Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/91 bl. 9-10
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1991
Ons Koninkryksbediening—1991
km 2/91 bl. 9-10

Aankondigings

● Lektuuraanbod vir Februarie: “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe? en Onsigbare geeste—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? teen ’n bydrae van R2,40. Gemeentes kan voorgenoemde boeke by die Genootskap bestel en kan krediet vir die “Nasies”-boek aanvra wat deur verkondigers en pioniers verkry is. Slegs gedurende hierdie kampanje sal die prys R1,00 vir gewone en spesiale pioniers wees. Die prys vir gemeenteverkondigers en hulppioniers is R2,00. (Engels: Happiness—How to Find It teen ’n bydrae van R2,50.) Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R7,50. Die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk kan teen ’n bydrae van R3,75 as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. April en Mei: Wagtoring-intekening teen ’n bydrae van R16,00.

● Die sekretaris en die diensopsiener moet die diens van alle gewone pioniers hersien. As enigeen dit moeilik vind om die vereiste ure te werk, moet ouere manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die voorstelle in die Genootskap se briewe (S-201) van 1 Oktober 1989 en 1 Oktober 1990. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.

● Ons gee die volgende herinneringe aangaande pionierdiens:

○ Wanneer ’n gewone pionier sy pionierdiens beëindig, moet die Gemeentelike Dienskomitee die vorm, Kennisgewing van beëindiging van gewone pionierdiens (S-206), voltooi. Stuur asseblief die “Pioneer Service Identification”-kaart (S-202) saam met die S-206-vorm aan die Genootskap. As julle nie hierdie vorms het nie, moet julle asseblief ’n klein voorraad van die Genootskap bestel.

○ ’n Aankondiging moet aan die gemeente gedoen word wanneer ’n gewone pionier sy pionierdiens beëindig. Die kort aankondiging kan eenvoudig lui: “Hiermee word die gemeente in kennis gestel dat [pionier se naam] nie meer as ’n gewone pionier dien nie.”

○ Die jaarlikse uurvereiste vir pioniers is steeds 1000 uur.

○ ’n Volle jaar moet verstryk ná ’n regterlike teregwysing of herstelling voordat iemand vir gewone of hulppionierdiens in aanmerking kan kom.—Sien byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986, paragrawe 21 en 23.

● Gedurende die besoek van die kringopsiener sal net een Teokratiese Bedieningskool gehou word. Elkeen moet daardie aand vir die hele program in die hoofsaal bly.

● Die Gedenkmaal sal op Saterdag, 30 Maart 1991, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar asseblief in gedagte gehou word dat die Gedenkmaalbrood en -wyn nie voor sononder omgestuur moet word nie. Raadpleeg plaaslike bronne om vas te stel hoe laat die son in julle gebied ondergaan. Geen ander vergaderinge, buiten velddiensvergaderinge, moet op daardie dag gehou word nie. As julle gemeente gewoonlik op ’n Saterdag ’n vergadering het, kan julle dit verander na ’n ander dag indien moontlik. Sondag se vergaderinge sal nie verander nie.

● Die titel van die spesiale toespraak op 7 April 1991 is: “Die Messias se teenwoordigheid en sy rol.”

● Die verkondigers wat gedurende Maart en April hulppionierdiens wil doen, moet nou voorbereidsels tref en hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouere manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en om genoeg lektuur in voorraad te hê.

● Gemeentes word versoek om hulle bestellings in te stuur vir ekstra nommers van Die Wagtoring en die Ontwaak! wat hulle gedurende April, met inbegrip van die spesiale tydskrifdag op 6 April, gaan gebruik. Hierdie bestellings moet op 15 Februarie of so gou moontlik daarná ingestuur word.

● Gemeentes moet die 1991 Yearbook of Jehovah’s Witnesses begin bestel. Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle jaarboeke deur die gemeente bestel. Gemeentes moet hulle bestelling op die gewone lektuurbestelvorm (S-14) aan die Genootskap stuur. Die jaarboeke sal in Duits, Engels, Grieks, Italiaans en Portugees beskikbaar wees. Totdat die jaarboeke beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will send later” op gemeentefakture verskyn. Die jaarboeke is beheerde items en die lektuurrekening sal met R2,60 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers en die publiek. (Sien Pryslysinstruksies, paragrawe 19-21.) Gewone en spesiale pioniers wat meer as ses maande in die pionierdiens is, kan ’n gratis eksemplaar kry waarvoor die gemeente op die “Remittance and Credit Request”-vorm (S-AB-20) krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen R1,30 elk kry.

● Nuwe publikasies beskikbaar:

Die mensdom se soeke na God (gemeente en publiek: R3,75; pioniers: R2,00)—Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu

Die Bybel—God se woord of die mens s’n?—Arabies

Hoe kan bloed jou lewe red? (gemeente en publiek: R0,75; pioniers: R0,40)—Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tson- ga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

How to Find the Road to Paradise (tydskrifgrootte traktaat met vier bladsye vir Moslems; gemeente, publiek en pioniers: R0,02)—Engels

Traktaat nr. 15—Russies

● Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Preserving Life in Time of Famine—Drama (enkelkasset; gemeente en publiek: R6,50; pioniers: R5,75)—Engels

● Weer in Suid-Afrika beskikbaar:

“All Scripture Is Inspired of God and Beneficial”, 1990-uitgawe (gemeente en publiek: R8,00; pioniers: R5,20)—Engels

● Die Genootskap het ’n nuwe brosjure met 32 bladsye in Engels gedruk met die spesiale doel om mense met ’n Hindoe-agtergrond te help om die waarheid te verstaan. Die titel is Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? Gemeentes wat Engelssprekendes met ’n Hindoe-agtergrond in hulle gebied het, kan ’n KLEIN voorraad van hierdie brosjure bestel. ’n Aankondiging sal gedoen word sodra dit in ander tale beskikbaar is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel