Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/89 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1989
Ons Koninkryksbediening—1989
km 3/89 bl. 3

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Maart: Openbaring​—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R6,00. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring vir een jaar teen ’n bydrae van R10,00. Intekening op Ontwaak! kan op dieselfde grondslag aangebied word. Halfjaarlikse intekeninge en jaarintekeninge op maandelikse uitgawes is R5,00. Junie: Is die Bybel werklik die Woord van God?, Goeie nuus​—om jou gelukkig te maak en Jou jeug​—Hoe om dit ten beste te benut teen ’n bydrae van R2,00 elk. (Engels: True Peace and Security​—How Can You Find It? teen ’n bydrae van R2,00.)

• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer.

• Ter voorbereiding vir die Gedenkmaalviering kan almal gerus die rooster vir Skriflesing wat op die kalender vir 1989 voorsien word vanaf Vrydag, 17 Maart, volg.

• Bydraes wat gemeentes aan die Genootskap stuur vir die bevordering van Koninkrykswerk asook bydraes vir ander benoemde aanwendings word op die Genootskap se maandelikse staat aan gemeentes erken. Hierdie erkennings sluit kort betuigings van waardering in. Die presiderende opsiener moet let op sulke erkennings en dit elke maand onder die gemeente se aandag bring wanneer die rekeningverslag gegee word. Die Genootskap wil hê dat die broers moet weet dat hulle bydraes ontvang is en dat dit waardeer word.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

New World Translation of the Holy Scriptures (Luukse-sakuitgawe; DLbi25), beskikbaar in swart of rooibruin​—Frans

Sing lofliedere voor Jehovah (Groot uitgawe)​—Tswana

Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”​—Chichewa

Jehovah se getuies​—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd​—Pools

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Luister na die Groot Onderwyser(Stel van vier kassette en ’n boek in ’n album; gemeente en publiek: R27,00; pioniers: R21,00)​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel