Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 31 DESEMBER
12 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon die spesiale tydskrifdag op 6 April. Vestig die aandag op die aanbod vir Januarie. Bespreek inleidings wat saam met huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik kan word.
18 min: “Moenie moeg word nie.” Bespreking van hoofgedagtes in artikel. Vra die gehoor om wenke wanneer paragraaf 3 bespreek word. Laat bekwame verkondiger die aanbod demonstreer deur wenke in paragraaf 5 te gebruik. Spoor gemeente aan om in die veldbediening besig te bly en nie moeg of ontmoedig te word wanneer onverskilligheid of teenstand ondervind word nie.
15 min: Waardeer die werk van die kringopsiener. Bespreek met gehoor die materiaal onder “Die kringopsiener” op bladsye 47-50 van die boek Georganiseer om ons bediening te vervul. Voorsitter moet beklemtoon hoe ons daarby baat kan vind as ons die besoek ten volle ondersteun. Ons moet die kringopsiener en sy vrou se voorbeeld van godvrugtige toegewydheid in die uitvoering van hulle toewysing waardeer.
Lied 147 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 7 JANUARIE
8 min: Plaaslike aankondigings. Meld kortliks gesprekspunte in tydskrifte wat hierdie week in die getuieniswerk gebruik kan word.
20 min: “Is julle kinders gereed om terug te gaan skool toe?” Vraag-en-antwoordbespreking met gehoor. Paragrawe en tekste moet gelees word. As daar enige plaaslike ondervindinge is wat die gedagtes toelig, kan dit gebruik word as die tyd dit toelaat.
17 min: Hoe kan ons sterk bly? Reeks onderhoude om te beklemtoon hoe belangrik dit is om sterk te bly en nie moeg te word nie. (1) Voer onderhoud met twee of drie wat reeds baie jare dien en goeie voorbeelde is. Watter druk om op te hou preek het hulle ondervind en te bowe gekom? Wat het hulle gehelp om aan te hou en nie moeg te word nie? (Kan gebed, gereelde vergaderingbywoning, persoonlike studie, aanmoediging van ander, ensovoorts meld.) Hoe het hulle daarteen gewaak om minder te doen of om tou op te gooi? (Kan meld hoe belangrik dit is om gereeld by vergaderinge te assosieer, persoonlike studie nie te verwaarloos nie, jou verhouding met Jehovah te waardeer, ensovoorts.) Hoe het hulle hulle geestelike balans gehandhaaf? (Kan dinge meld soos hulp van ouere manne en ander, om geestelike belange eerste in hulle lewe te stel, gebed tot Jehovah, ensovoorts.) (2) Voer onderhoud met ’n paar kinders wat gereelde verkondigers en goeie voorbeelde is. Wat het hulle gehelp om gereeld in die diens te wees? Hoe het ouers hulle gehelp? Help en moedig ander verkondigers hulle aan in die veldbediening? Wat is hulle doelwitte in Jehovah se diens? Sluit af met kort hersiening van gedagtes wat in onderhoude bespreek is.
Lied 10 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 14 JANUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag en erkennings van bydraes. Prys gemeente vir hulle ondersteuning van wêreldwye werk en die Genootskap-Koninkryksaalfonds. Vestig die aandag op informasie in “Wees voorbereid vir Wagtoring-intekeningkampanje”, en spoor verkondigers aan om die ekstra tydskrifte wat hulle nodig het te bestel. Verkondigers moet volgende week hulle Watch Tower Publications Index 1986-1989 na die Diensvergadering bring.
20 min: “Medical Document” en “Identity Card”. Sekretaris moet kaarte laat uitdeel en paragrawe 1, 2, 4-7, 9 en 10 van die Genootskap se brief van 1 Januarie 1990 oor hierdie saak bespreek. Redeneer met gehoor oor waarom aanwysings noukeurig gevolg moet word sodat die kaarte tot ons grootste beskerming sal dien. Ouere manne kan ná die vergadering toesien dat dit gedoen word, soos hulle verlede jaar gedoen het. Moenie uitstel om die kaarte in te vul en hulle behoorlik te laat teken nie.
15 min: “Hoe kan ek portuurdwang die hoof bied?” Bekwame ouere man bespreek gedagtes in hoofstuk 9 van Jongmense vra-boek taktvol met twee voorbeeldige jongmense. Toon kortliks dat die begeerte om gewild te wees en deur portuurs aanvaar te word sterk is. Selfs volwassenes kan deur sulke druk beïnvloed word. Was dit maklik vir jongmense om dit die hoof te bied? Hoe het hulle daarin geslaag om dit teë te staan? Gebruik “Vrae vir bespreking” op bladsy 80 om jongmense te laat praat, en toon hoe dit moontlik is om die krag te ontwikkel om portuurdwang te weerstaan. Prys jongmense in die gemeente vir die goeie voorbeeld wat hulle stel. Jehovah is baie tevrede met hulle goeie gedrag en hy word daardeur geëer.—Spr. 27:11.
Lied 108 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 21 JANUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese Nuus. Sluit reëlings vir naweek se velddiens in. Gee wenke oor watter artikels in die jongste tydskrifte dalk by mense in die plaaslike gebied byval sal vind. Elkeen moet die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld na volgende week se Diensvergadering bring.
15 min: “Vervul ons Koninkryksbediening met behulp van die Index.” Toespraak deur ouere man met gehoordeelname. Demonstreer hoe ’n ouere man en ’n bedieningskneg die Index kan gebruik om vir ’n herdersbesoek voor te berei. Bespreek hoe die verkondigers geleer kan word om die Index te gebruik om meer uit die weeklikse Skrifgedeelte te kry.
10 min: “Verkwik jou familielede met waters van waarheid.” Gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Februarie 1990, bladsye 25-7.
10 min: Die lektuurkneg se pligte. Diensopsiener voer onderhoud met lektuurkneg, en hersien wat sy verantwoordelikhede behels. Dit sal nuttig wees om die aandag op plaaslike behoeftes te vestig wat sal help om lektuurverspreiding voor en ná die vergadering te verbeter.
Lied 203 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 28 JANUARIE
8 min: Plaaslike aankondigings.
22 min: “Bied die goeie nuus aan—met traktate en strooibiljette.” Vraag-en-antwoordbespreking. Tekste moet gelees word. Laat pionier of ander bekwame verkondiger, na paragraaf 7 bespreek is, demonstreer hoe ’n studie tydens ’n herbesoek begin kan word deur die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld te gebruik. Spoor verkondigers aan om hierdie benadering by herbesoeke te gebruik, veral as dit moeilik was om die huisbewoner na die eerste besoek tuis te vind. Nooi verkondigers wat voorberei het om kommentaar te lewer oor die sukses wat hulle behaal het deur hierdie benadering te gebruik. Sorg dat gemeente genoeg traktate en strooibiljette het.
15 min: Kan jy gedurende April as hulppionier dien? Hartlike bespreking deur broer wat ondervinding in gewone of hulppionierdiens het. Voer onderhoud met party wat vantevore hulppionierdiens gedoen het. Watter veranderinge het hulle aangebring om hulle doelwit te bereik? Vestig die aandag op die praktiese reëlings wat hulle getref het. Spoor verkondigers wat daarin belangstel aan om hulle voorneme met ’n ouere man te bespreek, aangesien die Gedenkmaalseisoen nou nader kom. As ons nou positief is, sal baie aan hierdie diens deelneem. Dit kan vir party ’n trapklip wees om as gewone pionier te dien (kmAF 2/90 bl. 3). Aansoekvorms kan van die presiderende opsiener of sekretaris verkry word.
Lied 151 en slotgebed.