Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/90 bl. 5-7
  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1991

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1991
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • INSTRUKSIES
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1990
km 10/90 bl. 5-7

Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1991

INSTRUKSIES

Gedurende 1991 Moet Die Teokratiese Bedieningskool Soos Volg Gehou Word:

LEERBOEKE: Die Bybel, die New World Translation of the Holy Scriptures [bi12], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, 1990-uitgawe [siAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF], Redenering uit die Skrif [rsAF] en Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk [ypAF] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool word met lied, gebed en verwelkoming geopen en verloop daarna soos volg:

TOEWYSING Nr. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouere man of ’n bekwame bedieningskneg behartig word. Dit sal gebaseer word op “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, 1990-uitgawe. Hierdie toewysing moet ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word. Die gedrukte vrae moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie wees om net inligting te dek nie, maar om die aandag te vestig op die praktiese waarde van die betrokke inligting, en die gedagtes wat vir die gemeente die nuttigste sal wees, moet beklemtoon word. Indien nodig, moet ’n tema gekies word. Almal word aangemoedig om sorgvuldig voor te berei om ten volle by hierdie materiaal baat te vind.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet noukeurig by die bepaalde tyd hou. Privaat raad kan gegee word, indien nodig.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur die skoolopsiener of ’n ander bekwame ouere man of ’n bedieningskneg wat deur die skoolopsiener aangewys word. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Nadat ’n kort geheelbeeld van die toegewese hoofstukke gegee is, moet die gehoor gehelp word om in te sien waarom en hoe die inligting vir ons van nut is. Gaan nommers van Die Wagtoring na vir bykomende glanspunte. Die skoolopsiener sal die studente daarna versoek om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit geld in die hoofskool én in die ander groepe. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot, en selfs tussenin, kort kommentare kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet gelees word.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak word aan susters toegewys. Dit sal gebaseer word op Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe. Die student moet kan lees. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar bykomende assistente kan gebruik word. Agtergronde moet verkieslik velddiens of informele getuienis insluit. Die suster wat die toespraak hou, kan die bespreking inlei sodat die agtergrond duidelik is, of haar assistent(e) kan dit doen. Die klem moet op die materiaal val, nie op die agtergrond nie. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit moet aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Die onderwerpe vir hierdie toespraak sal beurtelings uit die Redenering- en Jongmense vra-boek geneem word. Toesprake uit die Jongmense vra-boek sal hoofsaaklik aan jong of nuwe studente toegewys word. Die student moet kan lees. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit ’n toespraak aan die hele gehoor wees. Dit sal gewoonlik die beste wees as die broer sy toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte voorberei, sodat dit werklik leersaam en nuttig is vir diegene wat dit hoor. As die materiaal egter besonder geskik is vir ’n ander praktiese en gepaste agtergrond, staan dit die broer vry om sy toespraak dienooreenkomstig te ontwikkel. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.

Wanneer die materiaal aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as Toespraak nr. 3 gehou word.

RAAD EN KOMMENTAAR: Na elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom egter toespits op die spraakhoedanighede waarop die student kan verbeter. As die student ’n “G” verdien en daar geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand daarvan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysingstrokie (S-89) aandui. Studente wat toesprake gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd bespaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar tyd is nadat raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat die studente nie gedek het nie. Die skoolopsiener moenie meer as twee minute vir raad en kommentare na elke studentetoespraak gebruik nie. As die aanbieding van die glanspunte uit die Skrifgedeelte nie na wense is nie, kan privaat raad gegee word.

VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Broers aan wie die eerste toespraak toegewys word, moet ’n tema kies indien dit nodig is. Studente aan wie die tweede toespraak toegewys word, moet ’n tema kies wat die beste dekking van die materiaal tot gevolg sal hê. Studente aan wie die derde en vierde toespraak toegewys word, moet die gegewe tema gebruik. Voordat hulle die toespraak hou, moet studente die materiaal in die Skoolhandleiding deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hulle aandag moet skenk.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie. Dit geld ook vir die raad en kommentaar van die skoolopsiener. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die “stopsein” te gee, moet dit dadelik doen wanneer die tyd verstreke is. As die broer wat Toewysing nr. 1 behartig die tydgrens oorskry, moet hy privaat raad kry. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die program is altesaam 45 minute lank, lied en gebed uitgesluit.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Gaan die vrae in Ons Koninkryksbediening se nommers van April, Augustus en Desember na, maar moenie op die vraestel skryf voor die hersiening gehou word nie. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal gewy word aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde. Elke student sien sy eie vraestel na. Die skoolopsiener sal die antwoorde aflees en veral aandag gee aan die moeiliker vrae en almal help om die antwoorde goed te verstaan. Indien die plaaslike omstandighede dit om die een of ander rede vereis, kan die skriftelike hersiening ’n week later gehou word as wat die rooster aandui.

