Aankondigings
• Lektuuraanbod vir November: Is die Bybel werklik die Woord van God? teen ’n bydrae van R2.00. (Engels: New World Translation met die “Kingdom Come”-boek teen ’n bydrae van R10,00.) Desember: My boek met Bybelverhale of Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R6.00. Klein uitgawe van Paradys op aarde-boek is R3.00. Januarie en Februarie: Enige sakformaatboeke waarvan julle ’n groot voorraad het en wat voor 1980 uitgegee is en nie op ’n beter graad papier gedruk is nie teen ’n bydrae van R1,00. (Kan enige publikasie insluit wat in die aanbod vir Januarie en Februarie 1988 gemeld is en waarvan julle nog ’n groot voorraad het.)
• Gedurende 1989 sal elke nommer van Ontwaak! ’n reeks opeenvolgende artikels bevat met die titel “Godsdiens se toekoms met die oog op sy verlede”. Hierdie artikels sal die toekoms van godsdiens ondersoek deur middel van ’n terugblik op godsdiens se geskiedenis en sal die beginsel van oorsaak en gevolg toepas. Verkondigers word aangespoor om goed voorbereide aanbiedings te maak en hierdie informasie te bespreek wanneer dit ook al gepas is. Op hierdie manier kan mense wat besorg is oor die agteruitgang van godsdiens in ons dag gehelp word om van die Koninkrykshoop te leer.
• Nuwe publikasies beskikbaar: Sing lofliedere voor Jehovah (Groot uitgawe) —Grieks
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy
dit vind? —Sepedi
“Hierdie goeie nuus van die koninkryk” —Engels
’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind —Sepedi
• LET WEL: As gevolg van die prysverhoging vanaf 1 September 1988 is die pioniertarief vir die klein uitgawe van die Paradys op aarde- en Skepping-boeke nie meer diesellde as die pioniertarief vir die Redenering-boek nie. Die jongste Remittance and Credit Request-vorm (S-20) gee die klein uitgawe van die Paradys op aarde- en Skepping-boeke aan op dieselfde reel as die Redenering-boek in die “Pioneer Credit Request”-kolom. Dui dus asseblief duidelik op die Remittance and Credit Request-vorm aan vir watter publikasies julle pionierkrediet aanvra sodat ons julle die regte krediet kan gee.