Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R7,50. Die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, teen ’n bydrae van R3,75, kan as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. April en Mei: Wagtoring-intekening teen ’n bydrae van R16,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,00. Junie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R3,75.
● Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.
● Gemeentes wat sonder begeleiding sing, word aangemoedig om die kassette of plate van die Genootskap te bestel. Sing Praises to Jehovah is beskikbaar in ’n album met agt kassette wat R54,00 kos of op plate wat R48,00 kos. Gemeentes sal dalk ’n vyfalbumstel met 113 kassette teen R250,00 kan bekostig.
● STREEKBYEENKOMSTE VIR 1991: Die voorlopige reëlings vir driedaagse streekbyeenkomste is soos volg:
15-17 November: St. Helena
6-8 Desember: Windhoek
13-15 Desember: Bloemfontein, Durban, Gabarone, Manzini, Nkowankowa, Ongwediva
20-22 Desember: Empangeni, Johannesburg, Kaapstad, Lebowa-Kgomo, Mafikeng, Maputo, Mdantsane
27-29 Desember: KaNyamazane, Maseru, Newcastle, Port Elizabeth, Pretoria
3-5 Januarie 1992: Umtata
● Nuwe publikasies beskikbaar:
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, 1990-uitgawe (gemeente en publiek: R8,00; pioniers: R5,20)—Afrikaans
● Permanent uit voorraad:
Ondersoek die Skrif elke dag—1991—Tswana