Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], Redenering uit die Skrif [rsAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 6 November tot 18 Desember 1988.
[Let wel: Verwysings na die boeke si, rsAF en peAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord. Beantwoord soveel vrae moontlik hieronder in die toegewese tyd.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Die stof in die boek Jeremia is chronologies gerangskik. [si bl. 125 par. 7]
2. Jeremia is aangesê om die kruik te breek as simbool van hoe Jehovah Jerusalem en die mense van Juda sou breek (Jer. 19:10). [si bl. 126 par. 17]
3. Jeremia het Nebukadnesar as Jehovah se kneg geidentifiseer. [si bl. 127 par. 21]
4. Jeremia het net teen Juda geprofeteer. [si bl. 128 par. 33]
5. Die opvatting dat God deur middel van evolusie geskep het, dat hy primitiewe lewensvorme voortgebring het, maar dat hoër lewensvorme daarna geëvolueer het, is nie ’n Bybelleerstelling nie. [rsAF bl. 125]
6. Daar bestaan groot meningsverskil onder bioloë, nie alleen oor die hipotetiese oorsake van evolusie nie, maar ook oor die veronderstelde proses. [rsAF bl. 126]
7. Die “suiwer taal” is die waarheid van God wat in die Bybel gevind word (Sef. 3:9, NW). [peAF bl. 127 par. 4]
8. Noudat God se Koninkryk opgerig is, is dit nie meer reg om te bid dat dit moet kom nie. [peAF bl. 141 par. 21]
9. “Die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende van die maand” het betrekking op die vernietiging van Jerusalem deur Babiloniese leërs (Eseg. 24: 1, 2). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kjAF bl. 259-261.]
10. Die “seder op die Libanon” beeld vandag die wêreldstelsel van dinge af waarin die politieke bewindhebbende partye al die aardse nasies regeer (Eseg. 31:3). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF77 bl. 350 par. 20.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Waarom is Jeremia verbied om vir Juda te bid? [si bl. 126 par. 14]
12. Toon die getuienis dat talle spesies tegelyk in aansyn gekom het, of dui dit op geleidelike ontwikkeling, soos evolusie beweer? [rsAF bl. 127]
13. Gee twee redes waarom talle mense nie geloof het nie. [rsAF bl. 152, 153]
14. Wat moet ’n persoon nog hê buiten geloof? [rsAF bl. 155]
15. Die handelwyse van die koning van Tirus, soos opgeteken in Esegiël 28: 12-19, stem ooreen met die handelwyse van watter geesskepsel? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 1288.]
16. Wie maak “die gemeente van die lewende God” uit? (1 Tim. 3:15). [peAF bl. 125 par. 18]
17. Watter teks toon dat Christus na sy opstanding ’n ruk lank sou moes wag voordat hy kon begin heers? [peAF bl. 136 par. 8]
18. Wat stel die “boom” in Daniël hoofstuk 4 in sy grotere vervulling voor? [peAF bl. 138 par. 14]
19. Wat is die land wat “soos die tuin van Eden” geword het in die hedendaagse vervulling van Esegiël 36:35? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kjAF bl. 319 par. 37, 38.]
Vul die ruimtes in die volgende verklarings in:
20. Jeremia het voorspel dat Jehovah ’n nuwe verbond sou sluit en dat sy wet op ......... van sy volk geskryf sou word, [si bl. 127 par. 25]
21. ’n Ethiopiër wie se naam ......... was, het Jeremia uit ’n modderput gered. [si bl. 128 par. 29]
22. Volgens die Bybel het God die mens, nie uit vroeëre diere nie, maar uit ...........geformeer. [rsAF bl. 131, 132]
23. Die tulband is weggeneem en die kroon is afgeneem in die jaar ..........(Eseg. 21:26). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kjAF bl. 222, 223.]
24. Die hedendaagse teenbeeld van “Oholiba” is........... (Eseg. 23:11). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kjAF bl. 237, 238.]
25. In ons dag is Jehovah se volk in die jaar......... ‘gered uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is’ (Eseg. 34:12). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kjAF bl. 291-294.]
Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende verklarings:
26. (Sedekia; Hananja; Pashur) het Jeremia ’n nag lank in blokke gesit. [si bl. 126 par. 18]
27. Koning (Jojakim; Jojagin; Joahas) het Jeremia se geskrifte woedend opgeskeur en in die vuur gegooi. [si bl. 128 par. 28]
28. Die uitdrukking “aan Hom sal Ek dit gee” is in (29; 33; 1914) G.J. vervul (Eseg. 21:27). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk peAF bl. 139-141.]
29. Die profesie wat gesê het: “hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger”, is deur (Nebukadnesar; Alexander die Grote; die leërs van Juda) vervul (Eseg. 26:12). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 49.]
30. (Jesaja; Jeremia; Esegiël) was die profeet wat die gesig van die laagte vol droë bene gesien en die herlewing van beide natuurlike en geestelike Israel voorspel het. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kjAF bl. 326-339.]
Kies uit die volgende tekste die vyf wat die beste by die verklarings hieronder pas:
Ps. 103:13, 14; Jes. 9:5, 6; Jes. 65:21, 22; Matt. 7:21-23; Joh. 8:28; Rom. 10:10
31. Hierdie teks kan gebruik word om iemand te bemoedig wat as gevolg van ongeregtigheid mismoedig is.
32. Iemand wat onder ekonomiese probleme gebuk gaan, kan deur hierdie teks bemoedig word. [rsAF bl. 67]
33. Hierdie teks kan gebruik word om iemand te bemoedig wat weens sy eie tekortkominge mismoedig is. [rsAF bl. 68]
34. Ware profete maak hulle geloof in Jesus bekend, maar meer is nodig as net om te sê dat ’n mens in sy naam preek. [rsAF bl. 407]
35. As ’n mens oor godvrugtige dinge peins ten einde jou waardering daarvoor te vergroot, skerp jy daardie dinge by jou figuurlike hart in. [rsAF bl. 154]