openhartige, vriendelike hersiening van die artikel “Wat verhinder my om gedoop te word?” op bladsye 26-31 van Die Wagtoring van 1 Mei 1982 van nut wees.
4 Daar is ook diegene wat gedoop is, maar dan huiwer om hulself beskikbaar te stel vir voorregte wat binne hul vermoens en omstandighede val. Sommige is dalk gereelde verkondigers wat van tyd tot tyd aan die hulppionierdiens deelneem. Kan hulle miskien die nodige aanpassings maak sodat hulle gereelde hulppioniers kan wees? Is dit vir sommige gereelde hulppioniers moontlik om gewone pioniers te word? Soms sal ’n woordjie van aansporing asook ’n paar praktiese wenke van ’n ouer, ’n ouere man of iemand wat reeds as ’n gewone pionier dien so ’n persoon beweeg om ooreenkomstig sy vermoëns en omstandighede soveel moontlik in Jehovah se diens te doen. —2 Tim. 4:2.
GEE BEMOEDIGING
5 Ander voldoen dalk aan die vereistes vir aanstelling as bedieningsknegte of ouere manne nadat hulle ag geslaan het op die nodige bemoediging en na sulke voorregte ‘uitgereik’ het (1 Tim. 3:1, NW). Sekere persone kan bekwame openbare sprekers word as hulle praktiese hulp benut wat tydens die Teokratiese Bedieningskool aangebied word. Kan jy dink aan ander voorregte waarvoor sommige in jou gesin of gemeente hulle moontlik kan bekwaam as hulle ’n bietjie hulp kry? Op watter manier kan jy hulle help?
6 Ons moet Jehovah die beste diens moontlik gee (Openb. 4:11). Ons wil sy wil heelhartig doen en ander help om dieselfde te doen (Ef. 6:6). Diegene wat reageer op hulp en aanmoediging om Jehovah heelhartig te dien, kan seker wees daarvan dat Jehovah die “regmatige beloning” sal gee. —Kol. 3:24, NW.