Teokratiese nuus
Bolivia: Die takkantoor het ’n nuwe hoogtepunt van 9 588 verkondigers vir Oktober gerapporteer. Hulle het ook nuwe hoogtepunte bereik in tuisbybelstudies, herbesoeke, gemeentelike verkondigers en gewone pioniers. Gemeentelike verkondigers het gemiddeld 14uur aan die veldbediening bestee.
Indië: In Oktober is ’n nuwe hoogtepunt van 13 217 verkondigers bereik. Dit was hulle derde agtereenvolgende hoogtepunt.
Litaue: Die Oktober-rapport toon ’n nuwe hoogtepunt van 871 verkondigers, wat ’n vermeerdering van 39persent oor die syfer vir Oktober 1992 is.