Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/89 bl. 7
  • Gebruik jou verweermiddele ten volle

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik jou verweermiddele ten volle
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GESINSVERANTWOORDELIKHEDE
  • KINDERS​—WAT VERWAG JEHOVAH VAN JULLE?
  • Hoe om jou kinders te beskerm deur middel van goddelike wysheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Ouers – Help julle kinders om Jehovah lief te kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees? – Deel 2
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Ouers, voorsien in die behoeftes van julle gesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 4/89 bl. 7

Gebruik jou verweermiddele ten volle

1 Satan val gesinne vandag aan en doen sy bes om hulle te vernietig. Christene weet dit maar alte goed. Hoe jammer sal dit tog wees as kinders by geslagsonsedelikheid, dronkenskap, dwelmmisbruik of ander verkeerde dinge betrokke raak! Sommige het selfs gesien hoe hulle seuns of dogters van Jehovah vervreemd raak en in wêreldse denke en begeertes vasgevang word(Spr. 10:1; 17:21). Daarteenoor het talle jongmense rein gebly en hulself in Jehovah se diens besig gehou. Hulle gedrag het God tot eer gestrek en hulle ouers en ander vreugde verskaf (3 Joh. 3,4). Wat was die verskil? In baie gevalle was dit die vasbeslotenheid van ouers sowel as kinders om die verweermiddele wat voorsien word ten volle te gebruik.

2 By die “Goddelike Geregtigheid”​—Streekbyeenkoms is aandag geskenk aan die verweermiddele wat ouers en jongmense vandag nodig het. Sommige hiervan is bespreek in die simposium “Dissiplinering in regverdigheid binne die gesinskring” en die toespraak “Sedelike reinheid is die sieraad van jongmense”. Onthou jy hierdie informasie, en het jy dit persoonlik en in jou gesin toegepas?

GESINSVERANTWOORDELIKHEDE

3 ’n Belangrike verweermiddel is dat vaders Jehovah se vereistes vir die hoof van ’n huisgesin ten volle verstaan en erken dat dit nodig is om ten volle op Jehovah te vertrou vir leiding. As ’n gesinshoof sy gesin Bybelbeginsels wil leer, moet hy dit in die eerste plek self ken. Maar kennis alleen is nie genoeg nie. Hierdie beginsels moet toegepas word voordat die gesin ten volle daarby kan baat vind. ’n Toegewyde vader moet die gesin in ’n geestelike program van gebed, studie en heilige diens lei (1 Tim. 5:8). As hy verwag dat sy vrou en kinders sy gesag moet eerbiedig, moet hy vreugdevol aan God en Sy organisasie gehoorsaam wees (1 Joh. 5:3). Wanneer ’n vader Jehovah navolg deur sy gesin op ’n hartlike, liefdevolle manier te behandel en konsekwent te wees, dwing hy hulle respek af en sal hulle meer geneig wees om sy voorbeeld te volg. Dit sal Jehovah tot lof en eer strek.

4 Onthou jy die byeenkomsdeel “Ouers​—Pas onderrig aan om julle kinders se hart te bereik”? Dit het ’n demonstrasie ingesluit wat getoon het hoe ’n gesin ’n artikel in Die Wagtoring van 15 Februarie 1987 bestudeer. Die ouers het elke kind en sy leervermoë in aanmerking geneem. Dit was nie ’n meganiese vraag-en-antwoord-sessie nie, maar die ouers se oogmerk was om hulle kinders se harte met die waarheid te bereik. Dalk onthou julle susters veral hoe die moeder haar man ondersteun het deur onderdanig te wees en sodoende ’n goeie voorbeeld vir die kinders te stel.​—Ef. 5:21-24.

KINDERS​—WAT VERWAG JEHOVAH VAN JULLE?

5 Jy word, net soos jou ouers, deur Satan aangeval. Wat is jou verweer? Gehoorsaamheid aan Jehovah en jou ouers. In die byeenkomstoesprake is goeie wenke gegee om jou te help. Onthou jy hulle? Een gedagte wat jy dalk onthou, is die feit dat jy nie op grond van jou ouers se reputasie die nuwe wêreld kan ingaan nie. Met ander woorde, die waarheid moet deel van jou word. Jou ouers voed en onderhou jou. Hulle doen dit reeds jare lank. Maar wanneer jy ouer word, word daar van jou verwag om geestelike verantwoordelikhede te aanvaar. Jehovah verwag dat jy moet doen wat jy weet reg is (Pred. 11:9). As jy geleer het dat Jehovah se weë reg is, hang dit van jou af om verstandig te wees en dit te volg.

6 Wanneer jy ouer word, word die uitdaging om sedelik rein te bly al hoe groter. Daar is ’n wêreldwye epidemie van onrein invloede, en jy kom elke dag daarvoor te staan. Jou verweer is om die goeie lief te hê en die kwaad te haat (Ps. 52:5; 97:10). Gaan om met diegene wat Jehovah liefhet. Lees opbouende stof. Kyk na heilsame dinge (Filip. 4:8). As jy in die versoeking kom, moet jy onthou wat die gevolge vir die verstandelose jong man was (Spr. 7:6-27). Laat jou gedagtes en optredes deur Jehovah gerig word, en jy sal veilig aan sy kant bly.

7 Ja, ouers sowel as kinders moet altyd waak teen die gevare waardeur ons almal omring word. As ons ons verweermiddele ten volle gebruik, kan ons seëvierend uit die stryd tree en bevoorreg wees om Jehovah vir ewig te loof.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel