Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/90 bl. 8
  • Bied die goeie nuus aan—By jongmense

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die goeie nuus aan—By jongmense
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • STEL BELANG IN JONGMENSE
  • WAT JY KAN SÊ
  • Bied die Jongmense vra-boekaan
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Help jongmense om onheil af te weer
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hedendaagse jongmense—Bied die uitdagings van die 1990’s die hoof
    Ontwaak!—1990
  • Lesers se reaksie op die Jongmense vra-boek
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 6/90 bl. 8

Bied die goeie nuus aan—By jongmense

1 Hierdie moderne eeu is oor die algemeen ’n baie moeilike tyd vir jongmense. Eeue gelede het ’n man wat deur God geïnspireer is nietemin geskryf: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord” (Ps. 119:9). Trouens, leiding wat op Jehovah se Woord gebaseer is, strek duisende jongmense vandag tot voordeel.

2 ’n Kosbare bron van skriftuurlike informasie is nou geredelik beskikbaar vir jongmense in die vorm van die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Hoe kan jy dit beskikbaar stel vir jongmense in jou gebied of vir jeugdiges by die skool?

STEL BELANG IN JONGMENSE

3 Die apostel Paulus het gese: “Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword om die Jode te win” (1 Kor. 9:20). As jy jeugdiges wil help om kosbare geestelike leiding te vind en te waardeer, vereis dit insgelyks dat jy jongmense en hulle probleme verstaan. Jy moet dink aan jongmense se belangstellings en wat hulle probleme is by die skool of waar hulle woon of werk. Wanneer jy vir jeugdiges getuig, moet hierdie insig in jou inleidings, jou kommentare en jou vrae weerspieël word. Die inhoudsopgawe in die Jongmense vra-boek is ’n uitstekende bron van gedagtes vir bespreking.

WAT JY KAN SÊ

4 Let op waar daar kinders is wanneer jy van huis tot huis gaan. Verduidelik dat jy ’n openbare diens verrig wat mense help om alledaagse probleme die hoof te bied. In hierdie huise sal jy dalk met die kinders self kan praat. Wys hulle ’n voorbeeld van die praktiese raad wat in die boek gevind word. Onthou jou doel is om hulle te help om die betroubaarheid van Psalm 119:9 te besef.

5 Wees vriendelik en behandel ’n jong persoon met waardigheid wanneer jy met hom praat. Nadat jy gegroet het kan jy sê: “Ek is besig met ’n openbare diens om jongmense soos jy te help om die probleme waarmee hulle in hierdie gemeenskap te kampe het die hoof te bied. Vind jy ooit dat daar druk op jou uitgeoefen word om iets te doen wat jy rêrig nie wil doen nie? Het jy al ooit gewonder wat jy kan doen om sulke portuurdwang die hoof te bied?” Maak die boek by hoofstuk 9 oop nadat hy geantwoord het. Sê dan: “Let asseblief op wat hierdie publikasie op bladsy 77 sê. [Lees ’n gepaste paragraaf.] Dink jy dat ’n studie van die Bybel jongmense sal help om hierdie probleem die hoof te bied? [Laat hom antwoord.] Let op wat die Bybel in Psalm 119:9 sê. [Lees.] Hierdie boek toon hoe die Bybel jongmense kan help om moeilike situasies, soos daardie wat in die inhoudsopgawe verskyn, die hoof te bied. [Gee hom die boek. ] Jy kan dit kry teen ’n bydrae van R3.75.”

6 Jehovah “wil nie hê dat sommige moet vergaan nie” (2 Pet. 3:9). Dit sluit jongmense in. Maar baie jongmense sal Armageddon nie oorleef nie. Mag ons pogings om met welslae vir jongmense te preek tot gevolg hê dat ’n groot aantal van hulle, tot eer van Jehovah, gered word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel