Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/89 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1989
Ons Koninkryksbediening—1989
km 4/89 bl. 7

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir April en Mei: Intekening op Die Wagtoring vir een jaar teen ’n bydrae van R10,00. Intekening op Ontwaak! kan op dieselfde grondslag aangebied word. Half jaarlikse intekeninge en jaarintekeninge op maandelikse uitgawes is R5,00. Junie: Is die Bybel werklik die Woord van God?, Goeie nuus​—om jou gelukkig te maak en Jou jeug​—Hoe om dit ten beste te benut teen ’n bydrae van R2,00 elk. (Engels: True Peace and Security​—How Can You Find It? teen ’n bydrae van R2,00.) Julie en Augustus: Is die Bybel werklik die Woord van God? en “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van Rl,60. (Vir krediet moet ouere manne riglyne in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 raadpleeg.) (Engels: Enige van die volgende tydskrifgrootte brosjures teen ’n bydrae van 60c: Enjoy Life on Earth Forever!, “Look! I Am Making All Things New”, The Divine Name That Will Endure Forever, en The Government That Will Bring Paradise.)

• Gemeentes kan begin om bestellings vir bundels van The Watchtower en Awake! vir 1988 te plaas. Die bundels sal beskikbaar wees in Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees en Spaans. MOENIE GELD SAAM MET BESTELLINGS STUUR as julle gemeente ’n lektuurrekening by die Genootskap het nie. Die gemeente se lektuurrekening sal met die bedrag gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en besendings gestuur word, sal dit as “Will send later” op julle gemeente se fakture verskyn. Gemeentes met ’n nadelige saldo moet geld saam met hulle bestellings stuur. Bundels is beheerde items en gemeentes sal met R15,00 elk, verkondigers sowel as pioniers, gedebiteer word.

• Die Genootskap ontvang steeds geld deur die bank sonder enige verduideliking waarvoor dit is of van wie dit kom. Ons sal dit derhalwe waardeer as die presiderende opsiener, die sekretaris en die broer wat na rekeninge omsien saam vergader en ons brief van 15 Augustus 1988 in hierdie verband so gou moontlik hersien.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Sing lofliedere voor Jehovah (Groot uitgawe)​—Sepedi

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Hosea tot Maleagi (stel van drie kassette; gemeente en publiek: R12,00; pioniers: R10,00)​—Engels

• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:

Die lewe het ’n doel​—Engels

God’s Kingdom of a Thousand Years Has Approached​—Engels

Goeie nuus​—om jou gelukkig te maak​—Engels

The Two Babylons​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel