Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 1 MEI
8 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Skets velddiensreëlings vir die naweek en spoor gesinne aan om die eerste Sondag van Mei aan die huis-tot-huisbediening deel te neem.
17 min: “Hou aan om vir die wat luister te sê: ‘Kom!’” Vrae en antwoorde. Vertel gekose plaaslike ondervindinge soos tyd toelaat. Beklemtoon die aanbieding van intekeninge op Die Wagtoring en Ontwaak! op elke gepaste geleentheid. Spoor verkondigers aan om herbesoeke sonder versuim te doen en te probeer om Bybelstudies met belangstellendes te begin.
20 min: Mediese inligtingsdiens. Moet deur bekwame ouere man behartig word. Hersien punte uit die artikel “Doen die noodsaaklike dinge om God te behaag” in Ons Koninkryksbediening vir Junie 1988. Verslae toon dat party nog nie met hul dokters gepraat het soos daarin uiteengesit is nie. Vra: Het jy jou “Medical Document”-kaart heeltemal ingevul en het jy en ander dit geteken? Beklemtoon dat plaaslike ouere manne die verantwoordelikheid het om verkondigers wat siek en in die hospitaal is te besoek en in hulle behoeftes te voorsien (1 Pet. 5:2; 1 Thess. 2:7, 8). Spoor almal aan om goed vertroud te raak met inligting wat in Die Wagtoring van 1 Maart 1989, bladsye 30, 31 en in Ontwaak! van 22 Februarie 1989, bladsye 26, 27, gepubliseer is.
Lied 216 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 8 MEI
10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Demonstreer twee of drie kort tydskrifaanbiedings wat elk net een artikel beklemtoon en vir plaaslike gebied gepas sal wees.
20 min: “Pas jy toe wat jy geleer het?” Vrae en antwoorde. Help broers om persoonlike toepassing te maak van wat by die “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkoms geleer is.
15 min: Jongmense wat hulle onkreukbaarheid behou het. Aanmoedigende toespraak wat ondervindinge uit die Yearbook vir 1989 oor die geloof van jongmense in Oostenryk beklemtoon. Sluit bladsye 111, 112, 118, 119 en 123-125 in.
Lied 160 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 15 MEI
8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Prys gemeente vir finansiële ondersteuning en spreek waardering uit vir bydraes wat deur die Genootskap ontvang is. Skets velddiensreëlings vir die naweek en spoor verkondigers aan om Saterdag en Sondag saam met die groepe te werk.
20 min: “Hoe om God se wet ‘binne-in ons ingewande’ te kry.” Vraag-en-antwoordbespreking van eerste vier paragrawe. Broer wat hierdie deel behartig, nooi dan twee voorbeeldige verkondigers na die verhoog en neem saam met hulle aan ’n bespreking van paragrawe 5-7 deel. Kan kort betuiging van waardering vir nuwer publikasies vra. Groep kan vertel hoe hulle of ander by persoonlike studie en navorsing baat gevind het.
12 min: Laat bekwame Gemeentelike Boekstudiehouer ’n groep van twee of drie verkondigers help om ’n inleiding wat gepas is vir plaaslike gebied by huidige ‘Onderwerp vir bespreking’ aan te pas. Gebruik bladsye 9-15 van die Redenering-boek.
5 min: Ondervindings. Laat verkondigers twee of drie kort ondervindings vertel van belangstelling wat gedurende intekeningkampanje gevind is.
Lied 92 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 22 MEI
10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor verkondigers aan om hierdie naweek in velddiens uit te gaan. Demonstreer twee tydskrifaanbiedings van 30 tot 60 sekondes wat vir plaaslike gebied gepas sal wees. Skets spesiale velddiensreëlings vir Woensdag, 31 Mei.
20 min: Ontoegekendegebiedkampanje vir 1989. Geesdriftige bespreking van Genootskap se brief van 1 Mei 1989. Skets reëlings vir gemeente se werk in ontoegekende gebied. Spoor gemeente hartlik aan om die kampanje ten volle te ondersteun.
15 min: Daaglikse herinneringe om geestelikheid te bou. Bekwame broer bespreek met twee of drie voorbeeldige verkondigers hoe individue en gesinne by daaglikse herinneringe soos dagteks, jaarteks en inligting op die kalender baat kan vind. Ons het herinneringe van Jehovah nodig (Ps. 119:2, NW; Hand. 17:11). Toon hoe herhaalde herinneringe ons kan aanspoor en help in die bediening.
Lied 91 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 29 MEI
8 min: Plaaslike aankondigings en Vraebus. Spoor alle verkondigers aan om Saterdag en Sondag in die velddiens uit te gaan. Dit sal die eerste Sondag in Junie wees.
7 min: Nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’. “Bron van ware vrede en veiligheid” sal die nuwe onderwerp wees wat in Junie begin. Die twee tekste is 1 Thessalonicense 5:3 en Miga 4:3, 4. Etlike van die voorgestelde inleidings op bladsye 9-15 van Redenering-boek kan aangepas word by die onderwerp en plaaslike gebied. Bekwame verkondiger demonstreer aanbieding en toon dat mensgemaakte vrede nie blywend is nie, maar dat God se vrede ewigdurend is. Nadat hy Miga 4:3, 4 gelees en kortliks daaroor kommentaar gelewer het, vra hy die huisbewoner wat hy dink die vervulling van daardie profesie vir die lydende mensdom sal beteken. Blaai na illustrasie op bladsy 4 van die Woord van God-boek, lewer kommentaar daaroor, en vestig dan aandag op een of twee gepaste, uitgesoekte punte op die volgende paar bladsye. Nooi huisbewoner om die onderwerp met behulp van die publikasie verder te ondersoek.
15 min: “Bied die goeie nuus aan —deur spoedig na belangstellendes terug te gaan.” Vraag-en-antwoordbespreking. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet ’n kort demonstrasie gehou word van ’n verkondiger wat op die eerste besoek reëlings tref vir ’n herbesoek later in dieselfde week. Demonstreer na paragrawe 6 en 7 bespreek is hoe ’n huisbewoner die lektuuraanbod weier en die verkondiger met ’n kort Bybelbespreking voortgaan. Wanneer die verkondiger en sy metgesel die deur verlaat, praat hulle oor die rede waarom hulle moet terugkeer.
15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak oor die artikel “Hulle kan jou help om te preek” in Die Wagtoring van 15 Februarie 1989, bladsye 22-24. Beklemtoon die belangrikheid van tydskrifte wat elke week deur ’n intekening ontvang word.
Lied 152 en slotgebed.