GROOT EN KLEIN GEMEENTES: Gemeentes met ’n skoolinskrywing van 50 of meer studente kan reël dat bykomende groepe studente die toesprake voor ander raadgewers hou. Ongedoopte persone wie se lewe aan Christelike beginsels voldoen, kan natuurlik ook by die skool inskryf en toewysings ontvang.

AFWESIGHEID: Die hele gemeente kan waardering vir hierdie skool toon deur sover moontlik elke weeklikse sessie by te woon, hulle toewysings goed voor te berei en te antwoord wanneer vrae gestel word. Ons hoop dat al die studente hulle toewysings pligsgetrou sal uitvoer. Indien ’n studentespreker nie opdaag nie, kan ’n vrywilliger die toespraak hou en net soveel van die materiaal toepas as waarvoor hy hom op sulke kort kennisgewing bevoeg voel. So nie kan die skoolopsiener die materiaal met gepaste gehoordeelname dek.

ROOSTER

7 Jan. Skrifgedeelte: Kolossense 1 tot 4

Lied 173

Nr. 1: Inleiding tot Openbaring (siAF bl. 263-4 par. 1-6)

Nr. 2: Kolossense 3:12-25

Nr. 3: Moet jy Paasfees of feesdae wat manne vereer, vier? (peAF hfst. 25 par. 16, 17)

Nr. 4: Wat wou Jesus hê moes die Here se Aandmaal wees? (rsAF bl. 296 par. 1-4)

14 Jan. Skrifgedeelte: 1 Thessalonicense 1 tot 5

Lied 212

Nr. 1: Openbaring 1:1 tot 3:22 (siAF bl. 265 par. 7-10)

Nr. 2: 1 Thessalonicense 4:1-12

Nr. 3: Waarom vereer Christene nie voorwerpe nie? (peAF hfst. 25 par. 18, 19)

Nr. 4: Wat dit beteken om ‘jou ouers te eer’ (ypAF hfst. 1)

21 Jan. Skrifgedeelte: 2 Thessalonicense 1 tot 3

Lied 132

Nr. 1: Openbaring 4:1 tot 7:17 (siAF bl. 265-6 par. 11-14)

Nr. 2: 2 Thessalonicense 3:1-12

Nr. 3: Watter gedrag toon dat ’n mens Satan se wêreld verkies? (peAF hfst. 25 par. 20, 21)

Nr. 4: Hoe dikwels moet die Here se Aandmaal gehou word? (rsAF bl. 297 par. 1-3)

28 Jan. Skrifgedeelte: 1 Timotheüs 1 tot 3

Lied 188

Nr. 1: Openbaring 8:1 tot 12:17 (siAF bl. 266 par. 15-19)

Nr. 2: 1 Timotheüs 3:1-13

Nr. 3: Waarom nie ’n bloedoortapping neem nie? (peAF hfst. 25 par. 22, 23)

Nr. 4: Hoe jongmense en ouers mekaar kan verstaan (ypAF hfst. 2 bl. 18-19, 22-5)

4 Febr. Skrifgedeelte: 1 Timotheüs 4 tot 6

Lied 39

Nr. 1: Openbaring 12:18 tot 16:21 (siAF bl. 266-7 par. 20-22)

Nr. 2: 1 Timotheüs 6:1-12

Nr. 3: Waarom het ons ’n stryd om te doen wat reg is? (peAF hfst. 26 par. 1-3)

Nr. 4: Weens watter twee hoofoogmerke het Jesus die Gedenkmaal ingestel? (rsAF bl. 140 par. 1, 2)

11 Febr. Skrifgedeelte: 2 Timotheüs 1 tot 4

Lied 162

Nr. 1: Openbaring 17:1 tot 20:10 (siAF bl. 267 par. 23, 24)

Nr. 2: 2 Timotheüs 2:14-26

Nr. 3: Wat is nodig om te doen wat reg is? (peAF hfst. 26 par. 4, 5)

