Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/90 bl. 7-8
  • ’n Tyd vir groter bedrywigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Tyd vir groter bedrywigheid
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE GEDENKMAALVIERING EN SPESIALE TOESPRAAK
  • GROTER VERSPREIDING VAN SPESIALE TYDSKRIFTE
  • Gaan April ’n spesiale maand vir jou wees?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • ‘Verkondig die woord van God ten volle’
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Die Gedenkmaalseisoen—’n Geleentheid om meer te doen!
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Wees ywerig vir wat goed is!
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 3/90 bl. 7-8

’n Tyd vir groter bedrywigheid

1 Terwyl die einde van hierdie huidige goddelose stelsel al hoe nader kom en ons sien hoe Jehovah ons bediening ryklik seën, is dit noodsaaklik dat ons op die apostel Petrus se vermaning ag slaan om ‘die lendene van ons verstand te omgord vir bedrywigheid’.—1 Pet. 1:13, vgl. NW; Jes. 60:22.

2 Toe Petrus die bogenoemde vermaning gegee het, het hy geskryf aangaande die redding wat ons deur die vergote bloed van Jesus Christus kan verkry. Die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk is een belangrike manier waarop ons bewys van ons geloof kan lewer en waardering kan toon vir die voordele wat ons ontvang weens die liefde wat Jehovah deur die gawe van sy Seun getoon het (Joh. 3: 16). Die Gedenkmaalseisoen is ’n tyd om selfs bedrywiger te wees in hierdie werk waarvoor God ons georden het.

DIE GEDENKMAALVIERING EN SPESIALE TOESPRAAK

3 Die Gedenkmaalviering sal vanjaar op 10 April na sononder gehou word. Ons kan selfs nou, in afwagting van daardie spesiale dag, ons verhouding met Jehovah God en ons waardering vir Jesus se offer ondersoek. Openbaar ons elke dag ons geloof deur streng by Jehovah se regverdige standaarde te bly wat ons gedagtes, spraak en gedrag betref? Toon ons ons liefde vir ander deur ons in te span om die Koninkryk te verkondig en dissipels te maak? Tydens die Gedenkmaalviering elke jaar herdenk ons op ’n spesiale manier wat Jehovah God en Jesus vir ons gedoen het (Luk. 22:19; 1 Kor. 11: 23, 24). So ’n peinsende herdenking behoort ons aan te spoor om ooreenkomstig ons persoonlike vermoëns en omstandighede positiewe dade te verrig.

4 Op 25 Maart sal ’n spesiale toespraak oor die onderwerp “Streef die werklike lewe na!” in die meeste gemeentes van Jehovah se Getuies dwarsdeur die wereld gehou word. Wat ’n puik geleentheid sal dit tog vir nuwelinge wees om met die gemeente te begin omgaan! Diegene wat die spesiale toespraak bywoon, moet aangespoor word om die Gedenkmaalviering op 10 April by te woon.

GROTER VERSPREIDING VAN SPESIALE TYDSKRIFTE

5 Die Wagtoring en Ontwaak! speel ’n belangrike rol in ons openbare bediening en voorsien ons almal van geestelike voedsel en tydige leesstof. Alle Koninkryksverkondigers sal die spesiale moeite waardeer wat gedoen is om die tydskrifte van April en Mei voor te berei. Ons sal hierdie nommers gebruik wanneer ons intekeninge aanbied. Probeer om deeglik vertroud te raak met elke nommer sodra jy dit ontvang. Dit sal jou yweriger maak om die tydskrifte in die veld te versprei wanneer jy intekeninge en individuele nommers aanbied of wanneer jy twee tydskrifte saam met een van die brosjures by diegene laat wat nie ’n inte-kening aanvaar nie.

6 Kan jy in jou persoonlike rooster tyd inruim om gedurende April en Mei hulppionierdiens te doen? As etlike verkondigers in die gemeente reël om oor dieselfde tydperk aan die pionierdiens deel te neem, kan hulle mekaar help en aanmoedig gedurende hierdie spesiale tyd van groter bedrywigheid. As dit nodig is, sal die ouere manne met graagte ekstra reëlings vir groep-getuieniswerk tref.

7 Dink ernstig na oor jou omstandighede, soos jou gesinsverantwoordelikhede, fisiese gesondheid, sekulêre werk of skoolrooster. Dalk kan jy nie gedurende hierdie maande aan die hulppionierdiens deelneem nie. In watter mate kan jy dan jou deelname aan die veldbediening vergroot? Jehovah skep beslis behae in heelhartige diens wat ’n betuiging van ons liefde en waardering vir hom en vir die kosbare gawe van sy Seun, Jesus, is. Terwyl ons ons in die lig van God se Woord ondersoek en die lendene van ons verstand vir bedrywigheid omgord, kan ons vol vertroue wees dat Jehovah se gees ons krag sal gee om aanneemlike lofoffers te bring.—Hebr. 13:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel