Teokratiese Nuus
♦ Teen Oktober vanjaar is 21 Koninkryksale toegewy, en nog vyf sal teen die einde van 1988 voltooi wees. Talle getroue knegte van Jehovah het bale tyd daaraan bestee en hulle middele bygedra om hierdie puik fasiliteite op te rig. Ons dank julle almal vir wat julle gedoen het, soms onder moeilike omstandighede. Julle blymoedige gawes het nie net die betrokke gemeentes bevoordeel nie, maar het Jehovah ook tot veel lof gestrek.
♦ Streekbyeenkomste op die Bahama-eilande Is deur 2 212 bygewoon, en 40 is gedoop. Hulle verkondigerhoogtepunt was 974.
♦ Bolivia berig steeds uitstekende groei en het in Julie ’n hoogtepunt van 5 823 verkondigers bereik. Dit is ’n vermeerdering van 17-persent oor verlede jaar se gemiddelde.
♦ Burkina Faso het in Julie ’n hoogtepunt van 388 verkondigers bereik.
♦ Costa Rica het gedurende Julie ’n onoortroffe hoogtepunt van 11 366 verkondigers gerapporteer. ’n Hoogtepunt van 15 265 Bybelstudies is bereik.
♦ Ghana het in Julie ’n hoogtepunt van 34 284 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 12.7-persent oor verlede jaar se gemiddelde. Hulle syfer van 56 650 Bybelstudies vir Julie is ook die hoogtepunt vir vanjaar.
♦ Guadeloupe, met ’n hoogtepunt van 5 565 verkondigers, het ’n opkoms van 12 488 by hulle streekbyeenkomste gehad, en 266 is gedoop.
♦ Japan se verkondigerhoogtepunt vir Julie is 128 202. Een-en-veertig persent van hulle is in die pionierdiens.