Nr. 4: Waarom jongmense hulle ouers in hul vertroue moet neem (ypAF hfst. 2 bl. 20-1)

18 Febr. Skrifgedeelte: Titus 1 tot 3 en Filemon

Lied 119

Nr. 1: Openbaring 20:11 tot 22:21 (siAF bl. 267-8 par. 25-27)

Nr. 2: Titus 2:1-15

Nr. 3: Waarom is ’n intieme verhouding met God so belangrik? (peAF hfst. 26 par. 6-8)

Nr. 4: Wat is die betekenis van die Gedenkmaalembleme? (rsAF bl. 141 par. 2, 3)

25 Febr. Skrifgedeelte: Hebreërs 1 tot 3

Lied 105

Nr. 1: ’n Besoek aan die Beloofde Land—Deel 1 (siAF bl. 270-1 par. 1-7)

Nr. 2: Hebreërs 2:1-13

Nr. 3: Leer uit ander se foute! (peAF hfst. 26 par. 9-12)

Nr. 4: Waarom ouers hulle kinders se vryheid beperk (ypAF hfst. 3 bl. 26-33)

4 Mrt. Skrifgedeelte: Hebreërs 4 tot 7

Lied 123

Nr. 1: ’n Besoek aan die Beloofde Land—Deel 2 (siAF bl. 271, 274 par. 8-15)

Nr. 2: Hebreërs 5:1-14

Nr. 3: Watter veranderinge kan met God se hulp aangebring word? (peAF hfst. 26 par. 13, 14)

Nr. 4: Slegs wie kan gepas die Here se Aandmaal gebruik? (rsAF bl. 142 par. 2, 3)

11 Mrt. Skrifgedeelte: Hebreërs 8 tot 10

Lied 144

Nr. 1: ’n Besoek aan die Beloofde Land—Deel 3 (siAF bl. 275-6 par. 16-24)

Nr. 2: Hebreërs 10:19-31

Nr. 3: Hoe ons kan seëvier in die stryd om veranderinge aan te bring (peAF hfst. 26 par. 15, 16)

Nr. 4: Hoe om met ’n mens se broers en susters oor die weg te kom (ypAF hfst. 6)

18 Mrt. Skrifgedeelte: Hebreërs 11 tot 13

Lied 206

Nr. 1: ’n Besoek aan die Beloofde Land—Deel 4 (siAF bl. 276-8 par. 25-32)

Nr. 2: Hebreërs 13:7-19

Nr. 3: Hoe kan hoop ons help om te seëvier? (peAF hfst. 26 par. 17-19)

Nr. 4: Wanneer moet die Gedenkmaal gevier word? (rsAF bl. 143 par. 2, 3)

25 Mrt. Skrifgedeelte: Jakobus 1 tot 5

Lied 88

Nr. 1: Tyd en die Heilige Skrif—Deel 1 (siAF bl. 278-9 par. 1-8)

Nr. 2: Jakobus 4:1-12

Nr. 3: Waarom is gebed belangrik? (peAF hfst. 27 par. 1, 2)

Nr. 4: Waarom dit nie die oplossing is om die huis te verlaat nie (ypAF hfst. 7)

1 Apr. Skrifgedeelte: 1 Petrus 1 tot 5

Lied 18

Nr. 1: Tyd en die Heilige Skrif—Deel 2 (siAF bl. 279-80 par. 9-17)

Nr. 2: 1 Petrus 3:1-12

Nr. 3: Hoe kan ons ’n goeie verhouding met God bewaar? (peAF hfst. 27 par. 3-5)

Nr. 4: Watter gesindheid moet Christene teenoor sekulêre owerhede hê? (rsAF bl. 298 par. 1-3)

8 Apr. Skrifgedeelte: 2 Petrus 1 tot 3

Lied 177

Nr. 1: Tyd en die Heilige Skrif—Deel 3 (siAF bl. 280-2 par. 18-26)

Nr. 2: 2 Petrus 1:1-11

Nr. 3: Wat het ons nodig sodat ons gebede verhoor sal word? (peAF hfst. 27 par. 6, 7)

Nr. 4: Hoe om ware vriende te maak (ypAF hfst. 8 bl. 65-7, 70-2)

15 Apr. Skrifgedeelte: 1 Johannes 1 tot 5

Lied 50

Nr. 1: Tyd en die Heilige Skrif—Deel 4 (siAF bl. 282-4 par. 27-33)

Nr. 2: 1 Johannes 4:7-19

Nr. 3: Voldoen aan God se vereistes vir gebed (peAF hfst. 27 par. 8, 9)

Nr. 4: Hoe beskou Christene vleeslike oorlogvoering? (rsAF bl. 299 par. 1-4)

22 Apr. Skrifgedeelte: 2 Johannes, 3 Johannes, Judas

Lied 22

Nr. 1: Die plasing van gebeurtenisse in die tydstroom—Deel 1 (siAF bl. 284-5 par. 1-7)

Nr. 2: Judas 3-15

Nr. 3: Die basiese vereiste vir ons gebede om verhoor te word (peAF hfst. 27 par. 10, 11)

Nr. 4: Hoe om ’n vriend te help wat ernstige probleme het (ypAF hfst. 8 bl. 68-9)

29 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Kolossense 1 tot Judas

Lied 59

6 Mei Skrifgedeelte: Openbaring 1 tot 3

Lied 161

Nr. 1: Die plasing van gebeurtenisse in die tydstroom—Deel 2 (siAF bl. 285-7 par. 8-15)

Nr. 2: Openbaring 2:1-11

Nr. 3: Waaroor kan ons bid? (peAF hfst. 27 par. 12, 13)

Nr. 4: Israel se oorloë nie ’n voorbeeld vir Christene nie (rsAF bl. 300 par. 1, 2)

13 Mei Skrifgedeelte: Openbaring 4 tot 6

Lied 97

Nr. 1: Die plasing van gebeurtenisse in die tydstroom—Deel 3 (siAF bl. 287, 291-2 par. 16-23)

Nr. 2: Openbaring 6:1-11

Nr. 3: Waarom vir ander bid? (peAF hfst. 27 par. 14-16)

Nr. 4: Waarom jongmense op portuurdwang reageer (ypAF hfst. 9 bl. 73-6)

20 Mei Skrifgedeelte: Openbaring 7 tot 9

Lied 127

Nr. 1: Die plasing van gebeurtenisse in die tydstroom—Deel 4 (siAF bl. 292-3 par. 24-30)

Nr. 2: Openbaring 7:1-4, 9-17

Nr. 3: Wat kenmerk Christus se ware dissipels? (peAF hfst. 28 par. 1-3)

Nr. 4: Betrokkenheid by die politiek nie vir Christene nie (rsAF bl. 301 par. 3-5)

27 Mei Skrifgedeelte: Openbaring 10 tot 12

Lied 26

Nr. 1: Die Bybel en sy kanon—Deel 1 (siAF bl. 299 par. 1-6)

Nr. 2: Openbaring 12:5-17

Nr. 3: Aan wie moet ons liefde betoon? (peAF hfst. 28 par. 4, 5)

Nr. 4: Hoe om portuurdwang die hoof te bied (ypAF hfst. 9 bl. 77-80)

3 Jun. Skrifgedeelte: Openbaring 13 tot 15

Lied 6

Nr. 1: Die Bybel en sy kanon—Deel 2 (siAF bl. 300-302 par. 7-16)

Nr. 2: Openbaring 14:1-13

Nr. 3: Waarom kan probleme onder Christene ontstaan? (peAF hfst. 28 par. 6, 7)

Nr. 4: Die Bybel se beskouing van volksliedere en vlagseremonies (rsAF bl. 302 par. 3-5)

10 Jun. Skrifgedeelte: Openbaring 16 tot 18

Lied 145

Nr. 1: Die Bybel en sy kanon—Deel 3 (siAF bl. 302-5 par. 17-26)

Nr. 2: Openbaring 18:1-10, 20, 21

Nr. 3: Watter probleme het selfs die apostels soms ondervind? (peAF hfst. 28 par. 8, 9)

Nr. 4: Hoe belangrik is die uiterlike? (ypAF hfst. 10)

17 Jun. Skrifgedeelte: Openbaring 19 tot 22

Lied 184

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 1 (siAF bl. 305-7 par. 1-9)

Nr. 2: Openbaring 21:1-14

Nr. 3: Hoe het die apostels hulle probleme opgelos? (peAF hfst. 28 par. 10, 11)

Nr. 4: Christelike naasteliefde met neutraliteit versoenbaar (rsAF bl. 304 par. 1)

24 Jun. Skrifgedeelte: Genesis 1 tot 3

Lied 56

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 2 (siAF bl. 307, 310 par. 10-16)

Nr. 2: Genesis 3:6-19

Nr. 3: Volg God se voorbeeld deur vergewensgesind te wees (peAF hfst. 28 par. 12, 13)

Nr. 4: Op grond waarvan kies ’n Christen klere? (ypAF hfst. 11 bl. 90 tot bl. 94 par. 2)

1 Jul. Skrifgedeelte: Genesis 4 tot 6

Lied 62

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 3 (siAF bl. 310-12 par. 17-25)

Nr. 2: Genesis 6:1-12

Nr. 3: Waarom moet ons barmhartig wees? (peAF hfst. 28 par. 14, 15)

Nr. 4: Jehovah se naam gepas in die Christelike Griekse Skrifte (rsAF bl. 306 par. 2-4)

8 Jul. Skrifgedeelte: Genesis 7 tot 9

Lied 200

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 4 (siAF bl. 312-14 par. 26-31)

Nr. 2: Genesis 9:1-11

Nr. 3: Hoe moet ons probleme oplos? (peAF hfst. 28 par. 16, 17)

Nr. 4: Die voordele van ‘beskeie en behoorlike’ kleredrag (ypAF hfst. 11 bl. 94 par. 3 tot bl. 96)

15 Jul. Skrifgedeelte: Genesis 10 tot 12

Lied 66

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 1 (siAF bl. 315-16 par. 1-7)

Nr. 2: Genesis 11:31–12: 13

Nr. 3: Watter voorbeeld van God moet ons volg? (peAF hfst. 28 par. 18, 19)

Nr. 4: Hoe om kritici van die New World Translation te antwoord (rsAF bl. 307 par. 2 tot bl. 308 par. 1)

22 Jul. Skrifgedeelte: Genesis 13 tot 15

Lied 106

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 2 (siAF bl. 316-17 par. 8-16)

Nr. 2: Genesis 13:5-18

Nr. 3: Waarom God nie die skuld vir gesinsverbrokkeling kan kry nie (peAF hfst. 29 par. 1-3)

Nr. 4: Hoe ’n mens jou eiewaarde kan opbou (ypAF hfst. 12 bl. 98 tot bl. 101 par. 2)

29 Jul. Skrifgedeelte: Genesis 16 tot 19

Lied 117

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 3 (siAF bl. 317-19 par. 17-25)

Nr. 2: Genesis 17:1-14

Nr. 3: Wat moet ons erken om ’n suksesvolle huwelik te hê? (peAF hfst. 29 par. 4, 5)

Nr. 4: Wat toon dat God ’n hemelse organisasie het? (rsAF bl. 327 par. 3, 4)

5 Aug. Skrifgedeelte: Genesis 20 tot 23

Lied 64

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 4 (siAF bl. 319-20 par. 26-32)

Nr. 2: Genesis 22:9-19

Nr. 3: Wie is as hoof van die gesin aangestel, en waarom? (peAF hfst. 29 par. 6, 7)

Nr. 4: Pasop vir valse selfvertroue (ypAF hfst. 12 bl. 101 par. 3 tot bl. 103)

12 Aug. Skrifgedeelte: Genesis 24 en 25

Lied 205

Nr. 1: Die Bybel in die nuwe tyd—Deel 1 (siAF bl. 320-1 par. 1-8)

Nr. 2: Genesis 25:19-34

Nr. 3: Op watter maniere het Christus vir mans ’n voorbeeld gestel? (peAF hfst. 29 par. 8, 9)

Nr. 4: Hoe het God in die verlede met sy knegte gekommunikeer? (rsAF bl. 328 par. 1, 2)

19 Aug. Skrifgedeelte: Genesis 26 tot 28

Lied 213

Nr. 1: Die Bybel in die nuwe tyd—Deel 2 (siAF bl. 321, 323-4 par. 9-16)

Nr. 2: Genesis 28:10-22

Nr. 3: Wat is die vrou se skriftuurlike rol? (peAF hfst. 29 par. 10, 11)

Nr. 4: Wat veroorsaak depressie? (ypAF hfst. 13 bl. 104 tot bl. 106 par. 2)

26 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Openbaring 1 tot Genesis 28

Lied 114

2 Sept. Skrifgedeelte: Genesis 29 tot 31

Lied 82

Nr. 1: Die Bybel in die nuwe tyd—Deel 3 (siAF bl. 324-5 par. 17-26)

Nr. 2: Genesis 29:9-29

Nr. 3: Hoe kan ’n vrou vir haar gesin tot voordeel wees? (peAF hfst. 29 par. 12, 13)

Nr. 4: Die Bybel toon dat God se volk georganiseerd sal wees (rsAF bl. 329 par. 1-4)

9 Sept. Skrifgedeelte: Genesis 32 tot 35

Lied 183

Nr. 1: Die Bybel in die nuwe tyd—Deel 4 (siAF bl. 325-7 par. 27-35)

Nr. 2: Genesis 34:1-7, 25-31

Nr. 3: Watter plek moet kinders in die gesin beklee? (peAF hfst. 29 par. 14, 15)

Nr. 4: Hoe om depressie te herken en te bowe te kom (ypAF hfst. 13 bl. 106 par. 3 tot bl. 111 par. 2)

16 Sept. Skrifgedeelte: Genesis 36 tot 38

Lied 115

Nr. 1: Voordele van die New World Translation—Deel 1 (siAF bl. 327-8 par. 1-6)

Nr. 2: Genesis 37:5-11, 25-28

Nr. 3: Watter bevele moet mans en vrouens gehoorsaam? (peAF hfst. 29 par. 16, 17)

Nr. 4: Wat toon dat God se volk verenig is? (rsAF bl. 329 par. 5 tot bl. 330 par. 2)

23 Sept. Skrifgedeelte: Genesis 39 tot 41

Lied 38

Nr. 1: Voordele van die New World Translation—Deel 2 (siAF bl. 328-9 par. 7-10)

Nr. 2: Genesis 39:7-10, 17-23

Nr. 3: Waarom moet huweliksmaats getrou aan mekaar wees? (peAF hfst. 29 par. 18, 19)

Nr. 4: Hoe om teen depressie te stry (ypAF hfst. 13 bl. 111 par. 3 tot bl. 114)

30 Sept. Skrifgedeelte: Genesis 42 tot 44

Lied 164

Nr. 1: Voordele van die New World Translation—Deel 3 (siAF bl. 329-30 par. 11-18)

Nr. 2: Genesis 44:18-34

Nr. 3: Watter tweevoudige verpligting het ouers? (peAF hfst. 29 par. 20, 21)

Nr. 4: Wat is drie maniere om God se organisasie te identifiseer? (rsAF bl. 330 par. 3-5)

7 Okt. Skrifgedeelte: Genesis 45 tot 47

Lied 221

Nr. 1: Voordele van die New World Translation—Deel 4 (siAF bl. 331 par. 19-23)

Nr. 2: Genesis 45:1-13

Nr. 3: Watter bevel moet kinders gehoorsaam? (peAF hfst. 29 par. 22)

Nr. 4: Hoe om alleen te wees, maar nie eensaam nie (ypAF hfst. 14 bl. 115-17)

14 Okt. Skrifgedeelte: Genesis 48 tot 50

Lied 180

Nr. 1: Argeologie en die geïnspireerde verslag—Deel 1 (siAF bl. 332 par. 1-5)

Nr. 2: Genesis 49:1-12

Nr. 3: Waarom moet ’n gesin die Bybel saam bestudeer? (peAF hfst. 29 par. 23)

Nr. 4: Nog vier maniere om God se organisasie te identifiseer (rsAF bl. 330 par. 6 tot bl. 331 par. 1)

21 Okt. Skrifgedeelte: Exodus 1 tot 4

Lied 68

Nr. 1: Argeologie en die geïnspireerde verslag—Deel 2 (siAF bl. 333-5 par. 6-11)

Nr. 2: Exodus 3:6-10, 13-17

Nr. 3: Hoe moet huweliksmaats mekaar se tekortkominge beskou? (peAF hfst. 29 par. 24, 25)

Nr. 4: Die oplossing vir eensaamheid (ypAF hfst. 14 bl. 118-20)

28 Okt. Skrifgedeelte: Exodus 5 tot 8

Lied 86

Nr. 1: Argeologie en die geïnspireerde verslag—Deel 3 (siAF bl. 335-6 par. 12-15)

Nr. 2: Exodus 5:24–6:12

Nr. 3: Die inagneming van watter Bybelraad sal huweliksmaats help om hulle probleme op te los? (peAF hfst. 29 par. 26, 27)

