Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/90 bl. 7
  • Sal JY as ’n hulppionier dien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal JY as ’n hulppionier dien?
  • Ons Koninkryksbediening—1990
Ons Koninkryksbediening—1990
km 3/90 bl. 7

Sal JY as ’n hulppionier dien?

1 April en Mei bied ons goeie geleenthede om as hulppioniers te dien. Die hulppionierdiens is die een of ander tyd van die jaar binne bereik van die meeste gedoopte verkondigers. Opoffering is nodig, maar die seëninge wat ’n mens geniet, maak dit die moeite werd.—Luk. 13:24.

2 Sal jy dat jou waardering vir Jehovah jou beweeg om hulppionierdiens ernstig te oorweeg wanneer jy nadink oor die moontlikheid van hulppionierdiens gedurende April of Mei, of albei maande? Baie min sal ideale omstandighede hê wat dit maklik maak om as ’n hulppionier te dien. Maar positiewe pogings wat uit ’n waarderende hart spruit, sal jou in staat stel om as hulppionier te dien. Moenie huiwer om die saak met Jehovah in gebed te bespreek nie.

3 April het vyf Sondae. Boonop is daar drie openbare vakansiedae. Mei het ook drie openbare vakansiedae. Stel ’n praktiese rooster op sodat jy gemiddeld twee uur velddiens per dag kan doen. As jy ’n bietjie vroeër in die oggend opstaan en dalk ook aandgetuieniswerk doen, sal dit jou help om hierdie doel te bereik. Die meeste skole het vakansie in April, wat talle jongmense in staat sal stel om hulppionierdiens te doen. En as jy nog nie gedoop is nie, kan jy saam met die hulppioniers aan die bediening deelneem.—Rom. 1:12.

4 Ouere manne speel dikwels ’n beslissende rol om die gemeente te besiel om hulppionierdiens te doen. Byvoorbeeld: In een gemeente van 83 verkondigers het al ses ouere manne, vyf van hulle vrouens en vyf bedieningsknegte verlede jaar die leiding in die hulppionierdiens geneem. In ’n ander gemeente waar 43 as hulppioniers gedien het, het die ouere manne gesê: “Ons het besluit om die voorbeeld te stel deur ons aansoekvorms eerste in te stuur wanneer die tyd aanbreek.”

5 Verlede April het ons 6 061 hulppioniers gehad. Kan ons hierdie April die 7 000-kerf bereik? Ons sal as jy as ’n hulppionier wil dien. Doen nou aansoek, en mag Jehovah jou seën terwyl jy jou in sy diens inspan.—Spr. 10:22.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel