Intekeninge
1 Intekeninge op Die Wagtoring en Ontwaak! het talle gehelp om met God se Woord vertroud te raak. Wat kan ons doen om te verseker dat intekenaars steeds die beste diens moontlik kry?
2 Ons kan nie te veel beklemtoon dat die intekeningstrokie akkuraat ingevul moet word nie. Goeie verbetering is in hierdie opsig opgemerk. Maar ’n probleem wat al hoe groter word, is die feit dat intekeninge teruggestuur word omdat mense getrek het, dit nie af gehaal is nie of die adres nie reg is nie.
3 Wanneer ’n intekenaar se tydskrif aan die Genootskap teruggestuur word, word ’n strokie Intekening wat nie afgelewer kan word nie onmiddellik gedruk wat die intekenaar se naam, adres en die rede waarom dit nie afgelewer is nie, toon. Dit word gestuur aan die gemeente in wie se gebied die intekenaar woon. Die persoon wat oorspronklik die intekening bekom het, moet verkieslik die intekenaar besoek om hom in te lig waarom hy nie sy tydskrifte ontvang nie en om vas te stel wat die probleem is. Enige veranderinge in die adres moet op die strokie aangeteken word, waarna dit aan die Genootskap teruggestuur moet word. As daar geen verandering in die adres is nie, moet die strokie teruggestuur word met die instruksie om steeds die tydskrifte na dieselfde adres te pos.
4 Baie min van hierdie strokies word aan die Genootskap teruggestuur. Ons het tans 600 intekeninge in ons lêer wat nie afgelewer kan word nie. Dit is vir ons ’n bron van kommer, omdat dit beteken dat talle intekenaars nie die tydskrifte ontvang waarvoor hulle betaal het nie. Ons spoor derhalwe almal aan om ernstig aandag aan hierdie saak te skenk. Wanneer julle die strokie Intekening wat nie afgelewer kan word nie, ontvang, moet julle sonder versuim optree en besef dat die persoon se voorraad geestelike voedsel onderbreek is.
5 Alle strokies Hierdie intekening verval moet onmiddellik aandag geniet. Gaan asseblief onmiddellik terug om die intekeninge te hernieu en gee dit sonder versuim aan die broer wat na intekeninge omsien. Waar moontlik moet die adres wat op die omhulsel verskyn aan die hernuwingstrokie geheg word. As dit nie beskikbaar is nie, moet die intekenaar se voorletters en van op die strokie geskryf word, presies soos dit op die adresstrokie verskyn het. Nuwe sowel as hernieude intekeninge wat by ongedoopte persone verkry is, kan deur die verkondiger gerapporteer word (omAF bl. 102). Dit help die Genootskap as die hernuwings sonder versuim ingestuur word. Alle intekeninge moet weekliks aan die Genootskap gestuur word.