Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/90 bl. 4
  • Bied die goeie nuus aan—As ’n gesin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die goeie nuus aan—As ’n gesin
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • OUERS NEEM DIE LEIDING
  • KINDERS SE VERANTWOORDELIKHEID
  • Dra die verantwoordelikheid van gesinsorg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Gesinsamewerking bring voordele mee
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Heg groot waarde aan heilige diensvoorregte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 7/90 bl. 4

Bied die goeie nuus aan—As ’n gesin

1 ’n Toegewyde gesin wat met groot ywer heilige diens lewer—met die vader, moeder en kinders wat God heelhartig dien—strek Jehovah se groot naam tot eer. Ons is bly dat daar baie sulke gesinne in gemeentes van Jehovah se volk in alle dele van die wêreld is.

2 Die vader het natuurlik die hoofverantwoordelikheid om na die geestelike behoeftes van sy gesin om te sien (1 Kor. 11:3). As sy vrou en kinders saamwerk, kan sy gesin ’n sterk invloed op ander uitoefen (Matt. 5:16). Wat is party gebiede waarop hierdie samewerking geopenbaar kan word?

OUERS NEEM DIE LEIDING

3 In baie gevalle is die vader dalk ’n ouere man of ’n bedieningskneg. Dit sal beteken dat hy nie alleen van sy tyd en aandag aan die belange van sy gesin moet wy nie, maar ook aan gemeentelike sake. Dit is die vader se verantwoordelikheid om toe te sien dat die beskikbare tyd so verdeel word dat sy gesin nie afgeskeep word nie. Dit is dalk nie altyd maklik nie, aangesien baie dinge sy beperkte tyd in beslag neem. Maar omdat sy gesin sy hoofverantwoordelikheid is, moet hy gereeld van sy kosbare tyd opsysit om saam met sy gesin te studeer, velddiens te doen, vergaderinge by te woon en gepaste ontspanning te geniet. Omstandighede en ander verantwoordelikhede kan veroorsaak dat die vader se rooster soms verander, maar hoe lonend is dit tog wanneer hy elke maand tyd saam met lede van die gesin in velddiens bestee!

4 Die vrou se samewerking is uiters belangrik. Sy kan haar man op ’n baie belangrike manier bystaan deur te help om die kinders in die bediening op te lei. Haar voorbeeldige ywer en toegewydheid sal die kinders grootliks beïnvloed sodat hulle waardering vir die bediening toeneem.—2 Tim. 3:14, 15.

5 Daar is talle puik voorbeelde waar een ouer die geestelike verantwoordelikheid gedra het en die kinders met welslae in die bediening opgelei het. Weens die uitstekende voorbeeld van hulle moeder of vader het baie jongmense ’n ferm standpunt vir die waarheid ingeneem en het hulle selfs die voltydse bediening betree.

KINDERS SE VERANTWOORDELIKHEID

6 Wat van die kinders se verantwoordelikheid? Selfs die volmaakte Seun van God, Jesus, was onderdanig aan die leiding en onderrig van sy ouers toe hy nog ’n jong kind was (Luk. 2:51). Wanneer vader en moeder reël dat die gesin tyd saam aan die bediening bestee, is die kinders dus verplig om hulle godvrugtige toegewydheid te toon deur met hulle ouers saam te werk.—Ef. 6:1-3.

7 As ’n gesin saam aanbid—studeer, aan die veldbediening deelneem en vergaderinge bywoon—versterk dit die bande van liefde en eenheid in die gesin. Ouers en kinders is gesamentlik verantwoordelik hiervoor.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel