Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/91 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 4 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 11 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 18 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 25 MAART
Ons Koninkryksbediening—1991
km 3/91 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 4 MAART

Lied 4

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om nou reeds te begin voorberei om die streekbyeenkomste in Desember by te woon. Meld velddiensreëlings vir die naweek.

17 min: Diensopsiener bespreek die Genootskap se brief van 10 Februarie 1991 oor die spesiale tydskrifdag op 6 April. Skets die reëlings wat gemeente getref het om hierdie dag ten volle te ondersteun. Begin April se bedrywighede goed. Spoor almal aan wie se omstandighede dit toelaat om hulle as hulppioniers in te skryf. Sê vir die gemeente hoeveel hulppioniers daar sover is. Meld die velddiensreëlings vir die res van April.

18 min: “Bied die goeie nuus aan—Met die Openbaring-boek.” Vraag-en-antwoordbespreking. Bied ’n goed voorbereide demonstrasie aan nadat paragraaf 4 bespreek is, wat toon hoe verkondiger huidige Onderwerp vir gesprekke gebruik en daarna die boek by huisbewoner aanbied. Meld dat die Openbaring-boek van die week wat met 18 Maart begin by die boekstudie bestudeer sal word. Spoor almal aan om dit gereeld by te woon. Die materiaal vir elke week is minder sodat daar meer tyd is om hierdie belangrike informasie deeglik te bespreek.

Lied 6 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 11 MAART

Lied 87

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Sluit erkennings van bydraes in. Herinner almal daaraan dat die Gedenkmaal op Saterdagaand, 30 Maart, is. Noem presies waar en wanneer dit gehou gaan word. Vra die gemeente hoe hulle beplan om nuwelinge na die Gedenkmaal te nooi, en demonstreer hoe dit gedoen kan word. Herinner gemeente daaraan dat gedrukte uitnodigings beskikbaar is.

15 min: “Loof Jehovah met liedere.” Bemoedigende toespraak wat op artikel gebaseer is. Gebruik liedere op vanaand se program om die gedagtes in die artikel te illustreer. Meld gemeente se reëlings om die liedere te oefen.

20 min: “Die belangrikste dag in 1991.” Vrae en antwoorde. Hartlike en entoesiastiese aanbieding wat die gemeente aanspoor om in die stemming te kom van die belangrikste dag van die jaar. Beklemtoon hoe belangrik dit is om goeie reëlings te tref om terug te gaan na belangstellendes wat die Gedenkmaal die eerste keer bywoon.

Lied 129 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 18 MAART

Lied 135

12 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld velddiensreëlings, en bespreek glanspunte van jongste tydskrifte wat in tydskrifwerk gebruik kan word. Ondervindinge kan vertel word oor hoe huidige aanbod gedoen kan word. Spoor broers aan om gedurende April hulppionierdiens te doen.

18 min: Berei doeltreffende inleidings voor. Ouere man wat welslae in veldbediening behaal, help verkondigers om inleidings voor te berei wat in plaaslike gebied gepas sal wees. Baseer wenke op bladsye 9-15 van die Redenering-boek. Bespreek twee of drie inleidings wat saam met huidige Onderwerp vir gesprekke of ander gepaste onderwerp gebruik kan word. Laat ervare verkondigers twee velddiensaanbiedings demonstreer. As die tyd dit toelaat, kan plaaslike ondervindinge kortliks vertel word wat toon hoe waardevol inleidings is wat die huisbewoner se belangstelling wek.

15 min: Toespraak oor hoe waardevol dit is om die Skrifgedeelte vir die Gedenkmaal vir 25-30 Maart te lees wat op die Kalender vir 1991 is. Gesinne kan dit saam lees en die betekenis van die gebeurtenis bespreek. Dit kan ook nuttig wees om die materiaal onder “Lord’s Evening Meal” in Insight, Deel 2, bladsye 268-71, te lees. Sulke voorbereiding kan ons waardering vir die Gedenkmaal laat toeneem en gesinne stewiger saambind in die band van ware aanbidding.

Lied 126 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 25 MAART

Lied 168

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld reëlings vir die Gedenkmaal. Herinner gehoor daaraan dat hulle hul gesin en belangstellendes so vroeg moontlik na die Koninkryksaal moet bring sodat hulle sitplekke kan kry. Waar twee of meer gemeentes die Gedenkmaal in dieselfde saal hou, sal die ouere manne riglyne voorsien oor die tyd wanneer elke gemeente moet kom. Stel nuwelinge aan broers voor en wys hulle die Koninkryksaal as dit die eerste keer is wat hulle daar is. Kondig Saterdag en Sondag se velddiensreëlings aan, en spoor almal aan om ’n naweek vol geestelike bedrywighede te hê.

15 min: “Dien waar daar meer hulp nodig is.” Entoesiastiese bespreking deur ervare ouere man. Spoor diegene aan wie se omstandighede dit toelaat om biddend te oorweeg of hulle aan die oproep gehoor kan gee.

20 min: “Maak vordering in die bediening.” Bespreking tussen ervare ouere man en ’n broer wat maak asof hy iemand is wat reeds ’n geruime tyd in die waarheid is, maar nie vordering gemaak het nie. Laat hulle kortliks die oefensessie in paragraaf 3 demonstreer. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, laat ’n pionier of ander bekwame verkondiger vir ’n onervare verkondiger wys hoe om op ’n beswaar wat van tyd tot tyd in die plaaslike gebied voorkom te reageer en dit te oorkom. Sluit by die bespreking wenke in oor hoe om die hart te bereik wat in Die Wagtoring van 1 Augustus 1985, bladsye 15-20, gevind kan word. Sluit deel af deur almal aan te spoor om definitiewe reëlings te tref sodat ons in ons gesprekke met ander kan verbeter en na belangstellendes terug kan gaan.

Lied 123 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel