Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Januarie en Februarie: “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe? en Onsigbare geeste—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? teen ’n bydrae van R2,40. Gemeentes kan voorgenoemde boeke by die Genootskap bestel en kan krediet vir die “Nasies”-boek aanvra wat deur verkondigers en pioniers verkry is. Slegs gedurende hierdie kampanje sal die prys R1,00 vir gewone en spesiale pioniers wees. Die prys vir gemeentelike verkondigers en hulppioniers is R2,00. (Engels: Happiness—How to Find It teen ’n bydrae van R2,50.) Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R7,50. Die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk kan teen ’n bydrae van R3,75 as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. April en Mei: Wagtoring-intekening teen ’n bydrae van R16,00.
● Vanaf Maart sal die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners “Godvrugtige wysheid in ’n wetenskaplike wêreld” wees.
● Vanaf die week wat begin met 18 Maart 1991 sal Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! tydens die Gemeentelike Boekstudie bespreek word.
● Die spesiale openbare toespraak vir die 1991-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 7 April, wêreldwyd gehou word. Die tema van die toespraak sal “Die Messias se koms en sy heerskappy” wees. ’n Skets sal voorsien word. Gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende naweek hou. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 7 April hou nie.
● Gemeentes word aangespoor om die strooibiljette te bestel wat hulle vergaderingtye adverteer. Hierdie strooibiljette is beskikbaar teen R11 per 1000. Dit is ’n kontantitem, en julle gemeente se lektuurrekening sal gedebiteer word. (As julle lektuurrekening ’n nadelige saldo toon, moet julle asseblief geld saam met julle bestelling stuur.) Julle kan die strooibiljette bestel op die “Handbill Order”-vorm (S-16). As julle nie ’n bestelvorm het nie, moet julle ons asseblief van julle vergaderingtye (d.w.s., dag van die week en tyd wat elke vergadering gehou word) sowel as die Koninkryksaal se adres voorsien.
● Ons kondig met genoeë aan dat 6 April 1991 as ’n spesiale tydskrifdag opsygesit is. Duisende van ons broers het op 7 April 1990 aan die spesiale tydskrifdagbedrywighede deelgeneem. Neem jou nou voor om op 6 April ten volle aan die tydskrifwerk deel te neem.
● POSKAARTE: ’n Stel van nege poskaarte wat ons nuwe Bethelhuis en drukkery toon, is nou beskikbaar teen R1,50 per stel. Plaas bestellings deur julle gemeente. (Pas julle Pryslys dienooreenkomstig aan.)
● Nuwe publikasies beskikbaar:
Insight on the Scriptures, Deel 1 (gemeente en publiek: R14,00; pioniers: R11,50)—Portugees
Jehovah’s Witnesses and the Question of Blood—Portugees
Traktaat nr. 15—Russies
● Let asseblief op die volgende prysveranderings van ons tydskrifte wat van 1 Februarie 1991 van krag is, en pas julle Pryslys dienooreenkomstig aan:
Gem. en
Pio. Publiek
Enkele nommer R0,35 R0,70
Intekeninge—Halfmaande-
likse tydskrifte: Een jaar R8,00 R16,00
Ses maande R4,00 R8,00
Maandelikse tydskrifte:
Een jaar R4,00 R8,00
The Watchtower (groot druk)
(Slegs Engels): Enkele nommer R0,55 R0,90
Intekening (slegs een jaar) R13,00 R21,00