Gebruik jy ’n gepaste inleiding?
1 Wanneer ’n huisbewoner die deur oopmaak, kom die verkondiger van die goeie nuus te staan voor die uitdaging om die Koninkryksboodskap op ’n gepaste wyse in te lei. Binne die volgende tien sekondes sal die huisbewoner dikwels besluit of hy na die aanbieding gaan luister en of hy die getuie gaan wegwys. As Koninkrykspredikers weet ons dat die informasie wat ons bring lewensbelangrik is, en ons wil werklik diegene help met wie ons praat (Rom. 10:14). Maar ons sal net die geleentheid hê om oor die Bybelwaarhede wat ons verkondig te praat as ons inleiding die persoon sê aandag hou. —Kol. 4:6; vergelyk Spreuke 25:11.
2 Wanneer ons oorweeg hoe gepas ons inleiding is, sal dit goed wees as ons ons afvra of ons miskien in die gewoonte verval het om dieselfde inleiding oor en oor te gebruik omdat dit maklik is om te onthou of omdat dit ons op ons gemak laat voel. Is daar uitdrukkings in ons inleiding wat in sommige gebiede vooroordeel kan wek? Is dit spesiflek genoeg om van die begin af belangstelling te wek, of laat dit die huisbewoner toe om die gesprek te beëindig voordat ons selfs by ons onderwerp kom? Hoe kan ons vroeg in ons bespreking die huisbewoner se belangstelling wek? Doeltreffende inleidings kom nie vanself nie. Dit verg harde werk, noukeurige voorbereiding en gereelde oefensessies.
KIES DIE REGTE INLEIDING
3 Op bladsy 9 van die Redenering-boek is daar ’n uitstekende gedeelte met die titel “Inleidings vir gebruik in die veldbediening”. ’n Hersiening van die openingskommentare in hierdie gedeelte sal ongetwyfeld baie nuttig wees. Van die begin af word ons daaraan herinner dat verskillende benaderings vir verskillende gebiede, mense en omstandighede nodig is. As ons die regte inleiding wil kies, beteken dit dat ons goed daaroor moet dink.
4 Kan jy, wanneer jy die Koninkryksboodskap inlei, toon hoe die huisbewoner persoonlik daarby sal baat vind? Beskou byvoorbeeld die eerste inleiding onder die tussenhofie “Misdadigheid/Veiligheid” op bladsy 13 van die Redenering-boek. Die eerste gedagte wat gemeld word, handel oor ’n onderwerp wat vir die huisbewoner van lewensbelang is. Die bespreking wat daarop volg, sal toon wat die Koninkryk se rol in die uitwissing van misdadigheid is.
5 Hoe kan ons struikelblokke te bowe kom wanneer die huisbewoner nie bereid is om na ons boodskap te luister nie? Die tussenhofies op bladsye 14 en 15 in die Redenering-boek gee uitstekende wenke. Dink byvoorbeeld oor hoe jy die inleiding onder die tussenhofie “Wanneer baie mense sê: Ek het my eie geloof”, kan gebruik. Die eerste sin kan die huisbewoner se belangstelling wek. Kan jy hierdie benadering in julle gebied gebruik?
6 Hoe kan ons opregte belangstelling in die welsyn van die huisbewoner toon? (Mark. 6:34). ’n Hartlike, vriendelike glimlag kan help. Vriendelikheid trek ander aan en dit is in harmonie met ons doelwit om mense te help. Ons belangstelling in die huisbewoner word ook getoon wanneer ons hom aanmoedig om sy mening uit te spreek. As ons hom opreg om sy mening vra, kan dit in ’n groot mate daartoe bydra dat hy na ons boodskap luister. ’n Voorbeeld hiervan word gevind in die tweede inleiding onder “Koninkryk” op bladsy 11. Het jy dit gebruik? Mense hou in die algemeen daarvan om hulle mening te lug, en hulle sal nuuskierig wees oor wat jy hulle gaan vra. Maar as ons hulle belangstelling wil behou, moet ons na hulle antwoord luister en dan ons aanbieding aanpas om wat ons oor hulle beskouings uitgevind het te benut.
LET OP OMSTANDIGHEDE
7 Let op die omgewing wanneer jy na die deur gaan. Is daar speelgoed op die werf, klere oor die wasgoeddraad, godsdiensvoorwerpe by die deur, en so meer? Is die huisbewoner wat die deur oopmaak ’n man of ’n vrou, jonk of oud, ’n moeder, ’n vader of ’n kind? Enige van hierdie faktore kan ons help om ’n gepaste inleiding te kies wat gerig is op die behoeftes en belangstellings van die persoon wat ons groet.
8 Die inleidings wat in die Redenering-boek aangegee word, is almal beproef, en hulle het welslae behaal. Wend gerus ’n poging aan om dit in jou gebied te gebruik. Kyk watter inleidings die doeltreffendste is. Jy sal waarskynlik vind dat as jy goed voorberei en gereelde oefensessies hou, jou inleidings doeltreffender sal word en dat jy die Woord van die lewe met meer welslae sal verkondig. —Matt. 13:18-23.