Skenkings en testamente
Sommige het navraag gedoen oor die bemaking van geld en ander bates aan die Genootskap in hulle laaste wilsbeskikking. Dit word baie waardeer. Benoem asseblief Jehovah se Getuies van Suid-Afrika as die begunstigde en NIE Wagtoring- Bybel-en Traktaatgenootskap nie om te voorkom dat belasting op sulke skenkings betaal moet word.
Ons hersien tans ons Memorandum on Gifts and Wills wat verduidelik wat gedoen moet word wanneer geld of bates aan die Genootskap bemaak word. Persone wat ’n kopie hiervan wil hê, kan aan die Genootskap skryf en om ’n kopie vra. Intussen wil ons net meld dat testamente reg opgestel moet word, verkieslik deur ’n prokureur of deur ’n bank. Pas egter op dat daardie persone wat jou sake behartig jou nie beïnvloed om jou toegewyde bates aan organisasies en instellings te bemaak wat deur hierdie prokureurs of banke aanbeveel word nie. Bejaarde susters is byvoorbeeld deur hierdie manne beïnvloed om geld aan welsynsorganisasies en dieresorgverenigings te bemaak, terwyl ons susters eintlik hulle bates aan Jehovah se organisasie wou bemaak vir die bevordering van Koninkryksbelange. Enige vrae oor skenkings en testamente kan aan die Tesourierskantoor van die Genootskap gerig word vir verdere riglyne.