Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/90 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 30 JULIE
Ons Koninkryksbediening—1990
km 7/90 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 JULIE

Lied 174

10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Hersien artikels wat hierdie Saterdag in tydskrifwerk gebruik kan word. Twee demonstrasies wat elk ’n gedagte uit een tydskrif beklemtoon.

15 min: “Ons almal moet studeer.” Vrae en antwoorde. Sluit af met gedagtes (1) van verkondigers wat die tyd uitkoop en ’n goeie studierooster het, en (2) aangaande die voordeel wat ons daaruit trek as ons die ouer publikasies lees wat in paragraaf 5 gemeld word.

10 min: “Verkondig die goeie nuus in ons ontoegekende gebied.” Toespraak deur diensopsiener. Meld die gemeente se reëlings en vra hulle heelhartige ondersteuning.

10 min: Gesprekspunte uit brosjures. Laat gehoor party gedagtes meld uit verskeie brosjures wat gemeente in voorraad het om in die diens te gebruik. Kan vooraf met ’n paar bekwame verkondigers reël.

Lied 20 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 JULIE

Lied 156

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Meld enige erkennings van bydraes. Prys gemeente vir hulle geldelike ondersteuning van wêreldwye Koninkrykswerk sowel as om na plaaslike behoeftes om te sien.

20 min: “Spoor Bybelstudente aan om vooruitgang te maak.” Vraag-en-antwoordbespreking. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, kan ’n goed voorbereide demonstrasie toon hoe ’n bekwame verkondiger sy student aanmoedig om vooruitgang te maak terwyl hulle paragraaf 3 op bladsy 14 van God se wil-brosjure bespreek.

15 min: Wanneer mag ’n Bybelstudent aan die openbare bediening deelneem? Toespraak deur ouere man gebaseer op Die Wagtoring van 1 Desember 1989, “Vrae van lesers”, bladsy 31. Beklemtoon dat nuwelinge, buiten ons eie kinders, nie genooi moet word om saam met ons aan velddiens deel te neem voordat twee ouere manne met hulle gepraat het en vasgestel het dat hulle aan die vereistes voldoen nie.

Lied 217 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 JULIE

Lied 220

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien glanspunte van rapport vir April. Prys gemeente vir wat hulle gedoen het. Moedig almal aan om hierdie naweek aan velddiens deel te neem.

20 min: “Jou bydrae om vergaderinge opbouend te maak.” Ouere man behartig bespreking deur middel van vrae en antwoorde. Beklemtoon wat plaaslik aandag nodig het. Prys die broers waar dit gepas is.

15 min: Oorweeg die moontlikheid om ’n pionier te word. Besielende toespraak met onderhoude. In Suid-Afrika het ons nou byna 3700 gewone pioniers uit alle lewensterreine en met verskillende omstandighede. Wat het hulle beweeg om pioniers te word? Liefde vir Jehovah en hulle naaste (Matt. 22:37-39); innige besorgdheid oor mense en ’n begeerte om meer mense te help sodat hulle gered kan word (1 Tim. 2:4); ’n selfopofferende gees ten bate van Koninkryksbelange (1 Kor. 9:23, NW). Begeerte moet aangekweek word. Doen jy dit? Stappe wat jy moet doen as jy ’n pionier wil wees: (1) Bid tot Jehovah daaroor (Matt. 7:7, 8; Filip. 4:6); (2) bespreek dit met pioniers en ouere manne (Spr. 15:22); (3) stel ’n voorlopige rooster op, en oorweeg hoe dit ander Christelike verantwoordelikhede sal beïnvloed (Luk. 14:28); (4) stel ’n begindatum vas, en moenie vir ideale omstandighede wag nie (Pred. 11:4). September is ’n goeie tyd om te begin; kan die volgende jaar vir Pionierdiensskool in aanmerking kom. Voer onderhoud met een of twee pioniers oor hoe hulle struikelblokke te bowe gekom het om die pionierdiens te betree. Wees positief.

Lied 128 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 JULIE

Lied 39

15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Beklemtoon hoofgedagtes in “Bly wakker en bewaar julle sinne”.

15 min: “Bied die goeie nuus aan—as ’n gesin.” Vraag-en-antwoorddekking van materiaal. Vra slegs een of twee vrae per paragraaf sodat paragrawe gelees kan word.

15 min: Plaaslike behoeftes. Of toespraak gebaseer op artikel “Sal jy baat vind by onverdiende goedheid?” in Die Wagtoring van 15 Februarie 1990, bladsye 21-3.

Lied 8 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 30 JULIE

Lied 10

10 min: Plaaslike aankondigings. Demonstreer twee aanbiedings, elk moet die aandag vestig op ’n gedagte uit een tydskrif wat Saterdag in tydskrifwerk gebruik kan word.

15 min: “Toon vertroue in Jehovah deur as pionier te dien.” Ouere man en bedieningskneg bespreek artikel in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1990. Sluit praktiese wenke in wat plaaslike gemeente nuttig sal vind.

15 min: “Stiptheid en jy.” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Junie 1990, bladsye 26-9. Spoor ook al die ouere manne en bedieningsknegte aan om 15 tot 20 minute voor die vergaderinge te kom sodat hulle die gemeente van diens kan wees.

5 min: Ondervindinge waar Bybelstudies met brosjures begin is. (Indien daar geen plaaslike ondervindinge is nie, kan ondervindinge oor die verspreiding van brosjures gebruik word.)

Lied 169 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel