Teokratiese nuus
◆ Chili het in Junie ’n hoogtepunt van 36 968 verkondigers gerapporteer. Dit is ’n vermeerdering van 12 persent vergeleke met verlede jaar se gemiddelde. ’n Hoogtepunt van 53 967 tuisbybelstudies is ook gerapporteer.
◆ Die Bondsrepubliek Duitsland se verkondigerrapport vir Junie toon ’n vermeerdering van 4 persent vergeleke met verlede jaar se gemiddelde. Altesaam 131 106 het gerapporteer.
◆ Indië het in Junie ’n hoogtepunt van 10 272 gerapporteer. Dit is ’n vermeerdering van 17 persent vergeleke met verlede jaar se gemiddelde. Daar was ook hoogtepunte in die getal gewone pioniers, herbesoeke en Bybelstudies.