Aankondigings
● Lektuuraanbod vir April en Mei: Wagtoring-intekening. Jaarintekening op halfmaandelikse nommers kos R12.00. Halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse nommers en jaarintekening op maandelikse nommers kos R6,00. As ’n intekening nie aanvaar word nie, kan twee tydskrifte en enige brosjure, behalwe die Skool-brosjure, teen ’n bydrae van Rl,95 aangebied word. Junie: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk teen ’n bydrae van R3,75. Julie en Augustus: Enige brosjure van 32 bladsye, behalwe die Skool-brosjure, teen ’n bydrae van 75c.
● Indien dit prakties is, moet ouere manne reëlings tref sodat gemeentes aan aandgetuieniswerk kan deelneem.
● Die inligting op bladsye 140-4 van die Redenering-boek kan nuttig wees wanneer ander uitgenooi word om die Gedenkmaal by te woon. Sien egter Die Wagtoring van 15 Februarie 1986, bladsye 19, 30, 31 vir die jongste informasie oor Johannes 6:53, 54.
● Die brosjure Moet jy aan die Drie-eenheid glo? sal vanaf die week wat met 18 Junie 1990 begin tot en met die week van 17 September tydens die Gemeentelike Boekstudie bespreek word. Vrae vir hierdie studie sal as ’n byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1990 gepubliseer word. Hierdie breedvoerige bespreking van die Drie-eenheid-brosjure sal vereis dat die boekstudiehouer en almal wat die studie bywoon deeglik voorberei. As ons elke week by die Gemeentelike Boekstudie teenwoordig is, sal dit help om ons toe te rus om hierdie brosjure met groter welslae in die velddiens te gebruik.
● 1990-STREEKBYEENKOMSTE: Die voorlopige reëlings vir vierdaagse streekbyeenkomste is soos volg:
15-18 November: St. Helena
6-9 Desember: Gaborone, Windhoek
13-16 Desember: Bloemfontein, Mafikeng, Manzini, Nkowankowa
20-23 Desember: Durban, Johannesburg, Kaapstad, Lebowa Kgomo, Maseru, Mdantsane
27-30 Desember: Insikazi (Witrivier), Newcastle, Port Elizabeth, Pretoria
3-6 Januarie 1991: Umtata
● Gemeentes mag nou bestellings plaas vir die herdrukte Watchtower-bundels vir 1975 tot 1977. Moet asseblief nie bundels vir enige jaar na 1977 bestel voordat Ons Koninkryksbediening aankondig dat dit beskikbaar is nie.
● Die Genootskap het nog voorraad in die verskillende tale van die by-eenkomsuitgawe van die boek Jongmense vra waarin daar ’n spesiale boodskap vir jongmense op bladsy 2 verskyn. Hierdie boeke sal eerste gebruik word om gemeentelike bestellings uit te voer en mag in die veld versprei word.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou—Russies
● Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Luister na die Groot Onderwyser(vyf kassette en ’n boek in ’n album; gemeente en publiek: R34.00; pioniers: R28.50)—Italiaans
● Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Geluk—Hoe om dit te vind—Afrikaans
Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou—Sepedi