Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/88 bl. 3-4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1988
Ons Koninkryksbediening—1988
km 12/88 bl. 3-4

Aankondigings

● Lektuuraanbod vir Desember: My boek met Bybelverhale of Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R6.00. Klein uitgawe van Paradys op aarde-boek is R3,00. Januarie en Februarie: Enige sakformaatboeke waarvan julle ’n groot voorraad het en wat voor 1980 uitgegee is en nie op ’n beter graad papier gedruk is nie teen ’n bydrae van R1.00. (Kan enige publikasie insluit wat in die aanbod vir Januarie en Februarie 1988 gemeld is en waarvan julle nog ’n groot voorraad het.)

• Gemeentes moet die 1989 Yearbook of Jehovah’s Witnesses begin bestel. Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle jaarboeke deur die gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie jaarboeke te neem. Stuur dan hierdie bestelling op 1 Desember 1988 of so gou moontlik daarna aan die Genootskap op die gewone lektuurbestelvorm (S-14). Die jaarboeke sal in Duits, Engels, Grieks, Italiaans, Nederlands en Portugees beskikbaar wees. Totdat die jaarboeke beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will send later” op gemeentefakture verskyn. Gemeentes moet slegs die hoeveelheid jaarboeke bestel waarvoor daar gevra word. Geldsendings moet nie gemeentebestellings vergesel nie, behalwe waar gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of waar hulle rekening ’n nadelige saldo het. In sulke gevalle moet kontant die bestelling vergesel. Die jaarboeke is beheerde items en die lektuurrekening sal met R2.50 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers en die publiek. (Kyk Pryslysinstruksies, paragrawe 19-21.) Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1988 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar verkry waarvoor die gemeente op die Remittance and Credit Request-vovm (S-20) krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen R1.25 elk verkry. (Aan sekretaris: Laat gemeente asseblief weet wanneer jaarboeke ontvang word, sodat almal wat bestel het hulle eksemplare kan kry.)

• As die Gemeentelike Boekstudie nie gedurende die byeenkomsweek gehou sal word nie, kan die helfte van die materiaal vir daardie week die week voor die byeenkoms en die ander helfte die week na die byeenkoms bespreek word. Op hierdie manier sal hierdie belangrike informasie nie oorgeslaan word nie.

• April 1989 het vyf Saterdae, vyf Sondae en een openbare vakansiedag. Skoolgaande verkondigers sal ook gedurende daardie maand vakansie hê. Ons moedig alle ouere manne aan om voorbereidsels te tref om soveel moontlik aan te moedig om gedurende April 1989 as hulppioniers te dien.

• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer.

• ROODEKRANS BOULENINGS: Aangesien die bouwerk aan die nuwe takkompleks voltooi is, sal ons nie meer enige lenings vir hierdie projek nodig hê nie. Ons sal egter steeds julle gereelde maandelikse bydraes waardeer wat help om ons immer stygende kostes vir die onderhoud van ons nuwe Bethelhuis en drukkery te dek.

• Ons is deur die Bestuursliggaam aangesê om die prys op alle beheerde items verder te verhoog. Hierdie prysverhoging tree vanaf 1 Desember 1988 in werking. Kyk asseblief die nuwe Pryslys vir die nuwe tariewe.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Oorlewing tot in ’n Nuwe aarde​—Chichewa

Redenering uit die Skrif​—Grieks

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Daniel (een kasset; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5,50)​—Engels

Eerste Thessalonicense tot Filemon (een kasset; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5,50)​—Portugees

Eerste Petrus tot Judas (een kasset; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5,50)​—Portugees

Jehovah Delivers Those Calling Upon His Name​—Drama (een kasset; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5.50)​—Portugees

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel