Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/89 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1989
Ons Koninkryksbediening—1989
km 5/89 bl. 3

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Mei: Intekening op Die Wagtoring vir een jaar teen ’n bydrae van R10,00 Intekening op Ontwaak! kan op dieselfde grondslag aangebied word. Halfjaarlikse intekeninge en jaarintekeninge op maandelikse uitgawes is R5,00. Junie: Is die Bybel werklik die Woord van God?, Goeie nuus​—om jou gelukkig te maak en Jou jeug​—Hoe om dit ten beste te benut teen ’n bydrae van R2,00 elk. (Engels: True Peace and Security​—How Can You Find It? teen ’n bydrae van R2,00.) Julie en Augustus: Is die Bybel werklik die Woord van God? en “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van R1,60. Vir krediet moet ouere manne riglyne in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 raadpleeg. (Engels: Enige van die volgende tydskrifgrootte brosjures teen ’n bydrae van 60c: Enjoy Life on Earth Forever!, The Government That Will Bring Paradise, “Look! I Am Making All Things New”, of The Divine Name That Will Endure Forever.)

• Die Genootskap sal nou bestellings aanvaar vir die herdrukte Watchtower-bundels vir die jare 1965 tot 1969. Gemeentes en persone wat hierdie bundels graag vir hulle biblioteek wil hê, moet vasstel altesaam hoeveel bundels hulle van elke jaar wil hê en hulle bestelling deur die gemeente plaas. Die totale moet op die lektuurbestelvorm (S-14) ingevul word en GEDURENDE MEI 1989 INGESTUUR WORD. Die herdrukte bundels is net in Engels en sal tot tyd en wyl hulle versend word as “Will Send Later” op die gemeentefakture aangedui word. Moet asseblief nie bundels vir ander jare as 1965 tot 1969 bestel tot verdere instruksies in Ons Koninkryksbediening verskyn nie. Aangesien die Genootskap nie ’n voorraad van hierdie herdrukte bundels gaan hou nie, spoor ons almal aan om die saak goed te oorweeg en bestellings te plaas vir die bundels van 1965 tot 1969 wat hulle nodig het. Hierdie herdrukte bundels is beheerde items en moet by ontvangs betaal word. Die prys, sal R15,00 elk wees.

• Bethel het die dienste van ’n gekwalifiseerde tandarts en ’n gekwalifiseerde verpleegster nodig. Skryf asseblief vir ’n aansoekvorm.

• Pioniers wat lektuur by enigeen van die Genootskap se selfdienboekekamers kry, word daaraan herinner dat hulle hul pionieridentifikasiekaarte moet toon voordat hulle lektuur teen pioniertarief kan ontvang. Pioniers moet asseblief daarop let dat hierdie reëling nou streng toegepas sal word.

• STREEKBYEENKOMSTE VIR 1989: Let asseblief daarop dat die datums vir die byeenkomste wat op 31 Desember-2 Januarie gehou sou word soos in Ons Koninkryksbediening vir Februarie genoem is, verander is na 30 Desember-1 Januarie. Ons hoop om verdere besonderhede in Ons Koninkryksbediening vir Junie te gee.

• Ons het nog voorraad van die Kalender vir 1989 in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu en Ondersoek die Skrif elke dag—1989 in Sepedi en Suid-Sotho. Julle kan gerus daarvan bestel as julle nog voorraad nodig het.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

New World Translation of the Holy Scriptures (Luukse-sakuitgawe; DLbi25), beskikbaar in swart of rooibruin​—Duits

New World Translation of the Holy Scriptures (Luukse-sakuitgawe; DLbi25), beskikbaar in rooibruin​—Spaans

Redenering uit die Skrif​—Sjona

Watch Tower Publications Index 1986​—Portugees

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Esegiël (stel van vier kassette; gemeente en publiek: R16,00; pioniers: R13,50)​—Duits

My boek met Bybelverhale (stel van vier kassette in album; gemeente en publiek: R22,00; pioniers: R17,00)​—Portugees

• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:

Georganiseer om ons bediening te vervul​—Portugees

Watch Tower Publications Index 1981-1985​—Portugees

Watch Tower Publications Index 1930-1985​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel