Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/89 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 6 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 13 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 20 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 27 MAART
Ons Koninkryksbediening—1989
km 3/89 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 6 MAART

Lied 209

7 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om genoeg lektuur te kry vir ’n volle aandeel in velddiens hierdie Saterdag en Sondag.

20 min: “Verkondig Jehovah se oordele dringend.” Vraag-en-antwoord-bespreking van artikel. Lig gemeente in oor tyd en plek van enige bykomende velddiensvergaderinge gedurende die Maartkampanje. Laat ervare verkondiger aanbieding demonstreer wat op informasie in paragraaf 5 gebaseer is. Bespreek teksverwysings as tyd toelaat. Beklemtoon nuwe insig oor “groot menigte” soos ingesluit in die simbool van ‘tienduisende perde’ wat in Openbaring 9:16-19 beskryf word (Openb. 7:9). Wek ywer om aan wye verspreiding van Openbaring-boek deel te neem.

18 min: “Gedenkmaalviering vir 1989.” Toespraak deur presiderende opsiener met geringe gehoordeelname. Vra gemeente om te vertel hoe hulle beplan om nuwelinge na die Gedenkmaal te nooi en hoe hulle hul gaan help om dit by te woon. Herinner gemeente daaraan dat Gedenkmaaluitnodigings beskikbaar is.

Lied 3 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 13 MAART

Lied 43

12 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Sluit rekeningverslag in en spreek hartlike waardering uit vir bydraes wat deur die Genootskap erken is. Herinner almal daaraan dat die Gedenkmaal Woensdagaand, 22 Maart, gehou sal word. Meld tyd van viering en plaaslike reëlings. Spesiale poging moet gedurende naweek aangewend word om belangstellendes uit te nooi. Demonstreer kortliks hoe ’n besoek gedoen word om iemand wat voorheen uitgenooi is daaraan te herinner. Almal moet Die Wagtoring van 15 November 1988 saambring na volgende week se vergadering.

20 min: “Kan jy in April hulppionierdiens doen?” Vraag-en-antwoorddekking. Sluit praktiese kommentare in van diegene in gemeente wat voorheen hulppionierdiens gedoen het terwyl hulle na gesinsverpligtinge omgesien of voltyds gewerk het.

13 min: Voer onderhoud met sommige wat beplan om in April hulppionierdiens te doen. Hoe het hulle hul rooster uitgewerk? Vra waarom hierdie April ’n goeie maand kan wees om pionierdiens te doen. Spoor almal wat kan aan om sonder versuim aansoek te doen. As hulle nou vir hierdie diens aansoek doen, sal dit hulle genoeg tyd toelaat om met ander reëlings te tref. Verkondigers wie se omstandighede hulle nie toelaat om pionierdiens te doen nie, kan ure vir die maand vermeerder deur saam met die pioniers te werk wanneer hulle kan.

Lied 32 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 20 MAART

Lied 87

10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om so gou moontlik terug te gaan na diegene wat Gedenkmaal bygewoon het, hetsy nuwelinge of diegene wat vergaderinge selde bywoon. Verduidelik wat gemeente doen en wat elke verkondiger kan doen. Meld bykomende groepgetuienisreëlings wat vir hierdie week getref is.

15 min: “Spesiale byeenkomsglanspunte werk eenheid in die hand.” Toespraak. Brei bespreking uit met kommentare van gehoor op die spesiale byeenkomsglanspunte wat in artikel gedek word.

20 min: “Help ander om God te aanbid.” Wagtoring-studiehouer bespreek artikel in Die Wagtoring van 15 November 1988 deur gehoorbespreking. Beklemtoon gewysigde beskouing oor ongedoopte persone wat aan velddiens wil deelneem en ongedoopte verkondigers wat hulle aan ernstige oortreding skuldig maak.

Lied 63 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 27 MAART

Lied 156

10 min: Plaaslike aankondigings en “Belangrike kwessies in verband met testamente.” Laat pionier of bekwame verkondiger gebruik van ‘Onderwerp vir gesprekke’ demonstreer en dit by die intekeningaanbod aanpas. Spoor almal aan om reëlings te tref om hierdie naweek aan velddiens deel te neem, tydskrifwerk Saterdag asook huis-tot-huisgetuieniswerk op die eerste Sondag van die maand te ondersteun.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—met Die Wagtoring.” Vrae en antwoorde. Laat verkondiger tydens bespreking van paragraaf 3 demonstreer hoe om ’n tydskrifaanbieding van 30 tot 60 sekondes in die huis-tot-huiswerk te maak. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om net die tydskrifte aan te bied. Laat verkondiger, wanneer paragraaf 4 bespreek word, demonstreer hoe hy Die Wagtoring van 15 April in straatwerk aanbied. Beklemtoon, wanneer paragrawe 5 en 6 bespreek word, dat die tydskrifaanbieding nie langer as 60 sekondes moet wees nie; wanneer die intekening aangebied word, moet die ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik word.

15 min: “Span julle kragtig in” (Luk. 13:24, NW; 1 Tim. 4:10, NW). Toespraak deur diensopsiener, gebaseer op informasie in artikel “Laat jou hand nie rus nie” wat in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1988 verskyn het en informasie in die brief van 1 Maart 1989 oor ontoegekende gebied. Die ondersteuning vir die ontoegekendegebiedkampanje vir 1988 was uitstekend, trouens, die beste wat ons in ’n aantal jare gehad het. Die 284 gemeentes wat ’n deel daaraan gehad het, het die volgende gerapporteer: 14 532 boeke, 38 159 boekies, 104 504 uur, 156 intekeninge, 56 687 tydskrifte, 7 258 herbesoeke, 827 Bybelstudies. Dit is alles verrig deur 10 144 verkondigers. Gemeentes word aangemoedig om so gou moontlik aansoeke in te dien om in ontoegekende gebied te werk.

Lied 10 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel