Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of op albei, teen ’n bydrae van R12,00 elk. November: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk en Moet jy aan die Drie-eenheid glo? of “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van R4,50. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures en Should You Believe in the Trinity? of “Look! I Am Making All Things New” teen ’n bydrae van R10,75.) Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R7,50. Januarie en Februarie: “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe? en Onsigbare geeste—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? teen ’n bydrae van R2,40. Gemeentes kan die boeke vir spesiale aanbod van die Genootskap bestel en kan krediet vir die ‘Nasies’-boek aanvra wat deur verkondigers en pioniers verkry is. Slegs gedurende hierdie kampanje sal die prys 60c vir gewone en spesiale pioniers wees. Die prys vir gemeentelike verkondigers en hulppioniers is R1,00. (Engels: Happiness—How to Find It teen ’n bydrae van R2,50.)
● Broers wat van plan is om Malawi vir sake of vakansie te besoek word afgeraai om met die plaaslike broers in aanraking te kom of om name en adresse van die broers by die Genootskap te probeer kry. Onlangs is party van ons Malawiese broers aan onnodige gevare blootgestel weens die onverstandige optrede van sommige broers wat daar besoek afgelê het.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
Insight on the Scriptures, Deel 1 (gemeente en publiek: R18,25; pioniers: R15,50)—Duits
My boek met Bybelverhale—Arabies
Verenig in die aanbidding van die enigste ware God—Pools
Watch Tower Publications Index 1987—Portugees
Watch Tower Publications Index 1988—Portugees
Bybelonderwerpe vir bespreking—Chichewa