Die Teokratiese Bedieningskool is voordelig
1 Sedert 1943 is die Teokratiese Bedieningskool ’n ware seën vir diegene wat die puik voorsienings daarvan benut het. Ja, die Teokratiese Bedieningskool slaag steeds in sy twee hoofoogmerke: (1) om ons vermoë te verbeter om Bybelwaarheid te spreek en (2) om ons meer vertroud te maak met God se Woord en die leerstellings en beginsels daarin. Talle het diep waardering uitgespreek vir die voordele wat hulle ontvang het deur die Teokratiese Bedieningskool se progressiewe opleiding. Broers sowel as susters is gehelp om ‘die woord van die waarheid reg te sny’. —2 Tim. 2:15.
MAAK VOORUITGANG
2 Nuwe studente sowel as diegene wat jare lank op die skool is, kan die grootste baat daarby vind as hulle hul toewysings goed voorberei. Daar is opgemerk dat sommige hulle aanbieding aflees. Jy moet goed kan lees en sonder aantekeninge kan praat, as jy bekwamer in die getuieniswerk wil word.
3 Die Redenering-boek is ’n goeie aanwins in ons werk, en die Teokratiese Bedieningskool is ’n uitstekende forum waardeur ons beter vertroud geraak het met die talle eienskappe daarvan. As ons meer vertroud kan raak met hierdie publikasie, sal dit ons in staat stel om gedagtes in ons eie woorde te stel en om op ’n geselstrant te praat. Gedurende 1989 sal ons steeds baat vind by ’n progressiewe bespreking van die Redenering-boek deur middel van die studentetoesprake wat op materiaal in daardie publikasie gebaseer is.
INSTRUKSIES VIR 1989
4 Gedurende die komende jaar sal Toewysing nr. 1 steeds op “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” gebaseer word. Hoewel 15 minute aangewys sal word, is daar ’n effense verandering. Tien tot 12 minute kan gebruik word vir die toespraak en 3 tot. 5 minute vir die mondelinge hersiening.
5 Glanspunte uit die Skriflesing sal steeds een van die belangrikste dele van die Teokratiese Bedieningskool wees. Broers wat hierdie toewysing behartig, moet die gehoor help om te verstaan waarom en hoe die informasie vir ons van nut is. Die “Scripture Index” in die Watch Tower Publications Index kan baie help. Spesiale artikels oor boeke van die Hebreeuse Skrifte sal ook steeds in Die Wagtoring verskyn, en dit sal agtergrondmateriaal en ander praktiese punte voorsien wat gebruik kan word. As die weeklikse aanbieding van Bybelglanspunte nie na wense is nie, sal die skoolopsiener privaat raad gee.
SKRIFTELIKE HERSIENINGS
6 Vanaf 1989 sal daar ’n verandering wees in die manier waarop skriftelike hersienings gehou word. Hersienings sal drie keer gedurende die jaar gehou word—aan die einde van April, Augustus en Desember. Die Genootskap sal nie meer ’n gedrukte hersieningsvel voorsien nie, maar elke verkondiger moet sy eie papier en pen saambring om te kan deelneem. Soos in die verlede sal voorbereide vrae met hulle antwoorde deur die Genootskap voorsien word. In die skriftelike hersienings sal daar in die besonder aandag gegee word aan materiaal wat in Toewysing nr. 1 en Bybelglanspunte gedek is.
SKRIFLESING
7 Vind ons persoonlik baat by die toegewese Skriflesing? Kom ons let op vir tekste wat waardering bou, wat eienskappe versterk wat in ons persoonlike en gesinslewe nodig is of wat ons help om die voorbeelde in die vertellings na te volg, wanneer ons lees. Het ons ons weeklikse Skriflesing probeer doen terwyl ons na die Genootskap se Bybelbandopnames luister? As ons die sintuie van sien en hoor sodoende benut, kan ons ’n baie beter begrip van die materiaal kry. Laat ons nie die uitstekende hulp oor die hoof sien wat hierdie bande voorsien vir broers wat die tweede toespraak moet voorberei nie. Wanneer hulle aandag skenk aan die regte uitspraak, stembuiging, regte beklemtoning en modulasie kan dit hulle leesgedeelte lewendiger en betekenisvoller maak.
8 Jehovah het geestelik oorvloedig voorsien om ons in ons lewensbelangrike predikingswerk te help. In Psalm 19:15 het Dawid sy biddende begeerte uitgespreek: “Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!” As liefde vir Jehovah en sy Seun in ons hart opwel, soos in Dawid se geval, kan die Teokratiese Bedieningskool ons help om die woorde van ons mond gedurende 1989 vir Jehovah welbehaaglik te maak. Laat ons nou vas van voorneme wees om ten volle by hierdie liefdevolle voorsiening van ons goedhartige, hemelse Vader baat te vind.