Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/91 bl. 3
  • Help ander tydens die velddiens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander tydens die velddiens
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WERK EENSGESIND
  • Wees ’n goeie helper by die deur
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Wees ’n opbouende velddiensmaat
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Help ander om vooruitgang te maak in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Velddiensvergaderinge wat hulle doel dien
    Ons Koninkryksbediening—2015
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 5/91 bl. 3

Help ander tydens die velddiens

1 Die Christengemeente was sedert sy begin ’n organisasie van evangeliedienaars. Jesus het sy dissipels persoonlik in die predikingswerk opgelei en “hulle twee-twee begin uitstuur” (Mark. 6:7; Luk. 8:1). Die apostel Paulus het melding gemaak van sy “medearbeiders” in die gemeente in Filippi wat ‘met hom saamgestry het in die evangelie’ (Filip. 4:3). Hoewel dit nie altyd nodig is om ’n maat in die bediening te hê nie, waardeer die meeste van ons dit as ander ons vergesel (Pred. 4:9). Hoe kan ons mekaar dus aanmoedig en help terwyl ons preek?

2 Een van die oogmerke van ons velddiensvergaderinge is om nuwe en minder ervare verkondigers te help (omAF bl. 77, 97). Selfs nuut aangestelde pioniers kan saam met meer ervare verkondigers of saam met ’n ouere man of ’n bedieningskneg werk. Wat ’n goeie geleentheid “vir ’n uitwisseling van aanmoediging”!—Rom. 1:12, NW.

3 Dit kan om veiligheidsredes raadsaam wees dat verkondigers in sekere gebiede saam met ander werk. Of dit kan soms nodig wees om afgesproke reëlings om saam met iemand te werk te wysig om die minder ervare verkondigers te help wat by die velddiensvergadering is. As ons gevra word om dit te doen, sal dit beslis liefdevol wees as ons die nodige aanpassings maak om ‘die swakkes te help’, selfs al werk ons gewoonlik saam met ’n sekere maat.—Hand. 20:35.

WERK EENSGESIND

4 Wanneer ons saam met ander velddiens doen, moet ons eensgesind as ’n span werk. (Vergelyk 1 Korinthiërs 3:6, 9.) Albei kan getuig en miskien beurte maak om gesprekke by die deure te begin. Goeie maniere sal vereis dat ons beleefd en aandagtig luister terwyl ons maat praat.

5 Hoewel dit soms gepas sal wees om ook aan die gesprek deel te neem as ons maat die leiding neem, verg dit goeie oordeel. Wanneer ons maat ’n redenasie gebruik wat goed ingang vind by die huisbewoner moet ons hom nie in die rede val nie. Maar as ’n minder ervare verkondiger dit moeilik begin vind om ’n beswaar die hoof te bied, sal hy ongetwyfeld hulp waardeer.—Pred. 4:12.

6 Ons kan die tyd tussen deure benut om maniere te bespreek waarop ons ons aanbieding kan verbeter. Miskien sal ’n inleiding in die Redenering-boek of ’n wenk in Ons Koninkryksbediening meer doeltreffend wees. As ons saam met iemand anders werk, gee dit ons ook die geleentheid om mekaar beter te leer ken en die bande van ons Christenbroederskap te versterk.

7 Ons bediening is inderdaad ’n uiters kosbare skat (2 Kor. 4:1, 7). Wanneer ons die geleentheid het om saam met ander velddiens te doen, kan ons ’n diepe waardering vir ons heilige werk in mekaar opbou. Ons sal mekaar terselfdertyd bemoedig en by mekaar leer. Gevolglik sal ons groter vreugde smaak, bekwamer wees wanneer ons ’n getuienis gee en ’n bevredigende gevoel van eenheid met ons broers en susters geniet.—Ps. 133:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel