Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 1 Januarie tot 23 April 1990. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Eerste Thessalonicense geniet die onderskeiding dat dit die eerste van Paulus se briewe is wat ’n deel van die Bybelkanon geword het. [si bl. 227 par. 1]
2. Hoewel die Mosaïese Wetsverbond die heidene van die Jode afgeskei het, is hulle deur middel van Christus verenig in die toegang tot God. [si bl. 220 par. 10]
3. Een van die voordele van Paulus se gevangenskap in Rome was dat die broers aangemoedig is om die woord van God onbevrees te spreek. [si bl. 223 par. 8]
4. Die gemeente in Kolosse het van die onverdiende goedheid van God gehoor omdat Paulus die goeie nuus onder hulle verkondig het. [si bl. 225 par. 6]
5. Die hedendaagse oorblyfsel van gesalfde Christene sal nie voor eertydse gesalfdes opgewek word nie. [si bl. 228 par. 10]
6. Sommige het Paulus se woorde in sy eerste brief aan die Thessalonicense verkeerd verstaan en het beweer dat die teenwoordigheid van die Heer ophande was. [si bl. 230 par. 3]
7. Lukas 3:1, 2 dui daarop dat Lukas ’n noukeurige navorser was en dat hy openbare verslae geraadpleeg het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 11/15 bl. 24.]
8. In Lukas 17:30 het Jesus ’n gesindheid geïllustreer; ewige oordele was nie daarby betrokke nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF88 6/1 bl. 31.]
9. Net Lukas meld dat Jesus by een geleentheid die oor van die hoëpriester se dienskneg wonderdadig genees het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 11/15 bl. 24.]
10. Jesus se verklaring in Johannes 9:41: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie”, beteken dat sommige mense sondeloos is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF88 8/1 bl. 31.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter verlossing het die Galasiërs geignoreer? [si bl. 217 par. 11]
12. Hoe het die Filippense die goeie nuus gehoor? [si bl. 222 par. 1, 2]
13. Wat het gevolg uit die aanvanklike sukses van Paulus se bediening in Thessalonika? [si bl. 227 par. 3, 4]
14. Wat word toegelig deur die illustrasie in Lukas 12:16-21? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 7/15 bl. 31.]
15. Watter betekenis het Jesus se woorde in Lukas 23:30 in sy geslag gehad? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien reAF bl. 112 par. 28.]
16. Waarom was daar so ’n reaksie op die feit dat Jesus met die Samaritaanse vrou gepraat het? (Joh. 4:27). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15.]
17. Watter twee groepe mense gee vandag ag op Jesus se stem, volg sy leiding en geniet sy tere sorg? (Joh. 10:27, 28). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15.]
18. Wanneer is 2 Thessalonicense geskryf? [si bl. 230 par. 4]
Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
19. In Galasiërs het Paulus aangevoer “dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar ․․․․․․․.” [si bl. 217 par. 9]
20. Vroue moet ․․․․․․․ wees aan hulle mans, net soos die gemeente ․․․․․․․ is aan die Christus. [si bl. 221 par. 14]
21. ’n Bybelboek wat die godgegewe superioriteit van Christus teenoor heidense filosofie, die aanbidding van engele en Joodse tradisies beklemtoon het, was ․․․․․․․ [si bl 225 par. 5]
22. Volgens 2 Thessalonicense(NW) sal die dag van Jehovah nie kom tensy ․․․․․․․ eers kom en ․․․․․․․ geopenbaar word nie. [si bl. 230 par. 6]
23. Die enigste Evangelieverslag wat die gelykenis van die barmhartige Samaritaan gee, is die verslag van ․․․․․․․ [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 11/15 bl. 24.]
24. Omdat hy kort was, het ․․․․․․․, ’n hoof van die tollenaars, in ’n boom geklim om Jesus te sien. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 11/15 bl. 24.]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
25. ‘Die dissipel vir wie Jesus liefgehad het’, was (Petrus; Johannes; Paulus) (Joh. 13:23). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15.]
26. Paulus het die gemeente in (Korinthe; Efese; Filippi) veral geprys vir hulle vrygewigheid. [si bl. 223 par. 11]
27. Terwyl Paulus in Korinthe was, het hy (Timotheüs; Titus; Barnabas) na die gemeente in Thessalonika gestuur om hulle geloof te versterk en hulle te bemoedig. [si bl. 228 par. 8]
28. Blykbaar was (Petrus; Mattheüs; Judas Iskariot) die enigste van die 12 apostels wat van Judea was (Luk. 6:12-16). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 9/1 bl. 8.]
29. Net (Markus; Lukas; Johannes) vertel ons van Jesus se voormenslike bestaan. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15.]
30. Die groot godin in Efese was (Venus; Artemis; Aphrodite), [si bl. 219 par. 5]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hier onder:
Luk. 5:1-6; Luk. 8:30-32; Luk. 16:9; Joh. 7:37; Kol. 2:8
31. So lank as ons leef, behoort ons ons geld só te gebruik dat ons vriende met Jehovah God en sy Seun, Jesus, sal maak. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF88 4/22 bl. 8.]
32. Jesus het hier gesinspeel op ’n gebruik wat later ’n deel geword het van die agtdaagse Huttefees. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15.]
33. Die demone weet dat God se uiteindelike straf vir hulle is dat hulle in ’n afgrond gewerp gaan word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF87 5/15 bl. 8.]
34. Die apostel Paulus het hier ’n waarskuwing gegee. [si bl. 225 par. 9]
35. Een van ses wonderwerke wat net in Lukas se Evangelie aangetref word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 11/15 bl. 24.]