Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Februarie: Enige sakformaatboek wat voor 1980 uitgegee is en nie op ’n beter graad papier gedruk is nie waarvan die gemeente nou ’n groot voorraad het, teen ’n bydrae van R1,00. (Kan enige publikasie insluit wat in die aanbod vir Januarie en Februarie 1988 gemeld is en waarvan julle nog ’n groot voorraad het.) Ons sal veral die Woord van God-boek aanbied. Ekstra voorraad kan van die Genootskap bestel word. (Gemeentes kan krediet aanvra vir boeke wat deur verkondigers en pioniers bekom is vir die aanbod vir Februarie. LET WEL: Slegs gedurende hierdie kampanje sal die prys van die sakformaatboeke 60c vir gewone en spesiale pioniers wees. Die prys vir gemeenteverkondigers en hulppioniers is R1,00 elk.) Boeke wat op ’n beter graad papier gedruk is, moet nie vir hierdie aanbod gebruik word nie. (Engels: Choosing, Commentary on James en Word of God. Hoewel dit op ’n beter graad papier gedruk is, kan dit hierdie maand teen R1,00 aangebied word.) Gemeentes wat nie hierdie ouer boeke het nie, kan enige ander sakformaatboek wat plaaslik beskikbaar is teen ’n bydrae van R2,00 elk aanbied. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R6,00. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R10,00 vir elke jaarintekening.
• Die Gedenkmaal sal op Woensdag, 22 Maart 1989, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar asseblief in gedagte gehou word dat die Gedenkmaalbrood en -wyn nie voor sononder omgestuur moet word nie. Raadpleeg plaaslike bronne om vas te stel hoe laat die son in julle gebied ondergaan. Geen ander vergaderinge moet op daardie dag gehou word nie. As julle gemeente gewoonlik op ’n Woensdag vergaderinge het, kan julle dit verander na ’n ander tyd van die week as die saal beskikbaar is. As julle Diensvergadering geraak word, kan julle enige deel vir daardie week wat veral op julle gemeente van toepassing is by ’n ander Diensvergadering inpas.
• Gemeentelike boekstudies sal vanaf die week van 17 April 1989 die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! bespreek. Alle verkondigers word aangemoedig om hulle eie eksemplare van hierdie boek vir studie by die Gemeentelike Boekstudie te hê.
• 1989-STREEKBYEENKOMSTE:
Voorlopige reëlings vir streekbyeenkomste is soos volg:
1-3 Desember: St. Helena
8-10 Desember: Windhoek
15-17 Desember: Bloemfontein, Kaapstad, Manzini, Nkowankowa, Saulsville
24-26 Desember: Durban, Gaborone, Lebowa Kgomo, Maseru, Mdantsane
31 Desember-2 Januarie: Johannesburg, Kanyamazane, Newcastle, Port Elizabeth, Umtata
Verdere besonderhede sal later voorsien word. Beplan nou om vir die hele driedaagse program teenwoordig te wees.
• Ons het begin om die herdrukte Watchtower-bundels vir 1960 uit te stuur, en die bundels vir 1961 tot 1964 sal gestuur word wanneer ons hulle van Brooklyn ontvang.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Insight on the Scriptures—Engels
Oorlewing tot in ’n nuwe aarde—Chichewa
Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!—Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Album vir The Watchtower op kasset (leeg) (Blou vinielalbum vir 24 kassette met jaaretiket; gemeente en publiek: R19,00; pioniers: R15,00)—Engels
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
Aid to Bible Understanding(A-Z)—Engels
“Babylon the Great Has Fallen!” God’s Kingdom Rules!—Engels
“Then Is Finished the Mystery of God”—Engels
’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind—Xhosa