Nr. 4: Watter tekste dui op ’n aardse Paradys? (rsAF bl. 331 par. 7 tot bl. 332 par. 2)

4 Nov. Skrifgedeelte: Exodus 9 tot 12

Lied 159

Nr. 1: Argeologie en die geïnspireerde verslag—Deel 4 (siAF bl. 336-7 par. 16-22)

Nr. 2: Exodus 12:1-13

Nr. 3: Wat is die Bybel se standpunt oor egskeiding? (peAF hfst. 29 par. 28, 29)

Nr. 4: Hoe om skaamheid te verstaan (ypAF hfst. 15 bl. 121-2)

11 Nov. Skrifgedeelte: Exodus 13 tot 16

Lied 171

Nr. 1: Die Bybel eg en waar—Deel 1 (siAF bl. 337-8 par. 1-8)

Nr. 2: Exodus 14:19-31

Nr. 3: Hoe kan ouers met hulle kinders redeneer? (peAF hfst. 29 par. 30-33)

Nr. 4: Paradys (Lukas 23: 43) nie ’n deel van Hades nie (rsAF bl. 333 par. 1-3)

18 Nov. Skrifgedeelte: Exodus 17 tot 20

Lied 139

Nr. 1: Die Bybel eg en waar—Deel 2 (siAF bl. 339 par. 9-13)

Nr. 2: Exodus 20:1-17

Nr. 3: Watter basiese stappe moet ’n mens doen om op die weg van die lewe te kom? (peAF hfst. 30 par. 1-3)

Nr. 4: Hoe om skaamheid te bowe te kom (ypAF hfst. 15 bl. 123-6)

25 Nov. Skrifgedeelte: Exodus 21 tot 24

Lied 95

Nr. 1: Die Bybel eg en waar—Deel 3 (siAF bl. 340 par. 14, 15)

Nr. 2: Exodus 24:1-11

Nr. 3: Wat sal ons beweeg word om te doen as ons God se goedheid waardeer? (peAF hfst. 30 par. 4, 5)

Nr. 4: Waarom kon die kwaaddoener in Lukas 23: 43 nie hemel toe gegaan het nie? (rsAF bl. 333 par. 4 tot bl. 334 par. 1)

2 Des. Skrifgedeelte: Exodus 25 tot 28

Lied 13

Nr. 1: Die Bybel eg en waar—Deel 4 (siAF bl. 340-1 par. 16-20)

Nr. 2: Exodus 25:1-16

Nr. 3: Toewyding vereis dat ’n persoon watter stappe doen en in navolging van wie? (peAF hfst. 30 par. 6-8)

Nr. 4: Hoe om jou smart te verwerk (ypAF hfst. 16)

9 Des. Skrifgedeelte: Exodus 29 tot 32

Lied 143

Nr. 1: Die Bybel eg en waar—Deel 5 (siAF bl. 341-2 par. 21-25)

Nr. 2: Exodus 32:19, 20, 25-35

Nr. 3: Toewyding verplig ’n mens om aan watter werk deel te neem? (peAF hfst. 30 par. 9, 10)

Nr. 4: Hoe weet ons dat Jesus in Lukas 23: 43 na ’n aardse Paradys verwys het? (rsAF bl. 334 par. 2, 3)

16 Des. Skrifgedeelte: Exodus 33 tot 36

Lied 144

Nr. 1: Die geïnspireerde Skrif bring ewige voordele—Deel 1 (siAF bl. 349-50 par. 1-7)

Nr. 2: Exodus 34:1-10, 12-14

Nr. 3: Wat is nodig om die goeie nuus te verkondig? (peAF hfst. 30 par. 11, 12)

Nr. 4: Die Christelike beskouing van skool (ypAF hfst. 17)

23 Des. Skrifgedeelte: Exodus 37 tot 40

Lied 202

Nr. 1: Die geïnspireerde Skrif bring ewige voordele—Deel 2 (siAF bl. 350-2 par. 8-16)

Nr. 2: Exodus 39:32-43

Nr. 3: Hoe toon ’n persoon dat hy die ewige lewe gekies het? (peAF hfst. 30 par. 13-15)

Nr. 4: Slegs hoe kan ons ware kennis en wysheid verkry? (rsAF bl. 133 par. 1, 2)

30 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Genesis 29 tot Exodus 40

Lied 85

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel