Vraebus
● Hoe kan ons Christelike maniere aan die dag lê wanneer ons die Gemeentelike Boekstudie bywoon?
Ons word gewoonlik deur ons bure dopgehou, en hulle sal soms oor ons gedrag kommentaar lewer en selfs daarop reageer. (Vergelyk 1 Korinthiërs 4:9.) As Jehovah se knegte wil ons hê dat hulle kommentare oor en reaksies op ons gedrag gunstig moet wees (1 Pet. 2:12). Dit geld vir ons bedrywigheid by die Gemeentelike Boekstudie. Aangesien die meeste boekstudies in private huise gehou word, moet ons besondere aandag daaraan skenk dat ons goeie maniere aan die dag lê in alles wat ons doen. As daar min parkeerplek is, kan julle gerus reëlings tref om saam te ry sodat dit nie onnodige ergernis veroorsaak vir diegene in die buurt waar die boekstudie gehou word nie. Ons liefde vir ons naaste sal ons daarvan weerhou om onbedagsaam te wees deur ons motor só te parkeer dat dit vir hom ongerief of ergernis kan veroorsaak.
Ons is altyd bly wanneer ons vergader, en dit lei dikwels tot opgewekte geselsery voor en ná die vergadering (Miga 2:12). Goeie maniere en bedagsaamheid teenoor ander sal vereis dat ons nie te hard gesels nie (Matt. 7:12; Gal. 6:10). Christelike liefde sal ons ook aanspoor om ons kinders daarvan te weerhou om buite rond te hardloop en ander se eiendom te beskadig (Spr. 29:15; 1 Kor. 13:4, 5). Dit sal eerbiedige gedrag insluit in die huis waar die boekstudie gehou word. As enige ongepaste gedrag opgemerk word, moet die ouere manne nie versuim om liefdevolle en ferm raad te gee sodat daar nie probleme ontstaan wat kan lei tot klagtes van die bure, probleme vir die huisbewoner wat sy huis gasvry vir die studie beskikbaar gestel het of ongerief vir diegene wat ’n spesifieke boekstudieplek bywoon nie.